Sneeu (en ys) in Sutherland

  • As kinders het NP van Wyk Louw en sy broer WEG Louw, in hierdie nou omgevalle boom op hulle oupa se plaas 15km buite Sutherland gespeel en geklouter.

_20120712_161423

SEEKOEVLEI
N.P. van Wyk Louw

Die swart bleshoenders dryf verby
agter die skraal wit riet
en die hele grys vleilandskap word
vol óu verdriet

ek staan weer by ‘n wit poel
waar ‘n wintermiddag sneeu
en ek is klein en hoor verskrik
‘n jakkals uit die rante skreeu

Seekoeivlei is in Grassypark naby Muizenberg en dus naby die see. Dit sneeu bepaald nie hier nie. Maar Seekoevlei laat Van Wyk Louw terugdink na ander vleie in Sutherland waar die rante uitskreeu van die wintermiddag sneeu.  Ons besoek aan Sutherland was bepaald nie om op die voetspore van die Louw’s te loop nie (toevallig geleer van die verbintenis). Ons het wel gehoop dat die Jouberts óns voetspore in die sneeu sou kon af-ets en was gelukkig genoeg dat dit wel so gebeur het. In Sutherland self was daar geen akkomodasie en ons moes uitwyk na ‘n “skuur” buite die dorp om geboorte te gee aan ‘n sneeu-ervaring. Die plaas Gunsfontein is 15 km buite Sutherland en hoër geleë. Indien ons wel plek in ‘n gastehuis gekry het sou ons nie eers geweet van die sneeu nie, want op Sutherland self was daar geen sneeu nie. Die fotos is geneem in Julie 2012.

  • Sowat 5 km van ons bestemming het ons gesien daar is sneeu en  gestop om die kinders hulle eerste sneeubelewenis te gee↓

_20120712_144828

  • Maar dit was onnodig want ons bestemming het ons met ‘n wit kleed verwelkom↓

_20120712_171943

_20120712_172209

  • Die bome hierbo uit ‘n ander hoek↓

_20120712_160601

  • Hierdie laning bome het my genooi om triomfanklik onder hul verby te loop – sneeu (en foto neem geleenthede) is gevind! Ek het die kontraste waardeer (wat insluit ‘n warm hart en yskoue gesig en vingers)↓

_20120712_161748

  • En nee ons het nie werklik in ‘n skuur gebly nie, maar hierdie skuur sou sekerlik ‘n paar stories kon vertel↓

_20120712_161938

  • Die murasie word weer heel want dit maak ‘n mooier foto↓

_20120713_090025

_20120712_160137 - Copy

  • Sou graag hierdie vriendelike plaashond wat nie skrik vir koue terug wou neem huistoe↓

_20120712_161534

_20120712_162351

  • Hierdie sirkelmuur omring die pot en oond hierbo↓

_20120712_162312

  • Die volgende oggend vroeg met eerste lig (geen sonskyn – bewolk) het ek die onder vriespunt bibberkoue trotseer. Die ys vorm in die rigting waarin die wind waai↓

_20120713_090504

  • Die kleinste knoetsies woord oorbeklemtoon deur die ys↓

_20120713_085749

  • Hier is die oorbeklemtoning ook duidelik sigbaar alhoewel die foto nie so helder is nie. Dit was net te koud en my kamera wou nie meer behoorlik funksioneer nie↓

_20120713_091145

  • Die surrealistiese beeld hieronder is die laaste foto wat ek kon neem. Ek het niks aan die foto verander nie; dit was die beste wat die kamera in die koue kon doen en ook die laaste foto wat die kamera die oggend kon neem↓

_20120713_111009

  • Die volgende dag het van die sneeu reeds gesmelt en het die son sy kop uitgesteek↓

_20120714_083208

_20120714_083254

_20120714_083639

Winter – N P van Wyk Louw

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis? _20120714_102555

Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.            Jesaja 1:8

18 thoughts on “Sneeu (en ys) in Sutherland

  1. Dis pragtige fotos, veral daardie een van die laning bome. Die een van die “diamond mesh” wat so geraam word in die sneeu is ook besonders. Die hele landskap sal daartoe neig om die woorde in die digters uit te bring. Dis ‘n besondere herinnering wat die Jouberts gedeel het.

    Liked by 1 person

    1. Dankie, die laning bome is my gunsteling ook en die “daimond mesh” foto was ietwat traumaties, want toe wou my kamera nie meer fotos neem nie. Nadat dit warmer geword het (en kamera droog geword het – hoe humiditeit) was hy weer operasioneel 🙂 Ek net helaas my Nikon op ‘n berg vergeet 😦 , maar dis ‘n blog vir ‘n ander dag!

      Like

        1. Sug moet my nie weer herinner nie, sal die blog moet skryf: ek en vriende het ‘n 21km stap gedoen (retoer) wat by 300m bo seespieel begin en 1 600m bo seespieel eindig (Victoriapiek) en die volgende dag het ek en my dogter dit weer gedoen op soek na kamera – tevergeefs!

          Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie ek het vanaand weer hierdie gelees vir een of ander rede maar asod ek ‘n besoeker is wat iemad anders se blog lees (as dit mootnlik is) en die gedigte en dit wat daardie ,mense moes beleef was vir my aangrypend! Wil net weer die kommentaar be-amen

        Like

  2. Die pragtigste fotos!!!! Het julle darem warm geslaap want dit lyk asof net ‘n kaggelvuur daardie koue kan verdring. Ek gek na ou murasies…. hierdie een is pragtig!!

    Liked by 1 person

  3. Pragtige foto’s. Ou murasies het ‘n vreemde aantrekkingskrag. Ek is so lief vir die winter en sal ook graag eendag Sutherland se koue wil ervaar. mooi gedigte wat jy aanhaal. Ek het laas as kind sneeu of kapok ervaar waar ek groot geword het net anderkant Dullstroom. Nou sneeu dit nie meer in die winter daar nie. Dankie baie geniet

    Liked by 1 person

  4. Ja dit is merkwaardig watter mooi effek dit gemaak het ten spyte daarvan dat dit nie behoorlik funksioneer nie. Miskien kan ons iets daaruit in ons eie lewens toepas. Ons hoef nie perfek te wees om iets vir ander te beteken nie

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.