Drie dae gelede op ‘n radio insetsel genaamd “Lighten up and live” het Ken Davids (tans 69) die volgende staaltjie vertel (met die waarskuwing dat jy reg moet hoor en jou humorsin moet behou wanneer jy ouer word):
A man in his eighties isn’t feeling good and visits the doctor. The next week the doctor sees him at the mall with a much younger woman at his side.
Seems as if you are doing well?
I am just following your advice doctor
My advice!?
You said get a hot mama and be cheerful
I said you have a heart murmur, be careful!
***
Gister kom die bestuurder van een van die afdelings by die werk na my toe en vra of ek weet wat dit beteken (‘n opdrag vanaf ‘n 82 jarige kliënt):
Ek het ‘n sekere kennis van terminologie in die finansiële bedryf, maar nog ek, nog my goeie vriend Google weet wat die formule WBD is (alhoewel my vriend my inlig dat daar darem wel ‘n WBD Infant formula is). Ek besluit om hom te bel (die kliënt – nie my vriend nie).
Meneer X, ek wil net graag weet hoekom u die inligting soek. ‘n Helder, innemende en kraakvars stem (teenoor die krakerige stem wat mens sou verwag van ‘n persoon wat danksy ouderdom deurmekaar raak) antwoord: Julle het ‘n stelling gemaak wat ek nie verstaan het nie, toe besluit ek maar om ‘n stelling te maak wat julle nie sal verstaan nie 🙂 ! Ek het onmiddellik van hom gehou en hom ingelig dat ek na alle waarskynlikheid presies dieselfde sal doen wanneer ek afgetree is en dat sy klip in die bos my laat uitspring het. Hy het sy humorsin behou en saam het ons die akronieme ontsyfer.
Dit ‘n versugting dat ek my humorsin sal behou soos wat ek ouer word, al behou ek dit reeds nie altyd nie. Dit was byvoorbeeld nie snaaks toe ‘n prima stuk steak soos ek tekens van ouderdom begin toon het, aangesien ek 3 jaar gelede in die hospitaal opgeneem is weens groot en veelvuldige bloedklonte in my longe nie. Veral nie toe die helder fluorescent ligte 5 uur in die oggend aangesit word en die suster van Pathcare my wakker maak met die inspirerende woorde dat dat sy 9 buisies bloed moet trek nie. With more of the same die volgende oggend het ek darem al die vermoë gehad om met ‘n glimlag vir haar te sê: ek dog vampires hou nie van bright light nie… Hulle kon met die bloedtoetse vasstel dat ek ‘n baie gesonde persoon is – indien ek nie longe nodig gehad het nie.
Eendag voodat ek oud is gaan iemand (anders) nog een van my blogs reblog, maar in die afwesigheid daarvan gaan iemand (ekke) ‘n gedeelte van’n vorige blog reblog aangesien dit ‘n tong in kies kommentaar oor ouer word is. Wat die reblog van iemand anders aanbetref sal dit seker die kanse eksponensieel verbeter indien ek uitvind hoe om die reblog link in te bou!
Uitreksel uit Wherever I lay my hat is my home
“Jy wat hier lees kan geïnspireerd lewe, want jy raak elke jaar statisties minder oud. Sien dit is doodeenvoudig, wanneer ‘n babaseun 2 jaar oud word, het hy in sy tweede lewensjaar sy ouderdom verdubbel. Eenhonderd persent ouer in 1 jaar – spaar my dit! Wanneer ‘n man in die sogenaamde fleur van sy lewe 26 word het hy in daardie jaar 4% tot sy ouderdom bygevoeg. ‘n Jong man soos ek daarenteen wat hierdie jaar 46 raak voeg slegs 2.2% by my ouderdom toe. Mans in hulle twintigs raak dus baie vinniger oud!! Nie lank nie of hulle is ouer as ek…
Julle sal oplet dat ek slegs na mans verwys wat ouer word; ons almal weet dat vrouens nie ouer word nie. Ek het wel eenmaal gehoor dat sommige vrouens in hulle twintigs wel een of ander tyd 29 word. Hulle bly dan 29 totdat niemand dit meer glo nie en dan word hulle 39!”
Ek redeneer in my hat verder oor ouderdom, selfs oor vrouens se ouderdom! Continue reading →
Heerlik gelees, nogal gelag oor die vampiere!!
LikeLike
Ja, ek non nie help om die analogie raak te sien nie. Helaas het die vampier nie die humor raakgesien nie!
LikeLike
Klink my jy het sommer baie humorsing, dit behoort nie op te raak in jou lewe nie! 🙂
Oor die reblog sal ek ‘n bietjie dink. Ek dink nie daar is iets wat jyself kan doen nie, behalwe natuurlik baie oulik skryf nie. Ek dink dit is outomaties daar as jy wil reblog. Sal bietjie soek.
LikeLike
Kyk hoe lekker van jy my uit. Jy het dit reeds opgesit. Is dit nie die WordPress icon by jou ‘sharing’ wat vir reblog sorg nie? 🙂
LikeLike
My gunsteling sin uit hierdie blogpost is: “Hulle kon met die bloedtoetse vasstel dat ek ‘n baie gesonde persoon is – indien ek nie longe nodig gehad het nie.”
Lekker gelees en gelag hieraan.
LikeLiked by 1 person
Ek is sou ook die ideale shampoe model gewees het – indien ek hare gehad het…
LikeLike
Ag nee nê, as jy nou RERIG sulke knoppie gehad het sou ek dit reblog.
Want sommer net.
En omdat jy gesê het vrouens bly vir altyd 29!
Nog ‘n ding. Wonder hoekom kry ek nie jou inskrywings in my Leser nie? Ek volg jou tog. Vreemd.
LikeLike
Miskien moet jy my ontvolg (as dit die Afrikaans is vir unfollow) en dan weer follow. Ek sien wel vir Net Ek in my leser.
LikeLike
Ek sukkel ook om jou in my leser te sien en ek het al ge-unfollow / follow.
LikeLike
Dit wys nou vir die eerste keer ook die e-pos ontvang. Dankie
LikeLike