Abrie word gekonfronteer met die realiteit.

Image

Ek en Susan op die Breede (die rivier nie die weg nie)

Die internis het my gister laat weet dat die uitslag van die toetse nie bepalend genoeg is nie. Na 6  maande se Wafarin behandeling gaan dit vir 2 weke gestop word en daarna gaan verskeie bloedtoetse weer gedoen word (teen daardie tyd sal ek seker darem die 38 buisies bloed herwin het wat die moderne vampiere – ook genoem werknemers van pataloë – uit my getap het.) My volgende afspraak met die internis is 6 Maart en ek vertrou steeds dat die prognose (van onaktiwiteit) drasties ingekort sal word. ‘n X-straal gaan geneem word van my borskas en analiseer word.

Noudat ek vrygelaat is uit die watte uitgevoerde kapsule wat ook as ‘n hospitaalkamer bekend staan, word ek reeds gekonfronteer met die realiteite van my persoonlike en geestelike lewe wat ek in die eerste e-pos noem.  In die hospitaal kan mens fokus op jou denke  (terwyl die personeel op minder belangrike goed soos jou gesondheid fokus). Tog  is ek bly dat hulle daarop fokus want dit is ‘n bietjie moeilik om op jou denke te fokus as jou gesondheid van so ‘n aard is dat jy nie kan dink nie.

Daardie harkoppige vriend van my wat geweier het om my huistoe te neem beweer byvoorbeeld dat ek en nie heeltemal regdenkend geklink het toe ek gesê het dat hy my huistoe moes neem nie (maar wat weet hy nou in elk geval – genoeg om dit moontlik te maak dat ek nou hier kan sit en tik).

T.o.v. van die 2de e-pos wil ek net ‘n paar dinge in konteks stel. Dit is nie asof ek elke muurbal spel gespeel het om te ontvlug nie, maar ja ek het dit met tye as ‘n suiwer streshanteringmeganisme gebruik eerder as om aan die oorsaak van die stres aandag te gee (klaarblyklik ‘n algemene manlike tekortkoming).  Ek het nou die behoefte dat my totale lewe geïntegreer sal wees en dat ek die regte prioriteite sal nastreef.  In die volgende paar maande mag sport en staproetes in elk geval nie deel van my verwysingsraamwerk of prioriteite wees nie. Dit sal egter ‘n wonderlike oorwinning wees om weer muurbal en touch rugby te speel (sonder dat my liggaam vreemd reageer).

Maar voordat daardie oorwinning behaal word is dit vir my ‘n prioriteit dat daar ‘n paar ander oorwinnings behaal word in my geestelike en persoonlike lewe. En alhoewel dit nie so maklik is soos iemand wat vanuit ‘n watte uitgevoerde kapsule daaroor dink nie, is dit besig om te gebeur!

In die hospitaal is ander se verwagting dat jy gesond moet word. Jou eie verwagting kan enigiets wees van verwarring tot frustrasie, vrees, bekommernis verbittering. Maar daar het ek gekies dat ek gaan streef na oorwinning. Nie net oor die siekte nie maar ook die dinge wat nie in sync is nie. Die foto wat op die Breederivier geneem is tydens Danie se jaarlikse avontuur vir sy vriende, wat ek hierdie jaar verruil het vir ‘n hospitaalbed. Dit wys hoe in sync Susan en ek roei. Dit is my behoefte/  voorneme / gebed, dat my geestelike, persoonlike en beroepslewe so in sync sal wees. En ja my arms gaan moeg word en ek gaan konsentrasie verloor, want sien ek maak reeds foute maar die wonderlike is nadat ek vir jare nie vergifnis ontvang het nie (omdat ek nie vergifnis gevra het nie) het ek weer die bron van vergifnis ontdek – Jesus Christus.

Die laaste woorde wat die internis gesê het voordat ek ontslaan is, is dat navorsing toon dat iemand wat en ek haal aan “a near death experience” beleef het, se gemoed vir meer as ‘n jaar lank onverklaarbaar beïnvloed kan word. As gevolg van die geestelike herlewing in my lewe, klink daardie woorde nou vir my onwerklik maar ek noem dit want ek moet my steeds herinner dat ek ‘n mens met emosies (en bloedklonte) is, waarvan die oorsaak tot dusver nie vasgestel kon word nie. Gister in sy telefoniese terugvoer het die internis byvoorbeeld 3 keer genoem van “emboliste wat so ekstensief soos joune is”.

In die selgroep gisteraand het een van die sellede my daarop gewys dat ek vir Susan moet inlig indien ek sleg sou voel. Dit was wysheid. Op hierdie stadium het ek nog nie eers daaroor gedink dat ek dalk weer sleg sal voel nie. Alhoewel ek weer die bron van vergifnis asook emosionele,  geestelike en fisiese genesing (wat die mediese wetenskap insluit) ontdek het, moet ek die geestelike volwassenheid hê om vir Susan in te lig as ek sleg sou voel.

Ek begin meer en meer te besef dat ons as mense mekaar nodig het, ten spyte van ons foute. Nee, as gevolg van ons foute, want sonder ons foute het ons nie die genade van Jesus Christus nodig nie.  Vanuit hierdie gesindheid moet ons egter verder kyk en weet dat Christus meer vir ons het (Romeine 6).

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s