Abrie gaan vandag huistoe.

Image
Home sweet home

Oorspronklik gestuur as e-pos op 6 Februarie 2013

Korreksie Abrie is by die huis.

Die toetse vir kanker en die ander genetiese oorsake is negatief. Dit is is dus nie oorerflik nie wat beteken dat dit baie positief is vir my kinders.  Nog een toets uitstaande t.o.v. (nie) oorerflike bloedstollingsmiddels.

IRN vlakke nou 2.2 wat betekendat klonte in die proses is om afgebreek te word. Suurstofsaturasie 99% (was 92% met bykomende suurstof). Rustende pols nou 55 (na dit ‘n week terug in die 70’s was).

Internis bevestig dat nadat ek aanvanklik stadig op behandeling reageer het ek nou baie goed reageer.  Gaan oor maand weer vir scan en dan sal hy die prognose van geen sport vir 6 maande moontlik aanpas. Hy noem reeds nou-al dat ek moontlik oor 3 maande genees kan wees (en sport sal kan doen). Maar ek moet luister na my liggaam (in hierdie spesifieke konteks: geen mind over matter).

Ek skryf die verbeterende reaksie toe aan die gebede en ondersteuning wat ek bykans tasbaar beleef!!

Ek is dankbaar.

By die werk probeer ek altyd na die groter prentjie te kyk maar in my persoonlike en geestelike lewe het dinge een-dimensioneel en oppervlakkig geraak. Ek het die groter prentjie verloor. As iets my pla gaan speel ek muurbal en dan is die stress minder eerder as om dit wat my pla te hanteer.

Ek sien daarna uit om iewers in die toekoms weer muurbal te speel en ‘n vermoeiende rock scrambling staproete te doen, maar ek sien ook uit daarna om dit nie as ‘n ontvlugting te doen nie.

“My genade is vir jou genoeg My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is” Kor12:9

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s