Denkers en Eters – ‘n Eteriese ervaring (Breederivier roei 2016)


Daar was die jong verliefdes …

jong verliefdes

En die wat al paar sakke sout saam opgeëet het…

sakke sout

En ook die double daters!!

double date 2
Ettiene en sy dogter

En dan was daar die denkers en die eters…

deanie eter s

In regverdigheid teenoor Danie, hy is een van die meer denkende eters. Moontlik kommunikeer hy dat hy New York gaan besoek (sal seker nie lank daar bly nie want hierdie is nie ‘n big apple nie). Of is hy besig om ‘n nuwe raaisel uit te dink soortgelyk aan Simson se raaisel: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke.  Maar eter het natuurlik verskeie ander betekenisse. Dit beteken o.a. “die boonste lugruim” en dit is waarom in Afrikaans soms verwys word na iets wat op die eter gehoor is, in die konteks van radioprogramme.  Daar is voorheen geglo dat die ruimte gevul is met hierdie stof en dat alle klankgolwe daardeur beïnvloed word.  Eter is ook ‘n chemiese middel met reeks toepassings waarvan die bekendste narkose is. Dit word deeglik aangewend in veral ouer boeke/films om die slagoffer aan die slaap te maak.

Een van die meer moderne uitbreidings van die betekenis is Ethereum. Ethereum is a crypto currency (elektoniese geldeenheid) soortgelyk aan Bitcoin (maar tog baie anders) waarin die “Die Eter” hierbo belê. Ek is seker Danie sal bereid wees om julle meer daarvan te vertel, maar as jy meer wil weet klik hier https://www.ethereum.org .  Ek het egter wel ‘n tong in kies whatsapp boodskap vir Danie gestuur oor die onderwerp, maar om die humor daarin te verstaan (lees vang) gaan jy iets van die werking van crypto currencies moet verstaan.  En om crypto currencies te verstaan moet jy ‘n denker wees (ek sukkel)!

Die betekenis in die konteks van die Breederivier roei waarop ek wil fokus is ”eteries” naamlik  “hemels” of “asof jy in ander wereld is”.  Nee, die Breederivier is nie die Hemel nie, maar vir daardie 24 uur (ja dit is net 24 uur alhoewel dit baie langer voel) is mens in ‘n ander wêreld.

In watter normale wêreld kry ‘n jong man die geleentheid om om sy meisie soos ‘n ridder op wit perd van ouds (of is dit nou ‘n Viking), uit die ‘n boot te pluk…

16r

of ‘n pa die kans om sy kinders slegte gewoontes soos hierdie aan te leer (uit die aard van die saak is dit ‘n slegte gewoonte as ek die slagoffer is)…

16 a

of ‘n volwassene die geleentheid om sy (en haar) Tarzan fantasië uit te leef…

16oo wick t

en word volwassenes se persoonlike ruimtes eenkant geskuif om die nappy run moontlik te maak…

Persoonlike ruimte

En waar anders word daar passievol, emosioneel en sensitief vertel van haar kat wat Margaretha bygestaan het in haar siekte en die kat toe in siekte (raakgery deur motor)  deur Margaretha bygestaan is. Ook van haar wonderlike man wat ingestem het dat hulle wel die R10 000 vir die operasie kan betaal. Gustaf (die wonderlike man) het wel droog opgemerk dat dit die rede is hoekom hulle nie ‘n groot skerm TV het nie…

Gustav en M

En sien mens hoe sommige anononieme individue die water tref soos ‘n aambeeld. Dit is ook hoekom sommiges nie bergfiets wil ry nie, want hulle val soos ‘n aambeeld…

vlcsnap-2016-04-10-21h34m07s608

en vertsaan mens beter waarom sommige mense nie in die troebel, water wil ingaan nie omdat die Breedervier Mielietand Monster daar skuil (baie erger as Bigfoot en Loch Ness monster)…

monster

en kry die wat wel braaf genoeg is boonop ‘n spa behandeling…

susan spa

Of kry jy die geleentheid om weer sopraan te sing? In graad 2 het almal in die klas Jan Pierewiet  gesing as oudisie vir koor en die juffrou het gese ek het ‘n pragtige sopraan stemmetjie. Op hoërskool het my stem en my vermoë om noot te hou gebreek. Vriend Wickus (sy pa was ‘n opera sanger) besluit toe dat hy my hunkering raaksien om weer te kan sing en gooi my met die water deurdrenkde groen bal (wat hieronder, onder andere die eter deurklief) en kies as teiken die plek waar ‘n bul ‘n os word, dat net die groen bal oorbly! Alhoewel dit wesenlik pynigend was, was dit tog nostalgies om weer ‘n sopraanstemmetjie te hê.  Ongelukkig is dit nie op film vasgevang nie anders het my prokureurs, lankal Wickus se prokurowers gedagvaar!

groen bal

Of sal jy kan dink dat in ‘n gewone wêreld ‘n man so opgewonde kan raak bloot omdat sy vrou vir hom ‘n appel uithaal om te eet. Maar daarin lê ‘n diep misterie, ‘n wisselwerking van ondersteuning en liefdesbetoning, oortuigend eteries. Jan Pierewiet se sopraan klanke  kom in die gedagtes op (kan nie meer so lekker die woorde onthou nie):

Goeiemôre, my vrou, hier’s ‘n soentjie vir jou
Goeiemôre, my man, ek haal ‘n appel uit die kan.

Opgewonde

**************

*Hierbo noem ek dat Danie nie te koop is nie en losgekoop is, maar dit is waar van almal wat Christus ken. In die normale wêreld met ons werk en tussen ons mense is ons hopelik nie omkoopbaar nie, maar dit is nie waarna ek hier verwys nie. As mense is ons geskep om eteriese wesens te wees (nie van hierdie wêreld met sy fokus op prestasie en geld, elektronies al dan nie).  Partymaal moet ons mekaar hieraan herinner.

  • Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Johannes 17:16
  • Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.  1 Petrus 1: 18,19
  • Toe sing hulle ‘n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. Openbaring 5:9

Lees gerus ook   Ewigheidsperspektief  en ‘n Katedraal vir die ego  wat hierby aansluit.

Klik hier vir foto-album 

VIDEO Breede 2016 4min 43s

Advertisements

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s