‘n Beproewing in Bellville Biblioteek

In  Waarom hierdie blog noem ek dat ek somtyds nonsens praat in die blogs. Hierdie blog is so ‘n somtyds (alhoewel dit regtig gebeur het). Maar indien jy enigsins ‘n humorsin het hoop ek jy lees verder (en dalk is daar tog sin praat tussen-in).

Ek is vanmiddag (Saterdag 8 Junie) ter elfder ure na die biblioteek (16:40 daar aangekom – dit sluit 17:00). Alhoewel my dogter reeds bykans alle inligting ingewin via die internet vir haar taak oor haar huidige verkose beroepskeuse “Forensiese wetenskaplike” het sy ter afronding daarvan nog inligting benodig.  Op pad soontoe sal ek erken dat die spoednaald momenteel op die effens verkeerde kant van die spoedgrens gehuiwer het. Ek kan dit seker nie regverdig deur te beweer dat dit ‘n noodgeval was nie. Op laerskool wou ek graag ‘n brandweerman wees en ek het my verbeel dat die maroen Jetta brandweerwa dringend ‘n vuur moet gaan blus wat in die biblioteek uitgebreek het, sodat die boeke oor forensiese wetenskap nie uitbrand nie. Dit was immers nodig sodat die forensiese wetenskaplike kon inligting inwin ten einde na te vors wat die brand in die biblioteek veroorsaak het!

As laerskoolkind het ure na hierdie 2 pladsy in die Readers Digest Children's encyclopedia gestaar en gedroom!!
As laerskoolkind het ure na hierdie 2 bladsye in die Readers Digest Children’s Encyclopedia gestaar en gedroom!!

Terug na planeet aarde.  Die biblioteekaresse by die naslaanafdeling was baie behulpsaam en effektief.  Binne minder as 5 minute het ons drie boeke gehad en het sy met ‘n lys vorendag gekom van boeke by die kinderafdeling.  Ek het met ‘n gedempte stemtoon (dit is immers ‘n naslaanbiblioteek waar doktorsgrade uitbroei) aan Irisna voorgestel dat sy na die kinderafdeling gaan terwyl ek die afdrukke maak (wat net 3 A4 bladsye was). Na voltooiing van die 3 afdrukke het ek na die reslutaat gekyk en gesien dat die bokant en onderkant afgesny is. Sug ek moes die boek 90 grade gedraai het.

Nadat ek dit weer kopieer het was ek op die punt om vir die persoon langsaan te sê dat hy maar die 3 oorblywende kopieë kan gebruik wat reeds met my R5.00 aangekoop is (vrygewige ou wat ek is). Bloot as ‘n formaliteit kyk ek toe weer na die resultaat en sien dat die sykante afgesny is  .  Nadat ek vir ‘n oomblik soos ‘n tennistoeskouer op Wimbledon gevoel het deur om die beurt te staar

na die afrolmasjien…                                                                     en kopieë

en afrolmasjien…                                                                            en kopieë

en die afrolmasjien en die …                                                         (julle kry die idee)

het ek besef dat, ja ek moes dit 90 grade gedraai het , maar ook in die middel van die glasblad posisioneer het. Die derde keer was darem suksesvol, maar buurman was sy gratis afskrifte kwyt.

Vriendelike ou wat ek is het ek na die biblioteekaresse gestap om haar te bedank vir haar flink diens. ‘n Persoon wat lyk asof sy op ‘n doktorale eier sit, was egter besig om vir haar te sê dat sy moet sorg dat mense nie moet praat in die studie-area nie.  Sy het verwys na “him” en direk na my gestaar.  Dit het nie die intellek van ‘n kwantum fisikus nodig gehad om die afleiding te maak dat sy van my praat nie.  Nou was nie die aangewese tyd om die persoon wat aldus die klaer haar plig nagelaat het, te bedank vir haar klaarblyklike nalatigheid nie.  Ek het wel vir ‘n oomblik daaroor getob dat die betoog van die klaer langer en harder klink as dit wat ek gesê het, maar het my maar toe uit die voete gemaak en by Irisna in die kinderafdeling gaan aansluit.  Ek kon al sien hoe ‘n groot sekuriteitswag my aan kraag gryp en my onseremonieel by die deur uitboender met die woorde:

Ons kan u nog vergewe oor die pratery maar iemand wat nie eers ons afrolmasjiene kan werk nie!! Sulke onnoselheid hoort nie in die biblioteek nie…

Irisna het vier absoluut toepaslike boeke by die kinderarea uitgeneem, nadat die biblioteekaresse aan diens in daardie area ook uit die pad gegaan het om haar te help.  Die 3 afskrifte wat ek gemaak het was dus onnodig (maar dit het darem my hand- oog ko-ordinasie verbeter).  Die dankbare en nuuskierige ou wat ek is, wel terug gegaan en vir die naslaanbiblioteekaresse gaan dankie sê dat sy ons na die kinder afdeling verwys het.  Ek het ook vir haar gevra of die “klaer” wel van my gepraat het, wat sy bevestig het maar met haar wyse woorde “ons laat dit maar daar”, het ons dit maar daar gelaat.

Oppad terug vanaf die biblioteek het ek en Irisna gerol soos ons lag toe ek bostaande aan haar vertel het. Ek het besef dat dit ‘n wonderlike produktiewe bietjie meer as ‘n halfuur in ons lewe was:

  • Irisna het al die inligting gekry wat sy gesoek het
  • en ons het heerlik gekuier in die motor oppad soontoe en terug – a bonding exercise

Ek het aan Irisna genoem dat mense (joviale ou wat ek is) sal dink dat ek “ die skuldige” in die storie is.  Terwyl sy aan my vrou vertel wat gebeur het en Susan onmiddellik dié afleiding gemaak het, was dit lekker om te hoor dat forensiese wetenskaplike Irisna die bewyse ondersoek het en hoe sy as my advokaat tot my verdediging toetree.

Irisna.Joubert
Die “forensiese wetenskaplike” Irisna Joubert

Daar is natuurlik nog iemand wat tot ons verdediging toetree. Die Afrikaanse vertalings verwys na hierdie prsoon as die voorspraak en van die Engelse vertalings as die advokaat.  In Johannes 14 – 16 verwys Christus 4 keer na hierdie advokaat (die Heilige Gees) wat sou kom. In 1 Joh2:1 word daar na Christus self as die advokaat verwys.

So wat probeer ek sê dat ek, my dogter en die Here sê dat ek onskuldig is?

Die realiteit is dat in die lewe kom ons in situasies of veroorsaak ons situasies, waarin ons onsself graag sou wou verontskuldig.  Dit is egter ook so dat wanneer ons in ‘n situasie is, dit moeilik is om werklik objektief op te tree (soos byvoorbeeld wanneer daar onregverdig teenoor ons kinders opgetree word).  Maar ook as ons met ‘n oop gemoed na ‘n situasie kyk in die bereidheid om foute te erken en as Christene om vergifnis te vra, sien mens dikwels nie die verkeerheid van jou eie optrede raak nie. Nie omdat mens dit wil ontken of wil wegsteek of rasionaliseer of blaam wil verskuif nie – mens sien dit net nie raak nie.

Maar sien ook dit weet Christus. In die laaste 3 verse van Johannes 2 glo mense in Jesus omdat hulle Sy wonderwerke gesien het, maar Jesus vertrou hulle nie:

23 Now while he was in Jerusalem at the Passover Festival, many people saw the signs he was performing and believed in his name. 24 But Jesus would not entrust himself to them, for he knew all people. 25 He did not need any testimony about mankind, for he knew what was in each person. (NIV)

In die daaropvolgende verse in Johannes 3 respekteer Nikodemus Christus  danksy die wonderwerke, maar Christus verander die onderwerp onmiddellik:

He came to Jesus at night and said, “Rabbi, we know that you are a teacher who has come from God. For no one could perform the signs you are doing if God were not with him.”Jesus replied, “Very truly I tell you, no one can see the kingdom of God unless they are born again. (NIV)

Wat die Here vir my hierdeur sê is dat Hy nie “beïndruk” met ons is wanneer ons bloot “beïndruk” is met wat Hy kan vermag nie. Christus wil graag hê dat ons moet verander. Natuurlik kan Hy wonderwerke doen maar die grootse wonderwerk bly vergifnis en dit word moontlik wanneer ons besef wie Christus is. Dan kom woon God in ons en ons kan voortdurend bewus word dat God in ons woon en ons verander. Sien  Christus ken die mens en weet wat ons moontlike verskuilde motiewe is, selfs wanneer ons hierdie verskuilde motiewe nie raaksien nie (of selfs so vêr gaan om God in ons nie raak te sien nie).

Maar Hy is genadig genoeg om die onderwerp te verander sodat ons nie net in ons eie kennis en belewenis (en menswees) vasstaar nie.  Ten spyte van ons bly Christus ons advokaat. Hierdie Advokaat is natuurlik anders as die advokate wat ons in die regstelsel het. In Christus en deur Christus is ons reeds onskuldig bevind.

In die lied “Lord I need You” deur Chris Tomlin bestaan die koor, brug en laaste vers uit die volgende:

Lord, I need You, oh I need You
Every hour I need You
My one defence, my righteousness
Oh God, how I need You 

So teach my song to rise to You
When temptation comes my way
And when I cannot stand I’ll fall on You
Jesus You’re my hope and stay
And when I cannot stand I’ll fall on You
Jesus You’re my hope and stay 

Where sin runs deep, Your grace is more
Where grace is found is where You are
And where You are Lord I am free
Holiness is Christ in me
Yes where You are Lord I am free
Holiness is Christ in me

Mag ons behoefte aan Jesus Christus die Here gebou wees op wie Hy is en reeds vir ons gedoen het en vanuit dit beleef hoe Hy ons in die praktyk van die lewe verander en lei.

My dear children, I write this to you so that you will not sin. But if anybody does sin, we have an advocate with the Father—Jesus Christ, the Righteous One. He is the atoning sacrifice for our sins, and not only for ours but also for the sins of the whole world (1 John 2: 1, 2 NIV)

Advertisements

6 thoughts on “‘n Beproewing in Bellville Biblioteek

  1. Weereens so gepas. Het nou eers kans gehad om te lees, maar dit is presies die boodskap wat ons so 2 Sondae terug gehoor het. Dankie, Amelia

    Like

  2. Jy begin lekker laf en eindig ongelooflik ernstig. Ek het vreeslik van die brandweerwa gehou en jou volgende lawwighede, maar die laaste storie is net wat ek eintlik nodig gehad het. Hoe op aarde het jy dít geweet?

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s