“Net Ek” bou ‘n biblioteek en inspireer die moeder van alle kommentare

Literary selfie

“Net Ek” het die bloggers gevra om ‘n lysie met 10 boeke te maak en ek haal haar aan:

 “En dit het my laat wonder – wat is julle idée van ‘n boek of boeke wat mens net MOET hê op jou rak?

Ek het ‘n lysie gemaak met ‘n kort kommentaar oor elke boek/skrywer en  toe besef as ek die kommentaartjies maal 10 as ‘n enkele kommentaar gaan plaas, dit die Moeder van alle kommentare gaan wees en dit word toe my volgende blog-inskrywing.

Abrie hou van humor en daarom word my boekkeuse beïnvloed deur humoristiese biografiese vertellings.  ‘n Mens se ingesteldheid sal dikwels bepaal of mens die humor of positiewe ook in negatiewe situasies kan inlees en oopbreek. My blog is beïnvloed deur die boeke wat ek gelees het t.o.v. struktuur en styl, maar gaan oor my eie biografiese belewenisse – dink Abrie hardop.

Bykans enige boek van James Herriot (a country vetenarian in 1940 – 60) bv. Let sleeping vets lie. Aanbeveel vir enigiemand met liefde vir diere en hulle eienaardige eienaars. In daardie jare het ‘n veearts uitgegaan na die siek dier selfs al was dit ‘n hond of ‘n kat. Een van die eienaars het hom herhaaldelik in sy dronkenskap gebel na 12 in die nag en elke keer gee James vir die hond (wat niks makeer) vitamienpille en dan glo die eienaar hy het die hond se lewe gered. Een aand weier hy om uit te kom en ‘n paar uur daarna skrik hy wakker en gebaseer op die telefoniese beskrywing besef James die hond is besig om dood te gaan. Hy het net betyds daar aangekom en ‘n inspuiting toegedien wat die hond binne minute laat herstel het. Dié aand vra die eienaar vreeslik verskoning en erken vir die eerste keer dat daar niks fout was met die hond nie…

Enige boek van PH Nortje bv Nuut onder die Son. Ek lees nou-nog sketse van Herriot en PH aan my gesin voor en my oudste dogter is al 16. Terloops dankie – hierdie herinner my aan iemand met wie ek by my werk te doen gekry het en verwar is met PH Nortje (en PH skryf hieroor). Toe ek hom sien het ek gewonder of dit PH se “vriend” was en dit was. Gaan meer daaroor vertel (en die Jouberts se manewales terwyl ek die sketse lees) in blogpost wat volg…

Bykans enige boek van CJ Langenhoven bv Sonde met die Bure maar die outobiografiese U dienswillge dienaar het ek ook baie geniet (waarin die dienswillge diens van die dienaar partymaal heel sarkasties aangewend word). Die professore op Stellenbosch het op ‘n stadium ‘n probleem gehad met hoe sagmoedige Neelsie spel. In die 2de uitgawe van ‘n sekere boek skryf Neelsie in die voorwoord dat hy besluit het om sy spelling te verander, nie omdat die professore so sê nie maar omdat Vroutjie gesê het hy moet die  spelling verander… Hy en die professore het seker vrede gemaak want Stellenbosch het in 1930 ‘n eredoktersgraad aan hom tegeken.

Bykans enige boek deur Michael Palin van Monty Python-faam maar spesifiek ook Around the world in 80 days. Nee, nie Jules Verne se weergawe nie maar om die 2de boek te waardeer moet mens Jules se eighty days gelees het. Dit gaan oor ‘n boek wat Michael geskryf het oor sy ervarings tydens die maak van die televisie reeks toe hulle met soortgelyke vaar -en voertuie as Phineas Fogg om die wêreld gereis het. ‘n Reis-en  mensverhaal gekleur met fyn waarneming en humor en nee hy probeer nie onnodig snaaks wees nie (nie Monty Python nie).  Daarna het Palin nog verskeie sulke reisverhale geskryf.

Bykans enige boek van Gerald Durell maar veral My family and other animals. Daarin beskryf hy sy kinderjare op die Griekese eiland Corfu in die 1930’s, wat interessant gemaak word deur sy eksentrieke gesin en al die diere waarvoor hy ‘n passie gehad het. Met die trek soontoe het sy ma ‘n villa gesoek met ‘n badkamer. Die eiendomsagente kon nie verstaan hoekom nie want al die villas op die eiland is dan loopafstand vanaf die see…

Verskeie boeke deur die meesterstorieverteller Jeffrey Archer, o.a. False Impression wat in die kunswêreld afspeel en verweef word met die gebeure van 9/11 en in hierdie verhaal  ‘n vrou as die sentrale figuur het. Archer se genre is fiksie wat hy baie goed doen.  Maar soos Herman Charles Bosman was ook Archer in die tronk (vir ander redes) en soos Bosman wat oor sy tronkervaring geskryf het het Archer ook 3 tronk-memoirs. Hiervan het ek egter slegs uittreksels gelees.

The unlikely pilgrimage of Harold Fry deur Rachel Joyce.  ‘n Fiksie verhaal van ‘n man wat ‘n kaartjie vir iemand gaan pos wat aan kanker lei, maar dan besluit om aan te hou stap in die hoop dat dit die persoon aan die lewe sal hou. ‘n Boek wat ‘n klomp temas aanspreek – ‘n emosionele reis.  Hierdie is mees onlangse boek wat ek voltooi het en dra by tot waarom dit die lys haal maar is nietemin goeie boek.

Die ongetemde hart (Wild at heart) John Eldridge wat een van my vriende saam met wie ek stap vir my gegee het. Dit is ‘n puik boek, gemik op mans (discovering the soul of a man) is die Engelse byskrif. Die boek maak ruim gebruik van film analogieë en krap aan waarom mans soms optree soos hulle optree. Ook uitstekende boek vir ‘n vrou om mans beter te verstaan. Terloops ek is gekant teen veralgemening, maar daar is bepaald verskille tussen mans en vrouens wat nie tot die fisieke beperk is nie.

Librarian hell

Grace Awakening deur Chuck Swindoll. Ek haal aan uit ‘n beskrywing van die boek: The Grace Awakening calls all Christians to wake up and reject living in such legalistic, performance-oriented bondage. The God of the universe has given us an amazing, revolutionary gift of grace and freedom. In this best-selling classic, Charles Swindoll urges you not to miss living a grace-filled life. Freedom and joy  – not lists and demands and duties –  await all who believe in the Lord Jesus Christ.

En dan die biblioteek self want dit is immers wat Bybel beteken deur the God of the universe.

Hierdie lied sê iets van die Biblioteek en Bibliotekaris beter as wat ek dit kan sê:

 

Advertisements

26 thoughts on ““Net Ek” bou ‘n biblioteek en inspireer die moeder van alle kommentare

  1. Wow, jou boekrak klink werklik interessant! (ek voel dom want ek het van die meeste boeke nog nie eens gehoor nie, wat nog te sê gelees nie!)

    Dankie!

    Twee boeke wat vir my uitstaan is “Die Ongetemde Hart” en “The Unlikely Pilgrimage of Harold Fry” – gaan beslis kyk vir dit!

    Like

    1. Dankie. Ek kan jou verseker as dit kom by literatuur voel ek dom as ek myself met jou sou wou vergelyk. Ek waardeer digkuns maar het nie ‘n passie daarvoor soos wat jy het nie. Maar ek dink jou biblioteek bouery en die hele blog belewenis is juis om mekaar bloot te stel aan ander se passies al gaan mens nie noodwendig so passievol daaroor wees soos die ander een nie – dit gaan byvoorbeeld sukkel om jou in ‘n grot te kry 🙂

      Liked by 1 person

      1. Hehehehe, dit gaan BESLIS ‘n gesukkel wees, julle sal my moet drug of uitslaan!

        Ja dis rerig die lekker van blog, mens leer soveel nuwe goed. En die biblioteek bouery is lekker, ek is ALTYD nuuskierig oor wat op mense se boekrakke aangaan!

        Liked by 1 person

  2. Bosman se Groot Marico stories. Skielik verlang ek na Oom Schalk – hom laas op skool gelees, maar darem weer raakgeloop op tv. Was dit Patrick Mynhardt wat sommige van die stories verwerk het vir tv? Vreeslik geniet.

    Liked by 1 person

    1. Dankie terloops wou jou al gese het as ek op jou gravatar klik wanneer jy kommentaar lewer kry ek boodskap “ekmyselff’s server DNS address could not be found” maar ek sien jou wel jou posts in die Reader

      Like

  3. Ek dink dit is onregverdig (en dalk selfs onmoontlik) om gunstelinge te kies uit musiek, kuns en literatuur. Die beste waarvoor ‘n mens kan hoop is om “gunstelinge op hierdie oomblik” te kan opnoem. Dankie, ek het hier by jou een of twee titels gesien wat ek van nader wil gaan beskou. Dalk is een van hulle volgende week/maand.jaar een van my “op hierdie oomblik gunstelinge”

    Liked by 1 person

    1. Ja ‘n ou korrelkop soos jy sal dit sê 😉
      Ek stem egter saam en Net Ek sê dit ook in haar oorspronklike post.
      Ek sal egter ook verskillende lysies kan maak soos byvoorbeeld top 10 spioenasie (hou van Frederick Forsyth en Robert Ludlum, top 10 Afrikaanse boeke, Top 10 Reisverhale, top 10 natuurboeke (verskeie nie fiksie gelees o.a. oor Tafelberg al gelees) ens.
      My musiek top 10 lys is sekerlik die mees vloeibaar, maar 2 skrywers se boeke sal altyd deel van my top 10 boeke bly naamlik PH Nortje en James Herriot bloot omdat dit ook in my gesin voortleef met my kinders se vraag “waneer lees ons weer PH Nortje storie”.
      Dankie dat jy hier kom korrelkop het.

      Like

  4. Ek val uit die bus uit met Afrikaanse skrywers. Het baie van Dalene Matthee se bosboeke gehou. Verder lees ek Engels…. en verkies die ou Classics. As ek lekker wil glimlag lees ek Mark Twain se reisverhale… lief sy “satire” skryfkuns. Dan vanaf Tolstoy tot wie weet watter ou skrywer se boeke geniet ek gate uit. Dit is nie maklike lees nie, maar dit het soveel vleis aan.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s