Is Jesus weg?

weerkaatsende wolk. reflecting cloud

Plaas jou vir ‘n oomblik in die skoene (dit was seker sandale) van Jesus se volgelinge direk voor Sy hemelvaart, wat gister herdenk is. Jy het pas gehoor dat jy die evangelie van Jerusalem tot aan die uithoeke van die wêreld moet verkondig, maar dit kom met die belofte van hulp van krag en toe verlaat Christus ons. Maar voordat ons met die sandale behoorlik kon wonder wat aangaan, verskyn engele en lig ons in dat Hy weer kom.

Dit is die dag na hemelvaart – Jesus is weg.

Miskien kon ons (met die sandale) wonder of Jesus dan nou weer “gesterf het” en dat Hy eers weer gaan lewe wanneer Hy weer kom. Christus is dan nie by ons nie!

Miskien is dit juis die probleem vandag.  ‘n Tydsgees wat effektiewelik Christus doodmaak en dat daardie gesindheid net sal verander indien Hy weer kom. Maar voordat ek te uitgesproke raak oor ander – in my eie lewe was Christus vir my (met die stapstewels en muurbalskoene) vir alle praktiese doeleindes dood. Indien ‘n mens Christus nie in praktyk van die lewe beleef nie maak ‘n abstrakte begrip soos die hemel en die wederkoms nie sin nie en dink mens nie eers daaroor nie (wel ek het nie). Lees gerus die die enkele gedagtes in blog Ewigheidsperspektief, wat ek reeds ‘n paar maande terug geskyf het maar nogal aansluit hierby.

Ons (met die sandale) het eintlik vir 2 wederkomste gewag.

  • die koms van God se gees, die Heilige Gees
  • en die wederkoms van Christus self.  

Ons (met die stapstewels/ drafskoene/ werkskoene/ stiletto’s), hoef nie te wag vir die Heilige Gees nie, ons hoef nie te wag vir die hulp en krag nie, want die Heilige Gees is reeds uitgestort.  Ek het weer beleef dat Christus lewe en dat die Heilige Gees en die Vader ‘n realiteit is en dat hierdie realitieit ‘n impak op my lewe het. Lees asb meer hieroor in ‘n Katedraal vir die Ego

Wat Hemelvaart spesifiek vir my beteken is dat dit my bewus maak van iets groter as ‘n tydelike bestaan: Christus gaan, om ons te kom haal. Maranatha Jesus kom weer. Maar bowenal maak hemelvaart my bewus daarvan dat Jesus nie weg is nie. Hierdie is dan ook die eerste keer in baie jare wat hemelvaart vir my ‘n betekenis het, aangesien ek weer beleef dat Christus lewe (ek wag egter nie vir die wederkoms nie; Christus is reeds nou in ons – geen rede om te wag vir ‘n “eendag”):

Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms weer verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Kol.3:4

Een van die mees aangrypende liedere wat ek al gehoor het is Too small a price van Don Fransisco.  Dit is vanuit die perspektief van die rower wat saam met Christus gekruisig is en wat dit besonder toepaslik maak t.o.v. hemelvaart is dat die rower in die hemel is na sy dood. 

Hier volg 2 verse:

Then with all my courage, in a voice not quite my own
I asked Him ‘Lord, remember me when you sit upon Your throne’
He answered me and, even then, His love was undisguised
He said ‘Before the sun has set today, you’ll be with Me in Paradise’

Well the shouts and curses did not stop even when the sunlight ceased
But somehow in the midst of it, my soul had been released
And though the agony continued, it was still too small a price
To be allowed to hear those words, and to die beside the Christ!

Christus is opgneem in ‘n wolk en kom weer op die wolke. In hierdie foto is die wolke amper tasbaar voor my op die grond. Ons hoef nie te staar na die wolke vir Christus se wederkoms nie.  Christus is deur Sy Gees reeds hier by ons en inspireer ons om ook Christus hier in Jerusalem te verkondig.  Sien: TRANQUILITY CRACKS – A PRAYER FOR CAPE TOWN.

Die foto is geneem die naweek toe my skoonma begrawe is. Ek het op Goeie Vrydag die emosie en belewing daarvan deurgegee:‘n Goeie Vrydag op Pikkie’s geduld

weerkaatsende wolk. reflecting cloud

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s