Notre Dame Katedraal is internasionaal bekend danksy Victor Hugo wat ook Les Miserables geskryf het, se boek Notre-Dame de Paris (The Huncback of Notre Dame). Die liggaamlik verwronge Quasimodo wat beide stom en doof was, sal altyd die mees bekende dog fiktiewe persoon wees wat dié klokke lui. Dit is ‘n tragiese verhaal – in die oorspronklike boek sterf hy en Esmeralda op die einde te midde van ‘n onvervulde lewe, dus bepaald nie die Disney weergawe nie.

Die pragtige gotiese Notre Dame Katedraal met die kloktorings aan die linkerkant
Nota aan leser: trek jou tong in die kies skoene aan
Ek het al gewonder waarom ons in Afrikaans so dikwels naar word. Dit is seker verstaanbaar van hulle wat nie werklik besit nie – skuldenaar, maar dan gebeur dit ook met hulle wat wel besit – eienaar. Moontlik sal daar minder maagsere en naarheid wees indien ons minder fokus op die afwesigheid of teenwoordigheid van besit. Maar ek wyk al weer af van die eintlike storie… Siende dat die klank wat klokke maak wanneer hulle lui, beier genoem word, nuutskep ek nou die selfstandige naamwoord beiernaar. Dit is met apologie aan die taalvaders aangesien die HAT so ‘n persoon ‘n bei-aardier noem. Dit voel egter vir my veroordelend om Quasimodo (en myself) ‘n dier te noem!
Definisie van beiernaar: iemand wat klokke lui sy beroep maak/ iemand wat klokke laat beier deur dit te lui.
In die afwesigheid van Quasimodo moet die klokke steeds gelui word. Daar is ‘n legende dat na sy dood Frankryk deurkruis is opsoek na ‘n nuwe beiernaar. Die aansoekers kon die klok maar net nie laat beier soos Quasimodo dit gedoen het nie. Eendag kom daar ‘n man sonder arms aan en sê hy sal dit regkry. Die biskop vra hom hoe dit moontlik is dat hy die klok kan lui, maar die man antwoord vasberade dat sy eksellensie hom net die geleentheid moet gee en hy sal nie spyt wees nie. Danksy die man se entoesiasme maar ook effens nuuskierig besluit sy ekselensie maar om die futiele poging gade te slaan. Die man hardloop met bruto krag en stamp die klok met sy kop… en skielik beier die klok so luid en helder dat die mense van Parys vir ‘n oomblik alles los wat hulle doen en met nostalgie opkyk in die rigting van die katedraal. Die biskop se oë en denke word verlig. “As jy dit weer regkry is jy die nuwe beiernaar van Notre Dame”. En die man kry dit weer reg!!
Aangedaan wink die biskop hom nader om hom te omhels as teken dat hy die werk gekry het. Maar o wee, toe die man nader kom slaan die klok hom van die kloktoring af en hy val tot sy grusame dood. Binne sekondes verander die biskop se vreugde in smart. Trane loop vrylik terwyl hy die trappe afstrompel in die wete dat hy die man se dood veroorsaak het. Langs die kloktoring is ‘n groepie mense reeds om die man. Toe hulle die biskop se gesigsuitdrukking sien vra hulle of hy die man geken het. Na ‘n oomblik van gewyde stilte antwoord die biskop: his face rings a bell… (shame, you are not always saved by the bell!!)
Dit is dan ook die rede waarom ek ‘n blou oog het. Ek het met bostaande metodiek aansoek gedoen om die beiernaar van Notre Dame te word, maar gelukkig het ek nie veel indruk op die klok gemaak nie en is dus nie genooi om dit ‘n tweede keer te lui nie. Indien ek dit wel reggekry het was ek nie vandag hier om die storie te vertel nie (maar ek het darem ‘n blou oog gekry as souvenir…). Nou goed dit is nie die werklike rede waarom ek ‘n blou oog het nie, maar die werklike rede is so tragies julle gaan trane in die oë hê!
‘n Vriend en muurbalmaat het onlangs 50 geword (Vrydag 10 Junie). Ek is natuurlik milleniums vêr weg van só ‘n gevorderde ouderdom. Saterdagaand die 11de kyk ons (‘n paar vriende) die rugby teen Ierland. Jammer van die Springbokke wat verloor het maar ons het lekker gekuier. Daarna speel ons die groot 2-jaarlikse kaartspel en in die proses sterf die biltong en wyn wat hy as verjaarsdaggeskenk gekry het (hy het darem aangebied) Ons is darem sensitief genoeg om die verjaarsdagmaatjie te laat wen – dit is in elk geval ons verskoning hoekom een van ons nie gewen het nie.
Die Maandagaand gaan ons muurbal speel en ek stuur hierdie whatsapp vir hom en die een langsaan stuur ek later die dag vir die 007 groep. oo7 is ‘n whatsapp groep wat gestig is toe ons ‘n James Bond fliek gaan kyk het in Imax en waarop ons gereeld die diepere dinge in die lewe bespreek!
In ander boodskappe aan 007 is die aand se epiese muurbalspel as JEUG vs OUDERDOM tipeer. Ouderdom (gesien sy gevorderde ouderdom) het hom baie goed van sy taak gekwyt en kan regtig trots wees op sy spel. Helaas het Ouderdom se wyn wat opgedrink is, biltong wat opgeëet is en ouderdom wat aksensueer is, net te veel geraak. Sowat 10 minute voor die einde van die spel het Jeug op ‘n tegniese punt verloor – retired injured. Ouderdom het naamlik vir Jeug in die gesig geslaan met sy raket en met wasige visie en pyn erger as geboorteskenk moes Jeug onttrek. Hoe moes ek nou weet Ouderdom is die tipe wat wrokke koester? Ouderdom het darem beweer dit was per ongeluk en verskoning gevra.
Nodeloos om te sê dat die 007 groep as sensitiewe volwasse verantwoordelike christen mans baie bekommerd was of Pieter se raket nie moontlik seer gekry het nie! Ek moet egter my dank betuig aan Alex die stigter en hoof stirrer van die 007 groep. Hy het die “his face rings a bell” storie vertel wat ek hier effens aangepas geplaas het.
Daar was darem troos vir my – op Jeugdag het ek saam met die gesin in Tygervallei rondgeloop. Die dames kyk oor die algemeen 2 keer na my en ek was beïndruk dat hulle my as jong man so aantreklik vind 🙂 Dit was nou totdat my tienerdogters my daarop gewys dat die 2de kyk ‘n geskokte staar is omdat ek ‘n blou oog het 😦 Terloops in die vorige blog is daar ‘n foto van my sonder ‘n blou oog. Soos wat ek hier tik is my oog steeds blou. My dogters – vir foto doeleindes – het onderlaag opgesit om die blou oog weg te steek!
Hierdie lied van Ge Kortsen gaan oor ‘n kerk met 3 klokke in Santa Fe, wat op verskillende stadiums in my lewe lui. “Of jy arm is of ryk, voor die klok is jy gelyk”. Die klokke ken en verstaan nie die mens se hunkering na status en besit nie en roep my op om te ontvang (vergifnis?) en te vergewe voordat die klok die laaste keer lui, want dan is ek nie meer daarby.
- My face may or may not have rung a bell in society, but I need to face the last ringing of the bell knowing Christ and having experienced forgiveness. Actually it is also essential for my day to to day living to stop my ears ringing from sounds which are egotistical and contradictory to His grace.
Ai nou het ek sowaar jou hele vertelling gelees. Dit was nou werklik kleurvol en baie interessant. Ek moet verduidelik- aangesien ek n stadige leser is,skrik lang geskryfde stukke my gou af. Hierdie stuk van jou het wraggies my aandag gehou tot op einde. Baie mooi man, doet so voort.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Ineke hierdie is ‘n besonderse kompliment. Stadig lees is van mindere belang indien jy die eienaar van ‘n vinnige Toyota Vitz is!!
Dit is egter noodsaaklik om vinnig uit die pas van ‘n aankomende muurbalraket te kan beweeg – werk nog aan daai een!!
LikeLike
Ha ha, muurbal is ook bietjie te vinnig vir my. Ek kan mos nie stilstaan en wag vir n bal nie, moet hom mos jaag. Hoop die blou en seer het al bietjie gesak.
LikeLiked by 1 person
Ek het geskater van die lag en ek moet jou gelukwens met jou shiner wat jy so eerlik verdien het. Die volgende keer as iemand my “tannie” noem, gaan ek hom/haar ook uitdaag om muurbal te speel. Pragtige en passende lied van Gé Korsten.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die kompliment tannie 🙂 O gaats ek het vergeet wat jou man jou noem en dit wanneer jy in goeie bui is maar dit dit is intimederend!! Ek koes juis so stadig.
Nee Hester, ek dink sommiges is net nie gemaak vir die “tannie tag” nie en jy is so ‘n sommiges.
LikeLike
Pragtige foto,as mens verby die “shiner” kyk!Oulik geskryf.
LikeLike
Stem nie saam dat ons verby die shiner moet kyk nie – die shiner laat die storie shine! Maar ek vat eerder ‘n raket op my oog as ‘n perdeby!!
LikeLiked by 1 person
LOL!!!
LikeLike
In die oud en die baie jong word baie vergewe, ook die raket in die oog. Les aan myself, ek moet meer “tennis”speel.
LikeLike
Een siende dat Pieter baie oud is 🙂 het ek hom reeds vergewe. Dankie vir die inloer
LikeLike
Jis jy lyk mean met jou shiner hoor!
😆
Ek het nou so lekker gelag, die mense in die gang dink seker ek is nie lekker oor ek so by myself sit en lag nie!
LikeLike
Terloops ook bly ek lyk mean – ek het mos 2 tienerdogters 😉
LikeLiked by 1 person
Ja, dis altyd ‘n goeie ding om mean te lyk as jy dogters het!
LikeLike
Baie bly ek kon jou laat lag 😉 Partymaal is dit nodig om nie lekker te wees nie!
LikeLike
Het hierdie nou baie geniet…. jou blou-oog het vir ‘n lekker storie gesorg!!!
LikeLike
Of ek kan huil of ‘n storie maak en storie maak is die beter opsie!
LikeLike
Wow, lekker geloer. AI die Santa Fe bly darem n pragtige lied. My neef se verloofde is 2 maande voor hul troue oorlede, as ek reg onthou was sy maar 23 jaar oud, die dominee se begrafnis het oor hierdie lied en die klokke gegaan – geboorte, troue en dood. Dit sal my altyd bybly.
LikeLike
Ai tragies van die verloofde, ja dit is ‘n lied wat mens laat dink aan die belangrike dinge in die lewe. Bly jy loer lekker
LikeLike
Oh badly hit 😥
LikeLiked by 1 person
Indeed ended the game, but it turned into quite a funny blog 😉
LikeLiked by 1 person
Thats what a true blogger do 😀
LikeLiked by 1 person
Uitstekend. Ek skilder met n kwas en verf…… jy skilder met woorde en dis n kuns waarvoor ek groot waardering het !
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Anna-Marie vir jou bemoedigende woorde. Ek het ophou blog verlede jaar in November, maar sal hopelik weer die sleutelbord opneem
LikeLike