Gaan pappa nou raas?

Ek is op die oomblik op verlof, ‘n paar dae by die Baths naby Citrusdal, en het besluit om tyd aan gesin te spandeer en blog nie hierdie week nie. So wat is dié dan: a figment of your imagination? Toemaar moenie bekommer wees nie, jy het nie neurologiese probleme nie. As jy hierdie lees het die eksperiment geslaag om die publikasie datum suksesvol te skeduleer vir Dindsdagaand om 8 uur. Dit is egter ‘n korter blog as gewoonlik want ek moet kar pak en dinge by die werk afhandel ensovoorts.

DSC_0110
Hierdie rasende oomblik word verewig met kamera op driepoot

Ek het ‘n do it yourself (DIY) streep in my. Dit is vir my ‘n stress release om te kap, te krap en te saag. Soos ‘n beeldhouer sien jy wat jy uitgerig het. Dit wat mens by die werk uitrig is dikwels abstrak – jy kan dit nie vashou of ‘n foto daarvan neem nie (alhoewel jy partymaal ‘n paar mense met ‘n grinder sal wil bykom(en as jy so sou voel weet jy dit is tyd om ‘n stuk metaal met ‘n grinder by te kom)!

Toe die kinders klein was het die geraas van die power tools hulle bang gemaak. Ek het dus gou aangeleer as ek daarmee wou werk om vir hulle te sê pappa gaan nou raas, sodat hulle iewers anders kan gaan speel. Maar met laerskool ouderdom wat bereik is het die bangheid afgeneem maar dit is natuurlik steeds nie goed vir hul ore nie.

Een Saterdagoggend werskaf ek in die garage. Elrike toe 8 jaar oud vra vir of my ek nou gaan raas en ek lig haar in ek gaan oor so 10 minute begin raas, bedoelende dat ek dan gaan boor of saag. Oor 10 minute is sy terug en vra of ek nou gaan raas. Ja my kind ek gaan nou raas en haar reaksie het my heeltemal verstom: hoekom wat het ek verkeerd gedoen? 🙂

Dit was vir my absoluut merkwaardig dat ‘n kind van haar ouderdom die vermoë het om nie net alleen so ‘n woordspeling te gebruik nie, but to also set me up deur dit op so ‘n manier te vra. My glimlag het in haar wakker oë weerkaats.

Advertisements

10 thoughts on “Gaan pappa nou raas?

  1. Dit is hoekom ek bakstene op kinders se koppe wil sit sodat hulle klein kan bly. Die meeste wat ek in my lewe gelag het was toe die kinders (en daar is baie van hulle) klein was, en die sêgoed waarmee hulle uitgekom het.

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s