Wherever I lay my hat is my home

Laying my hat

Jy wat hier lees kan geïnspireerd lewe, want jy raak elke jaar  statisties minder oud. Sien dit is doodeenvoudig, wanneer ‘n babaseun 2 jaar oud word, het hy in sy tweede lewensjaar sy ouderdom verdubbel. Eenhonderd persent ouer in 1 jaar – spaar my dit! Wanneer ‘n man in die sogenaamde fleur van sy lewe 26 word het hy in daardie jaar 4% tot sy ouderdom bygevoeg. ‘n Jong man soos ek daarenteen wat hierdie jaar 46 raak voeg slegs 2.2% by my ouderdom toe.  Mans in hulle twintigs raak dus baie vinniger oud!! Nie lank nie of hulle is ouer as ek…

Siende dat jonger mans vinniger ouer word, was ek nogal onder die indruk (korreksie wanindruk) dat ek in ‘n beter fisieke toestand as die gemiddelde persoon van my ouderdom is; het immers die afgelope 2 ½ jaar 8 kilogram afgeskud en kon darem op ‘n muurbalbaan rondhardloop en het nie ‘n bril nodig om die fineprint van die reëls te volg nie. Was ook vrymoedig genoeg om aan vriende te noem dat die hedendaagse Abrie fikser is as die Abrie van 10 jaar gelede.

Julle sal oplet dat ek slegs na mans verwys wat ouer word; ons almal weet dat vrouens nie ouer word nie. Ek het wel eenmaal gehoor dat sommige vrouens in hulle twintigs wel een of ander tyd 29 word.  Hulle bly dan 29 totdat niemand dit meer glo nie en dan word hulle 39!

Wanneer ‘n ‘n persoon 51 jaar oud word het hy in daardie lewensjaar slegs 2 % tot sy lewe bygevoeg (teenoor 4% van iemand wat byvoorbeeld 26 word) en 10% wanneer ‘n kind 11 jaar oud word.  Dit is dalk die rede waarom dit elke jaar voel asof die jare vinniger verbygaan. Elke jaar vermeerder lewenservaring, maar elke jaar word in verhouding tot jou lewenservaring korter en wesenlik korter in vergelyking met die ewigheid.

Hierdie rasionalisering/fantasering oor die liewe ouderdom kan ‘n speletjie met woorde wees maar ongelukkig ook ‘n poging om die realiteit nie in die oë te kyk nie (met of sonder ‘n bril). Dit kon dalk feitelik waar gewees (of nie) dat ek in ‘n beter fisieke toestand is (of was) as die gemiddelde persoon van my ouderdom. Daar is niks fout daarmee om my liggaam te oefen nie, maar ek het besef dat indien ek my hoed begin hang op die kapstok van iets soos gesondheid of voordurende jeug, word my identiteit gebou op ‘n uitermatige dun lagie ys.   In die lied Where ever I lay my hat, word gesing:

For I’m the type of guy who gives girl the eye,
Everybody knows.
But I love them and I leave them,
Break their hearts and deceive them everywhere I go.
Don’t you know that I’m the type of man who is always on the roam,
Wherever I lay my hat that’s my home.
Wherever I lay my hat, oh oh, that’s my home, mm yeh,
That’s my home
And I like it that way

Waar die hoed gehang word kan verskil maar dit neig maar om die ego te voed totdat selfsugtigheid blatant raak “and I like it that way”– juis daarom dat die ys so dun is.

Vandat ek weer Bybel lees geniet ek dit nogal om uit The Message ook te lees.  Aangesien dit ‘n parafrase is lees ek ook uit ander meer direkte vertalings en vergelyk ek dit dan met die Message (ek vind hierdie vertaling met tye humoristies, sonder om afbreek te doen aan die kernwaarhede van die Bybel) 1 Tim. 4:8 word as volg vertaal:

Exercise daily in God — no spiritual flabbiness, please! Workouts in the gymnasium are useful, but a disciplined life in God is far more so, making you fit both today and forever.

In my geval het die kapstok van onder andere gesondheid wat die aktiwiteite om fiks te bly insluit, die ego gevoed, alhoewel ek dit nie so blatant op daardie stadium raak gesien het nie.  Wat egter baie sigbaar was, was die spiritual flabbiness. Aangesien ek nie geoefen het in die gymnasium van God se woord nie en die oefeninge met Hom bespreek het nie, het ek nie meer beleef dat die Here na my kyk deur die bril van Jesus se bloed nie.  God het onwerklik geraak (sien blog Ewigheidperspektief) en my denke en aktiwiteite op myself gerig, terwyl ek egter my bes gedoen het dat ander dit nie agter kom nie.

Nadat ek die e-pos wat nou as ‘n blog verskyn “Priceless flowers in a Glacier” gestuur het, het een van my kollegas (23 jaar oud) vir my Psalm 73:26 gegee:

Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir ewig.

Die psalm veral vanaf vers 21 was vir my ‘n openbaring. Die psalm gaan oor iemand wat in stryd is met God, maar tot die insig kom dat God getrou is en opnuut daaroor wil getuig.  Ek dank die Here vir Sy genade dat ek weer op so ‘n punt gekom het!!  Ek lees dan ook die gedeelte in The Message waar die vers so vertaal word:

When my skin sags and my bones get brittle, God is rock-firm and faithful.

Ek dink onmiddelik daaraan dat dit ‘n wonderlike vers is vir ‘n bediening onder bejaardes maar die Gees sê vir my: Nee Abrie, die vers is vir jou!! 🙂

Vader, Seun en Heilige Gees help my om my hoed te hang aan die kapstok van die kruis.

Hy (Christus) het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sonde dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God.  Deur sy wonde is julle genees.  Julle (Abrie) het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en Bewaker van julle lewe.  1 Petrus 2:24,25

kruis kapstok

3 thoughts on “Wherever I lay my hat is my home

  1. Sjoe Abrie, wat ‘n absolute inspirerende blog is hierdie net nie. Jou e-posse inspireer my in my alle daaglikse lewe. Baie dankie dat jy my betrek het daarby. Groete

    Like

  2. Die ou liggaam gaan agteruit of ons nou wil of nie…. en ek was juis so pragtig 😁😁😁😁 Ek hou van die idee dat ons in die gymnasium van God se Woord oefen. Sal die vers leer; Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir ewig

    Liked by 1 person

  3. Dit glo ek wel Kameel 🙂 Ja en James Dean se kuif het nie naby myne gekom nie 🙂
    Lees asb die kommentaar op Katedraal vir die ego (wat nader aan ‘n blog inskrywing is!)

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.