Dit was bepaald ‘n gelaaide vraag. Ek het dit sommer net onmiddelik geweet. Die bedoeling van die vraag was nie om iets oor Jan se meisie uit te vind nie; die bedoeling was om iets oor Abrie se karakter uit te vind. Dit is een van daardie vrae wat jy nie sommer as oorwinnaar uit die kryt – of in hierdie geval Boet Erasmus rugby stadion – kan tree nie.
Die vraag oor Jan se meisie was dan ook die eerste opmerking wat die persoon direk teenoor my gemaak het en dit boonop in die vorm van ‘n vraag. So wat gee dié persoon die reg om die vraag te vra en waarom sou ek my daaraan steur? Wel dit was my meisie se pa, dus was ek verplig om te antwoord.

Boet Erusmaus stadion is sy hey days. Juis die rugby en my antwoord op die VRAAG kon dit in ‘n Romeinse arena verander waar ek vir die leeus gevoer word. Alle fotos vanaf internet
1989. My meisie se ouers is entoesiastiese OP rugby ondersteuners en seisoenkaartjie houers. Haar pa is ‘n bankbestuurder in Kirkwood in die Oos-Kaap. Solank as wat Aletta kan onthou kom hulle rugby kyk in P.E. wanneer Oostelike Provinsie speel. Haar pa besit ‘n woonstel sowat ‘n kilometer vanaf die stadion. Na die rugby stap hulle dan woonstel toe en bly die aand oor. Dit het net so uitgewerk dat beide my en Aletta en haar broer Jan en sy meisie se verhoudings min of meer dieselfde tyd ontwikkel het tydens die rugbyseisoen. Aangesien die ouers PE toe kom vir die rugby het dit sin gemaak dat ons saam met hulle gaan rugby kyk; ‘n lekker neutrale nie bedreigende aktiwiteit vir ‘n eerste ontmoeting…
Wat wou, ek was ‘n stoere entoesiastiese Vrystaat ondersteuner (in Bloemfonein gebore) wat nie gedemp sou hande klap as Andre Joubert om Domkrag (Frans Erasmus) hardloop om ‘n drie te gaan druk nie. NEE, ek gaan my span ondersteun! Jan ‘n derde jaar was ouer as sy suster . Ek het nie baie met Jan of sy meisie te doen gekry nie. Sy was egter ‘n aantreklik blondine met diep poele blou oë, waarin Jan sekerlik verdrink het! By die stadion word ek verras toe sy aankondig dat sy ook ‘n Vrystaat ondersteuner is. Sy het egter bitter min van rugby af geweet en het ‘n hele paar blonde opmerkings gemaak. Nie ‘n rugby intellektueel nie. Na genoemde opmerkings verduidellik Jan rustig aan haar wat gebeur terwyl ek tussen-in opvlieg en my span luidkeels toejuig.
Blou poele se verassings was nog nie verby nie en na rustyd verras sy weer deur aan te kondig dat sy nou ‘n OP ondersteuner is. Ek daarenteen het my span vuriger ondersteun. Vrystaat het wel gewen en ek was baie bly, maar in die konteks kon ek nie waag om te gloat nie. Jan en sy meisie is na die wedstryd iewers heen, maar ek en Aletta het saam met haar ma en pa woonstel toe gestap om daar te gaan koffie drink. En so in die stap vra die oom vir my wat ek van Jan se meisie dink…?
Ek kon seker iets gesê dat sy baie mooi is maar dit is gevaarlik of ek kon ‘n grappie gemaak het oor haar rugbykennis. Ek verklaar egter toe baie ernstig: sy is ‘n oulike meisie oom, maar dit is net jammer sy het nie beginsels nie… Die oom het my met ‘n frons aangekyk, maar die tannie wat voor my geloop het, het omgeswaai en my ‘n vuil kyk gegee. Wat sê ek van haar seun se meisie; wat sê ek met ander woorde van haar seun? Wat doen ek by haar dogter!?
Na ‘n pouse vir dramatiese effek voltooi ek my sin lighartig: …want as jy in die begin van die wedstryd ‘n Vrystaat ondersteuner is en in die middel nie meer nie, kan jy nie beginsels hê nie! En toe lag die oom en net daar click ons. Dit is egter wel so dat dat ek en Aletta se pa op die ou end beter oor die weg gekom het as ek en sy dogter! Die universiteitsromanse sou nie ‘n huwelik word nie. Al het my Engelse kamermaat gesê: she sends her love in Aletta.
Boet Erasmus se verhouding met die rugbyspelers en ondersteuners sou ook nie vir ewig wees nie:

dakloos – haweloos
http://www.rugby365.com/article/60810-crumbling-history. Boet Erasmus Stadium in PE was officially closed in July 2010 and now lies empty and disregarded. Sadly, since its close the Boet Erasmus has seen a steady decline into dilapidation. Something that should stir up some emotion for those long and loyal supporters from the area.
🙂
Ja ou Boet kon sekerlik nie kompeteer nie, maar daar is tog ‘n sekere sjarme(?) in ou vervalle plekke met geskiedenis wat die nuwes net nie het nie.
LikeLike
Ek stem heeltemal met jou saam. Sjarme het juis te doem met die positiewe beleef van iets wat “judge the book by iets cover” nie as positief beleef sou word nie. Ook van toepassing op mense
LikeLiked by 1 person
Ja nee kyk, ek weet nou niks van rugby af nie (maak dit my beginselloos?), maar ek verstaan die beginsel van “hou by jou beginsel”. Aan die ander kant, dis elke vrou se voorreg om van gedagte te verander, dikwels en vir geen rede wat mans sal verstaan nie.
LikeLike
Hester jou beginsellose wese! Maar ook wyse wese. Iemand wat nie iets van ‘n aktiwiteit weet nie moet gemaklik genoeg in hulle vel wees om dit te erken. Die beginsel hier was dat ek humor kon gebruik om uit ongemaklike situasie te kom en hulle het besef ek bedoel nie iets slegs van blou oe nie(kan nie haar naam onthou nie). Ja ek verstaan nie!
LikeLike
Die ou stadoins was van kant tot wal vol en die nuwes maar net so effe effe mense te sien is… maar dan maak die rugby ook nie meer my hart warm nie
LikeLike
My hart klop ook nie meer so warm vir die rugby soos destyds nie maar geniet darem nog Springbokke.
LikeLiked by 1 person
Onthou,as ‘n meisie verlief is,stel sy belang in al die kêrel se aktiwiteite,al weet sy nie eers wat daar aangaan nie…😜😄
LikeLike
Kan ek ‘n blonde vraag vra – blondkleurige vrae het nog nooit van geslag, haarkleur of inderdaad die teenwoordigheid van hare … afgehang nie. Is daar ‘n lys iewers te kry met die emoticons. Op whatsapp gebruik ek ‘n reeks maar hier ken ek 🙂 en ;( en kom ek probeer nog ‘n paar 😉 ;( ;0 :] :{
LikeLike
Aie tog 2 werk ;(
LikeLike
Kannie rugby praat nie – die Saterdaemiddae waar ‘n wydstryd kliphard oor die radio uitgesaai is, en dit lyk asof my pa in die radio wil klim – het my vir ewig daarvan genees. As ek dit nie mis het nie was dit Gerhard Viviers se stem. Het jou blog rugby en al geniet!!!
LikeLike
Ai… Boet Erasmus… nou bring jy vele herhinderinge terug! Ek is van 1981 tot ons land uit is in PE! Twintig jaar lank! Rugbie, gekyk daar… maar was nooit OP nie! WP gebore… WP vir altyd! Rugbie WP, krieket OP… Kepler se skuld!! 😉
LikeLike
Ja dit was ‘n ander era! Ek was Vrystaat rugby maar Transvaal (daar skool gegaan) krieket – Greame Pollock; Clive Rice se skuld!
LikeLiked by 1 person
Ek was GP man toe hy nog vir OP gespeel get!! Die eerste keer vat ek hom sien speel het was as ‘n skool klong by Nuweland! Toe daar nog eike was!! 😉
LikeLike
🙂
LikeLike