Deluxe Coffeeworks. Dog’s Bollocks!

DSCN7132

Nee, Dog’s Bollocks is nie kommentaar op Deluxe Coffeeworks se koffie nie. Dit is nou wel so dat ons (veral Wickus) vanoggend honger by Deluxe Coffeeworks aangekom het en op ons vraag of hulle kos bedien geantwoord is met: “We are a coffeehouse, we serve coffee”.   ??!Net koffie!??  Ek onthou van skooldae af dat Die Koffiehuis in Hartenbos nie net koffie verkoop het nie. Sedertdien was ek darem by ‘n verskeidenheid koffieplekke wat nie vol seesand was of na Coppertone geruik het nie en ook hulle het nie nét koffie verkoop nie. Indien ek van stiff upper lip afkoms was kon ek moontlik op dié teleurstellende nuus my misnoeë met “dog’s bollocks” uitgespreek het.

Dan is ek moontlik geantwoord met:  “Yes they do serve food” wat wesenlik perplexing vir my Britse brein sou wees (lees Noordelike voorstede van Kaapstad Afrikaanse brein).

Op Danie se voorstel het ons koffie gaan drink by Deluxe Coffeehouse, Roodehek straat Kaapstad. Die ambiance is nie Noordelike voorstede nie – veral die van Dog’s Bollocks. Laasgenoemde is ‘n restaurant direk langs Deluxe Coffeeworks – you must walk through it, om by die koffie uit te kom. Ek het gedog dit is een plek maar word besit deur verskillende eienaars. Maar daar is bepaald ‘n simbiose tussen die 2 siende die kos, koffie en ligging interaksie. Nadat ons aanvanklik op die boomstomp kroegstoele van Deluxe gaan sit het met sy fietse teen die mure (sien foto hieronder) het die honger ons oorval en geskuif na Dog’s hierbo.

Dog’s Bollocks is ietwat onkonvensioneel – sien die toiletdeur regs bo in boonste foto. ‘n Alternatiewe naam vir die plek kon gewees het A river runs through it, want ‘n dreineringsloot met geute wat daarin uitmond runs through it. Dit is eintlik ‘n stegie tussen 2 geboue wat met tweedehandse dakplate bedek is en as ek sulke meubels in ons huis sou sit gooi my vrou my en die stukkende meubels uit! Ek vermoed hulle betaal minder huur as by die Waterfront of Tygervallei…

En tog het ons heerlik gekuier. Die gesprek het ingesluit die uitmuntende koffie (moet asb nie ‘n cappuccino vat nie); drink net so swart en sonder suiker – heerlik! Een van ons (om hom te beskerm gaan ek nie sê wie nie) is op sy plek gesit deur die kelnerin. Aangesien sy so vriendelik en effektief (en mooi) was, is die opmerking gemaak: “where have you been all my life” waarop sy geantwoord het: “probably not born yet” 🙂 . Maar dit was net die katalisator om te gesels oor uiteenlopende dinge soos o.a. die idiosyncrasies van Donald Trump,  ons volgende staproete, crypto-currencies en Wickus se getuienenis hoe gebed hulle dag by die werk verander het van moedeloosheid tot oorwinning. Dit is goed om saam met vriende te wees!

CD1

Advertisements

8 thoughts on “Deluxe Coffeeworks. Dog’s Bollocks!

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s