Vadersdag 19 Junie 2016

Hierdie keer laat ‘n stil outjie soos ek toe dat die fotos self praat, behalwe om te sê dat plus minus 13 jaar verloop het tussen die boonste 2 en onderste 2, wat vandag geneem is. Dan is daar die whattsapp boodskap van Elrike (wat  Hebron red meer as net mense geskryf het), wat ek heel onder plaas.

My ouers is reeds oorlede. Toe my ma gesterf het het ek terug gekyk “with fond memories”. Met my pa se dood het ek binnetoe gekyk. Met haar dood het ek ‘n huldeblyk op haar begrafnis gedoen en met skuldgevoelens vir myself afgevra,  wat as dit my pa se dood was – ek kan nie hierdie dinge van hom sê nie! Met sy dood het daar ‘n aanvaarding gekom van ook wat ek is en dat ek baie soos hy is, alhoewel ek vir baie jare daarteen gestry het. Let wel nie dieselfde as hy nie, maar daar is karaktereienskappe van hom wat ek het wat nie net bloot geneties is nie. Op sy begrafnis kon ek eerlik vrae vra en opmerkings maak, sonder om disrespekvol teenoor hom te wees. Ek sal dit nog in ‘n blog deurgee – maar nou fokus ek op my eie ouerskap (wat nie so wonderlik is as wat Elrike hieronder weergee nie) maar ek is begenadig dat sy wel hierdie dinge sê.

DSCN7583 see

DSCN7581 hangmat

Groeneweide

spring

Vadersdag

Vadersdag5

en die Whatsapp boodskap wat my jongste dogter vandag vir my gestuur het 🙂

waelrike

WAbelrike

9 thoughts on “Vadersdag 19 Junie 2016

    1. Dankie. Toe Elrike jonger was het sy nogal na my gelyk. ek sou natuurlik misbruik maak daarvan deur mense te vra na wie sy lyk en dan te vra of sy mooi is. Maar teen daardie tyd het hulle reeds in my strik getrap;
      Wel as sy na my lyk en sy is mooi wat sê dit dan van my 🙂

      Liked by 1 person

  1. Pragtige fotos. As jou dogter dink jy is perfek, stoot jou bors uit en geniet die liefde en komplimente. Die grootste geskenk wat ons kinders aan ons kan gee, is om al ons ou foutjies te vergewe en ons dan nog steeds lief te hê! 😀

    Liked by 1 person

  2. So bly jy het ‘n goeie verhouding met jou dogters!!! En ja hulle is baie mooi…. trek na pa 😆
    Wat is dit met pa’s en seuns? My man het die wonderlikste verhouding met ons dogters maar ai, soos my seun nou eendag sê hy sal baie mooi dinge hê om op my begrafnis te sê, maar sal nie weet wat om op sy “dad” s’n te sê nie.

    Liked by 1 person

    1. Trek na hulle ma. My belewenis en jou seun se belewenis moet nie noodwendig as ‘n mikrokosmos van die wereld gesien word nie. Op die begrafnis kon ek wel positiewe goed van my pa sê (gaan nog blog daaroor) – daar is hoop vir jou seun!

      Liked by 1 person

      1. Dit is ‘n troos dat ek die eerlike vrymoedigheid gehad het om dit op sy begrafnis te sê. Eerste prys is om dit sê wanneer pa nog lewe. Jou seun het die kans om my een voor te wees.

        Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.