Thermopylae

 thermopylae

Hulle – wie hulle ookal mag wees: sê dat mens eintlik ‘n blog moet skryf net vir jouself – nie omgee of iemand dit lees nie.  Ek sal erken dat ek nog nie heeltemal daar is nie… Having said that, hierdie is so ‘n blog. Dit wat ek in die voorbereidingsproses geleer het en die gesprekke wat ek met my dogter Irisna hieroor gehad het, maak dit oor en oor die moeite werd, al sou niemand dit lees nie (dit was egter moeilik om “al sou niemand dit lees” nie te delete nie). Daar is dikwels ‘n konflik tussen dit wat ons weet en dit wat ons beleef, in die cyberspace blogwêreld, net so ook op aarde.

Ek het al meer as ‘n jaar terug aan ‘n paar vriende genoem dat die liedjie Thermopylae (Hot Gates) tot my gespreek het toe ek die musiekvideo in ‘n erediens gehoor het (kan glad nie onthou waaroor die preek gegaan het nie). Hierdie blog broei dus al vir ‘n jaar. Maar dit is niks in vergelyking met die tien jaar wat dit die sangeres Laurika Rauch se man Chris Torr (op daardie stadium nog professor in Ekonomie) geneem het om die lied te skryf nie. Op eerste hooropslag klink dit asof dit ‘n paar random stede is wat genoem word, maar mens kom gou agter dat daar tragedies plaasgevind het.  En in teenstelling met die tragedies het die slotvers en Laurika se vertolking daarvan besondere trefkrag.

Ek stel voor jy luister en kyk eers na die lied en lees dan verder. Die lied is kragtig genoeg om in ‘n mens se psige te resoneer selfs sonder verduidelikings oor die inhoud.

Wanneer jy die lied as gedig begin lees en ontleed besef mens o.a. dat die stede en plekke nie toevallig langs mekaar is nie.  Elke reël bevat 7 lettergrepe, wat die ritme besonders maak. Voeg daarby die rym wat gebruik word, wat die plasing van die stede bemoeilik en die toename in eksplosiewe klanke namate die lied vorder en die musikale toonsetting wat ook deur Chris gedoen is te midde van sy eintlike beroep, besef mens maar net die inspirerende skeppingstalent maarmee mense geseën is (al het dit dan ook tien jaar geneem om te skryf).

Frankfurt New York Lockerbie

“In 1988 was daar ’n vliegtuig van Frankfurt op pad na New York. ’n Bom aan boord ontplof en alle insittendes van die vliegtuig sterf. Die stukke van die vliegtuig val op huise in die Skotse dorpie Lockerbie”

Van hierdie inligting kry ek uit ‘n essay van die kunstenaar Jenny Boon . Ek plaas ‘n link na haar volledige dokument onder die uitreksels daaruit. In my poging om af te lei waarom Chris die stede so groepeer het, deel ek ook enkele van my eie gedagtes. Die stede en dit wat daar gebeur het maak die lied (om die die groot literêre kritikus Shrek in geprek met Donkey aan te haal) “layered”. Ek het ure spandeer om op te lees oor van die plekke want ten spyte van my matriek geskiedenis het Chappaquidick, Carthage en Thermopylae maagdelik op my ore geval. En aangesien ek nie biologie in matriek gehad het nie, het ek Carthage amper verwar met cartilage!

St Helena Mitchellsplain

Dit het my ook herrinner aan my eie persoonlike geskiedenis. Soos Napoleon, is generaal Piet Cronje en my oupagrootjie Josua Petrus Joubert (my pa se name) ook verban  na St Helena.  Die Britse Punch magazine het destyds ‘n spotprent geplaas met Generaal Cronje wat die spook van Napoleon groet met die woorde “Same enemy sire, same result”. Die lesers in Engeland sou dit sekerlik geniet het,  maar krygsgevangenes is baie goed behandel op die eiland. Klik gerus op St Helena in die gedig vir interessante artikel.

3 jarigen oorlog
Die sertifikaat wat my oupagrootjie ontvang het is die enigste item wat ek besit wat as Africana beskou kan word. In standerd 4 wou ek dit klas toe neem vir ‘n mondeling, maar my ma was bang dat dit sou breek. Op die ou end was die mondeling oor ‘n geel Bic pen… (stuur die breekbare items skool toe ouers! My dogter Elrike het in graad 1 ‘n mondeling hieroor gedoen en dit het nie gebreek nie)

St Helena is langs Mitchellsplain geplaas wat tekenend daarvan is dat Chris Torr nie een groep bo ‘n ander stel nie. Kleurlinge is “verban” na Mitchellsplain toe die groepsgebiede wet in werking getree het.  Die plaas van Srebenica waar 7 000 Moslem mans en seuns doodgemaak is in 1995,  langs Sebokeng waar meer as 30 mense in 1991 doodgeskiet is tydens ‘n “all night vigil” vir ‘n vermoorde ANC leier, maak dit ‘n Srebenica in die kleine.

Chappaquiddick Waterloo

By Chappaquiddick – nee dit is nie in Ysland of cyberspace nie – het Ted Kennedy (broer van vermoorde Amerikaanse president Robert Kennedy) by ‘n brug afgery en sy metgesel het verdrink. Hy het dit eers 10 ure later rapporteer. Alhoewel hy op daardie stadium die troonopvolger was vir die Demokratiese party was hierdie insident sy politieke Waterloo.

Balaklava Austerlitz

By  Balaklava – nee nie iets wat jy aantrek as jy koud kry of ‘n bank wil beroof nie – het die elite berede Lightning Brigade as gevolg van ‘n foutiewe bevel op ‘n selfmoordaanval gegaan. Daar was ‘n oormag Russiese soldate met kanon ondersteuning en die Britse soldate in die middel. Dit is verewig in die gedig van Tennyson “Charge of the light Brigade” wat hierdie bekende woorde bevat:

Theirs not to make reply, 

Theirs not to reason why,

Theirs but to do and die.

Bostaande ingesteldheid wat die grondvlaktroepe aanbetref is belangrik vir die funksionering en dissipline van ‘n weermag  (not to reason why) maar nie noodwendig in die alledaagse lewe nie.  Maar dit is veral nogal contra die tydsgees waarin ons tans is. Alles word bevraagteken en elke individu se siening is klaarblyklik reg en dit wil voorkom of veral God gerelativiseer word tot die mens se eie belewenis,  maar meer hieroor later in ‘n blog wat broei : Volmaan Volmens? By Austerlitz het Balaklava se omgekeerde gebeur . Met ‘n weermag van 68 000 teen ‘n oormag van 90 000 het Napoleon die Russiese Tsar Alexander en Pruisiese Keiser Francis ii oortuigend verslaan (battle of 3 emperors).

Hiroshima Rubicon

Toe die bom met die eufimistiese naam Little Boy oor Hiroshima losgelaat is het die mens die Rubicon oorgegaan wat verwoesting aanbetref.  Daar sou nooit weer gesê kon word dat kernkrag slegs tot die voordeel van die mens aangewend word nie. PW Botha se “Rubicon” toespraak is direk op TV uitgesaai. Ek onthou dit goed, was in matriek in 1985 en op daardie stadium gepla met politiek. Met die Rubicon toespraak is die verwagting voor die tyd geskep dat hervormings aangekondig gaan word. Dit het nooit gebeur nie en aangesien die Rubicon nie oorkruis is nie, was dit PW se Waterloo.

Armaggedon Thermopylae

Wat die titel van die gedig self aanbetref. Hot Gates is die vertaling van Thermopylae. By Thermopylae het 300 Spartane (saam met ander soldate) , maar steeds totaal en al oordonder wat getalle aanbetref, onder die bevel van hul Koning Leonidas hierdie pas in Griekeland vir 2 dae beskerm teen die magte van Koning Xerxes van Persië. Xerxes was ‘n ander naam vir Ester in die Bybel se man: Ahasveros. Die fliek 300 handel ook oor hierdie veldslag. Daar word gesê dat ‘n boodskapper die Spartaanse koning gedreig het met die woorde “our arrows will block the sun” (die Spartane en ondersetuners was omtrent 7 000  teen 180 000 lede van die Persiese weermag) waarop Leonidas reageer het  “then we will fight in the shade” –  a cool dude at the hot gates!

Thermopylae was ook in die Griekse mitologie die ingang na die onderwêreld Hades.  Met die “battle of Armageddon” sal ook die onderwêreldse magte finaal verwoes word. Armageddon is die finale oorwinning.

Uittreksels uit Jenny se skrywe (klik daarop vir vergroting):

betlehemwaco waco

Sien volledige artikel:

https://soshanguve.files.wordpress.com/2011/07/brandende-poorte-na-strate-van-goud-hot-gates-deur-laurika-rauch.pdf

Hot Gates – Thermopylae

Sien ook toepassing onder die lied

London Paris Rome Berlin
Barcelona Washington
Moscow Beijing Tokyo
Jerusalem Jericho

Waco Waco Bethlehem
Srebenica Sebokeng
Sarajevo O Saigon
Hiroshima Rubicon

Chorus:
I can see a fiery, fiery glow
Even as the sun is sinking low
I can see a horseman on the run
Oh my daughter, oh my son

Dunkirk Dover Normandy
Frankfurt New York Lockerbie
Amajuba Bellevue
Chappaquiddick Waterloo

Bucharest St Petersburg
Heilbron Hobhouse Gettysburg
Belfast Budapest Baghdad
Berchtesgaden Stalingrad

Chorus

Carthage Dresden Babylon
Sharpeville My Lai Boipatong
Delville Wood El Alamein
St Helena  Mitchell’s Plain

Balaklava Austerlitz
Belsen Buchenwald Auschwitz
Nagasaki O Versailles
Armageddon Thermopylae

Chorus

Repeat chorus:
There’s another song that will be sung
There’s another bell that must be rung
There’s another city I’ve been told
Where the streets are paved with gold

There’s another city I’ve been told
Where the streets are paved with gold

Words and music: Christopher Torr
Publisher: Chris Torr Music

Toepassing op my lewe

Die lied kan op meer as een manier interpreteer word. Iewers daar buite is daar iets groter as die huidige, die onmiddelike – a  greater good. Of nader aan die onmiddelike kan dit inspirerend as kunsvorm wees, wat dit wel is.

Vir my is dit nie so belangrik om te weet of daar ‘n hemelse Jerusalem is al dan nie of laat ek herfraseer, dit is nie my dryfveer nie. Aan die einde van die lied staan Laurika in die vorm van ‘n kruis en die sinspeling op Christus is onafwendbaar. Vir my is the greater good, the greater God.

In Christus is my lewe nie probleemloos of sondeloos nie, maar ek weet ek kan dit na Hom toe vat.  Hieronder is 4 liedere wat soos Hot Gates my help om die fokus op Christus te plaas en ook ewigheidperspektief te herwin.

Die eerste, ‘n moderne lied, deur Tenth Avenue North, is vanuit die oogpunt van Christus geskryf – Jesus wat met my praat. Die 2de lied is ‘n klassieke en merkwaardige lied deur Don Francisco wat Christus se kruisiging vanuit die oogpunt van Nikodemis (Joh 3) vertel en die 3de is ‘n lied waarin ‘n volgeling van Christus (Casting Crowns) homself herhinner vir wie Christus gekom het – pragtige natuurtonele in hierdie video!! Die 4de is vir diegene wat voel  jou intellek word ondergrawe as mens in God glo (Michael Card)

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Thermopylae

  1. Ek het in 2014 vir Chris ontmoet toe ek ‘n klas van hom bygewoon het oor hoe om lirieke te skryf. Ek het ook toevallig een klavierles na die tyd by hom gehad (maar sy prys was te hoog om daarmee aan te gaan.) Hy is ‘n baie interessante man en hoe hy liedjieskryf aanpak, is iets om te aanskou. Ek dink hy sal jou ontleding hiervan nogal geniet.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s