‘n Tol ‘n Bad en ‘n borrel.

“U moet baie versigtig wees met die gemmerbier, moet dit nie skud nie en draai die prop versigtig oop”.  Sy verduidelik dit soos vir kinders wat nog nooit met gemmerbier of gaskoeldrank te doen gekry het nie. Ek lig haar vriendelik (dog ferm) in, dat ek eers met ‘n mes aan die onderkant sal tik voordat dit oopgemaak word, sodat die gas wat die vloeistof andersins boontoe sou forseer by die prop lê en dus skadeloos ontsnap wanneer die prop oopgedraai word (probeer dit gerus – dit werk; vertel Abrie die lesers asof hulle kinders is…).

Op pad na The Baths, ‘n warmbron buite Citrusdal, wat in ‘n pragtige vallei geleë is, het ons by De Tol Plaasstal gestop om daar rond te snuffel en iets te eet. My vrou se termostaat het reeds baie jare terug by ‘n baie lae temperatuur vasgehaak met die gevolg dat sy chronies koud kry. Die mediese wetenskap is nog nie gevorderd genoeg om die termostaat hoër te stel nie. Sy pyl dus na die enigste tafel in die son, maar dit word onderskep deur ander mense met minder obstruksies in hulle pad. Die tafel op die stoep is egter ‘n lekker kuierplek al is dit in die afwesigheid van direkte sonskyn en al voel dit soos ‘n lesinglokaal…

Skielik hoor ek ‘n gedempte geluid van iemand wat skrik aan my linkerkant. En toe my oë, my ore volg begin my mond en diafragma onwillekeurig te lag. Goeie maniere leer dat mens nie vir iemand lag terwyl die iemand kan hoor dat jy vir hulle lag nie (eintlik leer ordentlikheid dat jy glad nie vir iemand lag nie…). En juis dit maak dit nog snaakser – die wete dat ek nie moet lag nie.

Ek het selfs teruggedink aan my laerskooldae toe dit ontoelaatbaar was om in ‘n kerkgebou te lag (en wat dit daarom nog snaakser maak het). Terloops dit was natuurlik totaal onsinnig – die gedagte dat ‘n kind van die Here stuurs en nors die nou pad loop. Die Bybel is vol vreugde en blydskap en spoor ons ook aan tot vreugde. Hierdie vreugde is natuurlik veel meer as bloot  ‘n glimlag op die gesig. Dit roep ons ook op tot eerlikheid om nie voor te gee as ons nie blydskap beleef nie. As ons down is mag ons down wees.  Ek glo egter dat ook jou humorsin in lyn met jou waardes moet wees en daarom vertel ek of lag ek nie vir enige grappe nie.

Maar ek wyk al weer af. Oomblikke tevore was hierdie sambreel toegevou soos ‘n reuse hoed tot by hul middellywe. Dit is die plek waar Susan wou sit en as sy suksevol was in haar pelgrimstog na ‘n sonnige tafel, sou ek en sy die sonhoed gedra het 🙂

sonhoed
Kon nie anders nie, moes dit met my selfoon afneem!

Minute daarna hoor ek ongedempte gille in stereo vlak voor my. My dogter Elrike het ingedagte met die botteltjie tuisgemaakte gemmerbier gespeel en die prop effens oopgedraai en dit spuit!! Gelukkig het sy dit weer onmiddelik toegedraai maar sy en haar suster se skrik eggo in hul gille. Dit was die Jouberts se beurt om die aandag op hulle gevestig te hê (vir die eerste keer in ons lewe uit die aard van die saak…) en die mense om die sonhoedtafel (onder andere) kon nie help om te lag nie. Ai weet dié mense dan nie jy lag nie vir jou medemens nie. Ek het vir hulle gesê die ewewig is herstel en dit gaan nie help om vanoggend stiff upper lip te wees nie, waarop sonhoeddraer bevestig het dat so ‘n persoon se gesig vandag sal kraak.

Kort daarna stap ‘n gesin  met hulle take away koffie verby ons oppad na hul kar. My vrou wat in daardie rigting kyk sê met ‘n dringenheid in haar stem: kyk daar. Die 5 groepies mense wat buite die De Tol sit en hul koffie uit keramiek drink, kyk daar. Die take away-ers, is reeds almal in hul kar maar daar rus ‘n karton koppie bo-op die kar. Dit is asof ons almal versteen sit en toe die eerste persoon reageer is die motor reeds op die N7. ‘n Harley ryer spring op hardloop na die kar al roepende maar helaas kon hy nie die bestuurder se aandag trek en die parmantige koppie was steeds op die motor toe dit oor die horison verdwyn. Nodeloos om te sê, teen die die tyd sou stiff upper lip se gesig heeltemal gebreek het. Toe Harley-ryer later klaar geëet op pad na sy motorfiets verby ons tafel stap het ek hom daaraan herinner om nie sy koppie op sy helmet te vergeet nie…

Ons gesin gaan min of meer elke 2 jaar na The Baths. In 2014 en nou (verlede week) het elke oggend vroeg gaan fietsry, sommige oggende met die kamera in my rugsak en plaas daarom ‘n paar fotos. Die res van gesin geniet die warm water (meer as ek) en ons almal geniet die saamkuier, braai en rondlê (o.a. in my hangmat al lesende).

 Hierdie voëltjie het en ek uit die hangmant afgeneem (dis mos nou vakansie!)DSCN7846Ek moet darem kan wys dat ons in die citruswêred vakansie gehou het – afgeneem toe ek gaan fiersry het (laat dit asb. ons geheim bly dat ek verplig gevoel het om smaak toetse op ‘n lemoen of 2 te doen)DSCN8118

En om by oranje tema te bly – die grys bome kontrasteer die herfskleurpragDSCN7866

Die veldbrande  gee die basgestroopte tak ‘n oranje vuurgloed
DSCN7978

Hier lyk dit of ‘n verveelde laerskoolkind diamante op die boom uitgekerf het en in die middel van elke diamant is ‘n oranje gekleure “sny”. Dis die bas van die grys bome hierbo.DSCN8174

Die eerste oggend het ek hier gestop met my fiets maar sonder my kamera en dit die 2de oggend saamgevat in die hoop dat die sonopkoms vir kontrasdoeleindes ‘n oranje gloed sou hê. It was not to be, maar wel besluit om paar fotos te neem.

DSCN7942

DSCN8001

DSCN7982

DSCN8145

Die kloof waarin The Baths geleë is. Die huisie waarin ons gebly het met die rooi dak is tussen die groen en grys bome,

Advertisements

22 thoughts on “‘n Tol ‘n Bad en ‘n borrel.

  1. Sjoe dis ‘n pragtige plek,Abrie!Jou foto’s is so mooi.Ek hou veral van die boombas met die diamantvormpies.
    Jou storie laat my dink toe ons so twee jaar terug met ons hondjies Namibië toe gekom het.Ons stop altyd in Botswana onder dieselfde boom vir ontbyt.Om by die kos uit te kom haal manlief hul ronde bedjies uit en sit dit op die kar se dak.Die res is geskiedenis…iemand in Botswana het heerlike kombersies en dierekooie geërf!

    Like

  2. As Dina die diva van fotografie sê jou foto’s is mooi sit jy regop en loop breëbors rond al sit jy nog!
    Die schumachers ag ek bedoel schnauzers was seker nie baie beindruk nie (en ook nie Dina nie).

    Like

  3. Nice foto’s!

    So van lemoene gepraat – ek werk by ‘n plek wat sitrus verwerk, en ons een massakas kan 600 ton citrus berg, weet jy hoe baie lemoene / suurlemoene / naartjies dit is?! Een van die voordele is dat ons elke week ‘n SAK lemoene of naartjies kry as dit seisoen is!

    Ons het in Junie die eerste keer in ‘n LANG tyd pomelo’s gekry, ek sal vir jou bietjie foto’s kom wys. Dis die grootste goed wat ek in my lewe gesien het.

    Liked by 1 person

    1. Jy laat my nou weer terugdink aan my laerskooldae toe ons op my oom se plaas naby Harrismith gekuier het. My tannie het ‘n baie lang ontbyttafel gehad (of miskien ‘n geval van “when i was small and Christmas trees were tall” ). In elk geval op die baie lang tafel het ons baie groot deurgesnyde pomelos geeet met die lepels wat spesifiek daarvoor ontwerp is. Nie so iets by ons huis geken nie. ‘n Pomelo op voorwaarde dat jy nie die vliese/membrane eet nie is lekker!

      Liked by 1 person

        1. 🙂 my tannie was op ‘n stadium voorsitter van die Vrystaatse vroue landbou vereniging – ‘n raakvatter wat dinge behoorlik gedoen het. As die pomelos (lepel en al) klaar geeet was het sy ‘n klokkie gelui en die huishulpe het dit weggeneem en die volgende item op die “spyskaart” gebring. Maar uitgedrukte (lemoensap) was deel daarvan – vir my as laerskoolkind het dit gevoel soos hotel.

          Like

          1. Dit was darem ‘n ander leefstyl nè? Ons lewe is deesdae so informeel en huishulpe het ek agtergelaat in my verlede. Ons eet gewoonlik op die balkon of voor die tv op skinkborde. Ons “onthaal” net ons gesin in die huis – ander gaste ontmoet ons in die restaurant wat gelukkig net so ‘n klipgooi ver is, maak nie saak waar op die Suidkus jy jou bevind nie. Ek het nie meer lus vir kook, skottelgoed was en sulke nare dinge nie.

            Like

  4. Die fotos is pragtig…. baie goed vir ‘n amateur 😉 (as die mannetjie nie reg uitkom nie…. hy knik oog) Dankie jou storie geniet, en hou van die manier waarop jy dit stel dat grappe waarna jy luister, perke het.

    Liked by 1 person

  5. Het al hierdie blog gelees, geniet en kommentaar op gelewer. Maar so in my “rondblaaiery” op die blogs kom ek weer hierop af. Laat my dink hoe lekker ons verlede week in ons selgroep gelag het vir ‘n nuwe bekeerling. Hy vertel hy koop ‘n botteltjie gemmerbier, laat dit val… gelukkig breek dit nie.. By die huis aangekom trek hy mooi aan vir ‘n afspraak maar onthou van die gemmerbier en besluit om dit gou te drink. Met die oopmaakslag spuit dit soos ‘n fonteintjie in die lug en daar staan hy en drup van die gemmerbier. Met skok op sy gesig vertel hy ons toe dat hy ‘n woord gesê het wat hy gedog het sal nooit weer oor sy lippe kom nie omdat hy nou kind van God is.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s