Ewigheidsperspektief

Image

In “Hoe gaan dit met Abrie” noem ek dat ek my ewigheidsperspektief verloor het en ek is gevra wat ek daarmee bedoel.  Ek het besig geraak het met die huidige wêreld en het begin om bloot te bestaan. Meer as 1/12 van hierdie jaar is al verby en ons sneltrein voort. In 1 Korintiërs 15:19 staan:

As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus plaas is ons die bejammerswaardigste van alle mense.

Die vers gaan eintlik oor mense wat wel in hierdie wêreld hulle hoop op Christus plaas, moontlik om gesond te word? – of wat die rede ook al mag wees. In my geval, het ek alhoewel ek Christus ken opgehou om selfs in hierdie wêreld my hoop en vertroue op hom te plaas.

Kolossense 3:4 praat van Christus wat ons lewe is punt. ‘n Gegewe: Christus is ons lewe. Ek het nodig gehad om herinner te word dat Christus my lewe is. In my geval het ek eerder begin lewe as gevolg van Christus (‘n God wat my moontlik iewers geskep het). Of kom ek wees eerlik; ek het gelewe ten spyte van Christus. Die godsdiens was nog daar maar my geloof in Christus het verhard tot ‘n dun vernis lagie (meer twyfel as geloof). Ten opsigte van die praktyk van ‘n

  • Christus gedrewe,
  • woord van God gerigte lewe

het die son die vernis heeltemal verskroei.

Met genoemde issues was my bewuswording van die hemel en die hiernamaals en Christus se wederkoms bykans vergete. Ek het my ewigheidsperspektief verloor. Hierdie lewe ongeag hoe oud ons word is werklik niks in vergelyking met die ewigheid nie. Maar sonder dat ek nou beleef dat Christus my lewe is raak die ewigheid onwerklik.

Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms weer verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Kol.3:4 

Danksy die Here is ek besig om my perspektief te herwin want Christus is weer ‘n realiteit!  Indien die vertrekpunt Christus is val die ander dinge (soos ewigheidsperspektief) makliker in plek.

2 thoughts on “Ewigheidsperspektief

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.