Wie is ek

Kom ons begin met wat ek nie is nie. Al het my ma so gedink is ek nie 'n engel nie. Sy is nie hier omm haar te verdedig nie. Sy het definitief nie gedink ek is 'n engel nie!!

Kom ons begin met wat ek nie is nie. Al het my ma so gedink, is ek nie ‘n engel nie. Nee wag, sy is nie hier om haarself te verdedig nie. Sy het definitief nie gedink ek is ‘n engel nie!!

Daar is ‘n jong man by die werk wat my “bless” met skrifgedeeltes en geestelike video clips wat baie vir my beteken.  Ek het al voorheen in die blog Wherever I  leave my hat genoem van psalm 73 vers 26.  My situasie “made him think of” daardie vers.  Ek kan baie skryf oor daardie psalm en gaan moontlik nog maar dit is vir ‘n ander dag. Onlangs het hy vir my via e-pos genoem dat hy vir my video clips gaan gee sodat ek kan sien “what a 23 year old person watches”.

Ek reply en noem grappender gewys:

“That will be wonderful as the Lord has been speaking to me about child ministry”

En hy: “Ha ha, I still remember how we sang: Father Abraham has many sons, many sons has father Abraham”

Met die lees van daardie woorde het die Heilige Gees ‘n wonderlike ding in my lewe gedoen. Kom ek gee eers agtergrond. Op ‘n stadium in my lewe was daar ‘n versugting by my, as ek maar net  kan “live up to my names”, veral as ek dit nie regkry nie. Dit was ‘n hele paar jaar terug toe ek nog probeer het om aktief “christenskap te beoefen”.  En daarmee bedoel ek die beginsels van die Woord van God uit te leef. My name is:

Abraham – vader van die geloof

Johannes – dissipel van die liefde

Dit maak mos nou sin om geloof en liefde uit te leef – dit is tog die toepassing van die Evangelie?

Die oggend voor Father Abraham het ek in die motor die lied “Who am I” gehoor deur ‘n groep wat ek nou weet se naam Casting Crowns is.  Alhoewel ek die  lied  in die verlede op die radio gehoor het, het ek dit hierdie keer ‘n totaal ander impak op my gehad.  Die eerste keer het ek vir myself (vanuit ‘n intellektuele perspektief) gesê dat dit goeie teologie is.  Die lied het my hierdie  keer egter so geraak dat ek nou die CD besit. Maar dit wat die Here daardeur vir my gewys het is veel groter as die CD wat ek nou besit. Die refrein gedeelte is die volgende:

not because of who I am
but because of what You’ve done
not because of what I’ve done
but because of who You are

Met die aanhoor van die lied daar in die motor het ek beleef hoe die Here iets van die grootheid van wie Hy is en wat Hy gedoen het aan my openbaar: the great I am. Christus is God! Dit is wonderlik om in hierdie wete na die werk te ry!

Met die lees van die woorde later die oggend Father Abraham has many sons val dit verder in plek vir my. Dit gaan nie oor Abrie wat ‘n mislukte hunkering het om sy name uit te leef nie. Dit gaan oor die Vader wat Sy Seun na die aarde gestuur het en in die naam van die Here Jesus Christus oorwinning behaal het.

Ek bid ons almal toe dat die Gees ons in hierdie lydingstydperk die vreugde en bevryding van Christus se opstanding sal laat beleef!!

Who am I  (Casting Crowns)

Who am I, that the Lord of all the earth
Would care to know my name
Would care to feel my hurt.
Who am I, that the Bright and Morning Star
Would choose to light the way
For my ever wandering heart.

I am a flower quickly fading
Here today and gone tomorrow
A wave tossed in the ocean
A vapour in the wind
Still You hear me when I’m calling
Lord, You catch me when I’m falling
And You’ve told me who I am
I am Yours, I am Yours

Who am I, that the eyes that see my sin
Would look on me with love and watch me rise again.
Who am I, that the Voice that calmed the sea
Would call out through the rain
And calm the storm in me

not because of who I am
but because of what You’ve done
not because of what I’ve done
but because of who You are

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.  Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.  Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.  Ef 2:8-10

Advertisements

2 thoughts on “Wie is ek

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s