Klik hier vir foto-album: 65 fotos
Alhoewel ons meer diere gesien het in die daaropvolgende dae in die Kruger, sal dag 1 altyd spesiaal bly. Want dit was die eerste van alles in die Kruger. Van die Renoster kan mens op die foto net die buitelyne sien maar dit maak nie saak nie – was eerste Renoster en Olifant en Sonsopkoms en en! Dit skep nogal ‘n spesial effek met die dat die renoster geblur agter die bome skuil. Maar vir die mooier en meer uiteenlopende fotos sien gerus Close encounters of the Kruger kind
Ons was ook vir die eerste keer in ons lewe op ‘n koffie toer gewees. Daaroor sal ek ‘n baie lang blog kan skryf dit want dit was regtig interessant (en lekker). Net een feitjie: hoe sterker die koffie is hoe minder kaffein bevat dit. Die sterkte van koffie hang letterlik af van hoe lank dit gerooster word. In die roosterproses word kaffeine vrygestel. Mense met ‘n aversie vir sterk koffie drink meer kaffeine! Expresso bevat dus minder kaffein as ‘n matig geroosterde koffie.