ONTKLONTING

Geneem terwyk ek gewag het vir Susan on haar eerste marathon klaar te maak. Met die pragtige veranderende landskap as agtergrond het ek die Here geloof en prys.
Sonsopkoms by Simonstad, geneem Sondag 17 Februarie, terwyl ek gewag het vir Susan om haar eerste marathon klaar te maak. Met die pragtige veranderende landskap as agtergrond, het ek die Here geloof en geprys. Na haar tyd van 3 uur 47 minute het Susan dieselfde gedoen (‘n jaar terug was daar ‘n moontlikheid dat sy nie weer sou kon hardloop nie).  To God be the glory

DSC_0042

Hierdie Sondag het ek God in die natuur beleef en verlede Sondag (10 Feb) het ek ‘n besonderse geloofsversterkende belewenis tydens ‘n erediens (nagmaal) gehad. Ek was besig om die wyn te drink toe die gedagte by my opkom dat soos wat die medikasie Wafarin die klonte uit my longe “was” sodat ek fisies kan lewe, so kom die bloed van Christus en was die klonte uit my verhouding met Hom sodat ek nie net weer onder die bewuswording kan kom dat ek ewig lewe nie, maar ook opnuut kan besef dat Jesus God is en ek Sy teenwoordigheid kan ervaar:

 How much more shall the blood of Christ, who through the eternal Spirit offered Himself without blemish to God, cleanse your conscience from dead works to serve the living God?          Hebrews 9: 14

**********************************************

Hierdie bewuswording is ook versterk deur die teksvers van die boodskap wat ook uit Hebreers kom en presies dieselfde vers is, as wat die mediese dokter my mee konfronteer het toe ek vir die EKG gegaan het. Toeval? I think not… Ek haal ‘n gedeelte uit die eerste blog “Hoe gaan dit met Abrie…” aan:

  • Laat doen rustende en stress EKG. Kry angsaanval tydens stress EKG. EKG bevestig dat niks fout is met my hart nie.
  • Goeie (mediese en nie-mediese) gesprek met  dokter. Was 2 uur 15 minute by hom. Na gesprek met dokter het ek ‘n goeie gesprek met my vrou en daarna met vriende.

In hierdie nie-mediese gesprek het ek aan die dokter genoem dat die Bybel  nie meer krag in my lewe het nie, dat ek opgehou het om die Bybel te lees en dat ek begin twyfel het of Christus God is.

  1. Die impak van die vers wat ook 16 dae later die skrifgedeelte in die erediens sou wees,
  2. sy getuienis dat hy ook al gewonder het na sy pa se dood of dit alles nie maar net ‘n storie is nie en sy worsteling daarmee
  3. asook die wonderlike dinge wat God al in sy praktyk (en die praktyk van die lewe) gedoen het, het ek nodig gehad om te hoor.

Hy het my opnuut laat besef dat ek, in ‘n wêreld van vertwyfeling, God nodig het en dat God bestaan. Hy het o.a. vir my gesê dat dit nie my hart is nie (hy was reg) maar my hart is (hy was reg).  Later sou ook die internis sê dat ek die siekte gekry het om ‘n ander siekte te genees.  My afsydigheid en ongeloof in Jesus Christus was die kanker wat genees moes word! Daardie “kanker” wat Christus stelselmatig in my dood gemaak het, is in my geestelike hart gehuisves en is iets wat slegs die  Heilige Gees kan genees.

Ek het besluit om met my vrou (wat frustreerd en hartseer was omdat ek nie meer Bybelstudie doen nie) vir die eerste keer te vertel dat ek begin twyfel het in die bestaan van God en veral oor die impak van die Woord in my lewe (ofte wel nie-impak). Later die aand het ek dit ook met vriende gedeel. Die rede waarom ek spesifiek hierdie vriende gevra het is juis omdat Egbert (ons kinders se dagmoeder se man) my ‘n paar keer gevra het wat doen ons gemeente tydens die 40 dae in die Woord en jaar van die Woord. Die Here het sekerlik ‘n sin vir ironie (en humor), want terwyl hy dit vra het ek voor my siel geweet dat ek nie eers meer die Woord lees waarna hy verwys nie!!  Dit was wonderlik om my “donker geheim” met  my vrou en ander te deel. Ons het saam gebid vir my gesondheid maar veral dat ek Jesus weer sal vind.

Die dokter het ‘n nie-mediese teorie gehad waarom ek moeg en flou geword het. Wat dit aanbetref was hy verkeerd, maar die Groot Geneser Jesus Christus stel in oneindig meer belang as bloot ons fisiese gesondheid. Hoe tragies sou dit nie gewees het as ek net fisies genees is en moontlik dankbaar teenoor die Vader was, maar nie hierdie dankbaarheid in die praktyk van die lewe uitgeleef het nie. Of nog erger, dit probeer uitleef het in eie krag totdat eers die entoesiasme en later die pogings self begin opdroog het.  Want in eie krag sou ek nie na Christus gegaan het om my te vergewe wanneer ek faal nie en sou die Heilige Gees my nie verkwik het deur my met die woord van God te inspireer nie.  Die dokter was medies verkeerd ja#, maar hoe dankbaar is ek nie daaroor nie!!

Hierdie vers waarmee hy my “konfronteer” het, sal altyd vir my ‘n besonderse betekenis hê:

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.     Hebreers 4:12

# Die internis het aan my genoem dat dit nie moontlik was vir die dokter om die diagnose van bloedklonte te maak nie want die EKG het nie aangetoon dat iets fout is nie. Die internis het ook aan my genoem dat dit hoogs uitsonderlik is dat iemand soos ek bloedklonte ontwikkel. Met my toelating tot die hospitaal was my simptome heeltemal anders en kon gevolglik ander afleidings gemaak word.

Advertisements

2 thoughts on “ONTKLONTING

  1. Prys ons Pappa in die hemel, jou getuienis het my geseën. Altyd so mooi as mens so duidelik Vader se hand so betrokke in & by elkeen se lewens kan raaklees. Net soos met joune. Nêrens te vêr. Prag-instrument in Vader se hand … die dokter, soos met soveel van ons ander boeties & sussies in Jesus ook. Blessings vir julle & dankie vir die inloer by Anker van Hoop! 🙂

    Like

    1. Hi Letitia jou kommentaar is vir my inspirerend en geesteliik versterkend! Mag King of Kingsblog en Anker van Hoop.(onder andere) nog meer mense inspireer en geestelik versterk soos ek seker is dit wel doen. En mag jy gekoester lewe in die Vader se liefde in die wete dat Sy liefde vir jou nie afhang van jou diens aan Hom nie. Mag die Gees jou inspireer om ons te inspireer en mag die kruis van Christus voortgaan om jou lewe te verander. Lees gerus En toe skeur hy die Bybel https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/08/en-toe-skeur-hy-die-bybel/ om te sien hoe merkwaardig die Here te werk gaan om mense nader aan Hom te trek! .

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s