Hoe gaan dit met Abrie? Wel dit hang af wanneer jy vra!

spring3

Foto van Elrike en Irisna wat spring en geniet sonder ‘n springmat, maar ons Jouberts laat ons nou deur sulke beperkings inperk nie.

Goeie dag vriende en kollegas

Ek kry baie vrae en op hierdie manier is dit die maklikste om almal ingelig te hou (hou asb aan met vra daar is baie wat ek nie hier sê nie). Dus geen verskoning om nie meer vir my What’s app boodskappe en sms’e te stuur, my te bêl en te kom kuier nie.

Dankie vir al die boodskappe en belanstelling. Hierdie e-pos dien as ‘n opsomming van my (mediese) toestand.

DIE VERLEDE

Maandag 28 Jan

  • Speel oggend muurbal en voel abnormaal moeg na 5 minute.
  • Ek luister nie na my liggaam nie en speel touch rugby die aand. Na 2 minute word ek flou.

Dinsdag 29 Jan

  • Laat doen rustende en stress EKG. Kry angsaanval tydens stress EKG. EKG bevestig dat niks fout is met my hart nie.
  • Goeie (mediese en nie-mediese) gesprek met  dokter. Was 2 uur 15 minute by hom. Na gesprek met dokter het ek ‘n goeie gesprek met my vrou en daarna met vriende 🙂

Woensdag 30 Jan

  • EKG verslag is ondertussen verwys na Hartspesialis en dr Andrew Murray bevestig dat niks fout is met my hart nie 🙂
  • Die aand beleef ek ‘n geweldige pyn in my borskas terwyl ek bestuur. Ek stop en bel ‘n vriend wat naby bly wat  weier om my huistoe te vat (ai ek het hardkoppige vriende) en word gehospitaliseer.

Donderdag 31 Jan

  • Met toetse en skanderings word bepaal dat ek ‘n pulminale infarksie beleef het (die afsterwe van ‘n gedeelte van my long). Ook in leketaal beskryf as ‘n hartaanval van die long. ‘n Bloedklont blok ‘n gedeelte van die long (‘n delta) wat lei tot die afsterwe van die delta en duidelike letsel in die vorm van ‘n driehoek agterlaat 😦
  • Die CT scan dui ook aan dat ek groot en veelvuldige emboliste (bloedklonte) het in albei longe 😦

DIE HEDE

Vrydag 1 Feb tot Dinsdag 5 Februarie

  • Tot en met hede is 28 buisies bloed getrek. Daar word bepaal dat ek baie gesond is (indien ek nie longe nodig gehad het nie).
  • Ek ondergaan ook ‘n sonar (nee ek verwag nie ‘n drieling nie). Sonar word gebruik ten einde klonte in my ander organe/ are aan te dui asook kanker. Goeie nuus negatief 🙂
  • Daar is nog nie bepaal wat die bloedklonte veroorsaak nie. Die bloedtelling (ten einde te verhoed dat klonte vorm was gister 1.1 vandag 1.6 en behoort more 2 te wees.
  • Daar is toetse uitstaande o.a. protein c en s t.o.v. die stolling van my bloed.
  • Daar is egter vandag vir die eerste keer bloedtoetse gedoen vir kanker. Dr verseker my dat dit bloot roetine is en dat dit hoogs onwaarskynlik is, anders sou die sonar maligniteite (malignancies) uitgewys het. Ek en die internis besig behoorlike of is dit onbehoorlike Afrikaans! Maar dit laat mens steeds wonder (oor die moontlikheid van kanker nie die kwaliteit van die Afrikaans nie).

DIE TOEKOMS 

Woensdag 6 Feb tot

  • Met die aanname dat daar geen maligniteite is nie en my INR vlakke 2 is gaan ek môre huistoe.
  • Ek sal tot en met Vrydag 15 Februarie afgeboek wees afhangend van die bloedtoetse.
  • Die volgende 6 maande mag ek nie aktief wees nie (sport en bergstaproetes) 😦
  • Wel my kinders kan darem nog spring!
  • Ek het my ewigheidsperspektief verloor maar het reeds verlede Dindsdag (voor die pulminale infarksie) opnuut bewus geword dat Christus die Here is. Beteken dit dat ek nie bang of emosioneel word nie? Nee, maar dit beteken dat ek weer die genade kan beleef om dankbaar te wees en alhoewel ek glo dat ek volkome genees sal word is die belangrikste dat niks ons van Christus se liefde kan skei nie.

Groete

Abrie

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s