Kom na die Panoramaroete Cloete (en Piet, Koos, Jan en San)

Panorama ChaletsUitsig vanaf Panorama Chalets, Graskop

Photo-album: 80 photos

Hierdie is nie die ideale tyd om die Panoramaroete te besoek nie, want in die Somer – die reënseisoen – is die die area groen en die watervalle vloei sterker. Maar dan reën dit dalk en mis is ook ‘n probleem.  Nog ‘n nadeel in die winter is dat daar heelwat veldbrande is en dit het daartoe gelei dat die sig nie so goed is nie. Dit wat was byvoorbeeld nie die moeite werd om foto’s by God’s Window te neem nie weens swak sig. Die nie-ideale visuele tyd vir die Panoramaroete moet egter afgespeel word teen die besoek aan die Kruger (as dit die behoefte is – en as dit nie is nie, verander jou behoeftes), want in die winter is die diere baie sigbaarder danksy die beperkte plantegroei en daar is meer diere by die watergate.

MAAR selfs in die winter is die Panoramaroete pragtig, sien foto hierbo (dit was die laaste dag en ons was oppad na Marlothpark via die Kruger wildtuin. Die son het vir die eerste keer geskyn en die rook van die veldbrande was weg, dus miskien is dit eerder ‘n kwessie van tydsberekening (of te min tyd). Ek het oorweeg om weer na God’s window te gaan maar dit sou te veel balle in die lug wees.

Die foto hieronder sal ook nie in die Somer geneem kan word nie, want die waterval sal jou wegspoel (en jy moet die Big Swing doen om hier te wees). By die Blyderivier canyon het ek begin wonder of Mpumalanga mooier as die Kaap is (alhoewel my vriend Danie my daarop gewys het dat die canyon tegnies in Limpopo is – maar jy kyk vanuit Mpumalanga Danie en Mpumalanga toerisme glo jou nie!).  Drie dae is heeltemal te min – ons het nie naastenby by al die plekke uitgekom nie. Dit was egter ook visueel bepaald die moeite werd al het ons in die winter gegaan. Hoef my nie te glo nie kyk die fotos… Sommige fotos het kommentaar by ter verduidelliking, maar kom eerder self na Mpumalanga en lewer jou eie kommentaar.

Graskop watervalNie almal is bevoorreg om hierdie te sien nie – jy moet braaf genoeg wees om die Big Swing te doen

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s