Ou bees jy is obese…

Jammer vir die wat dalk nou déjà vu beleef, want die storie oor don’t quit kom uit ‘n vorige inskrywing (Van mammogramme tot kilogramme) maar is ‘n goeie inleiding vir vandag se verhaal.

Waar ek werk is daar jaarliks n “wellness week” waarin mens bombardeer word met gesondheidsinligting. Hierdie boodskap wat in die badkamer teen die spieël geplak is, het my inspireer om onderstaande foto en bewoording vir die maatskappy te e-pos. Op die spieël staan: eat well, exercise well, socialise well, manage well, think well en natuurlik die oorhoofse boodskap DON’T QUIT om hierdie goeie goed te doen.

Don't quit

  • I have noticed the message DON’T QUIT has been placed in front of the toilets (on level 2 male bathroom anyway).  I am sure those suffering of constipation finds this message inspirational!!
  • However as it is wellness week I suggest you do not place this message in the smoking areas…

Terug by nou – dit was tydens een van hierdie weke,  8 jaar gelede dat onder andere die Body mass index (BMI) toets 0p my gedoen is. Die suster wat dit gedoen het vir my gesê dat ek volgens die toets grens aan “obese”, meting van 29 – obese is 30. Ek het haar eers verbaas aangekyk en toe sarkasties begin lag. Terug tussen die mense in my span het ek vir hulle vertel hoe ridiculous dit is. Iemand wat byboorbeeld ‘n liggaamsbouer is, sal foutiewelik as obese aangedui word want ‘n BMI meting is bloot die verhouding tussen jou massa en lengte (die gewig van die spiermassa sal die persoon obese maak), maar helaas was ek nie ‘n liggaamsbouer nie.  Ek het teenoor myself erken dat ek effens oorgewig is, maar grens aan obsese – snert. In my kop was oorgewig okay, obese nie, maar dan, ek was nie naby aan obese nie, my beenstruktuur en die spiere wat el wel het word nie in ag geneem nie! Basta – amen

In die begin van Januarie elke jaar stap ek die Victoriapiek roete (oorspronklik saam met Johan Hough gestap). Dit begin in Jonkershoek buite Stellenbosch, 300m bo seevlak en eindig by Victoriapiek 1 600m bo seevlak en is dus ‘n styl klim, 21 km lank en neem die hele dag om te stap. Dit is natuurlik pragtig maar daaroor sal ek ‘n ander keer skryf met fotos.  Ek is tradisioneel die stapleier, maar Danie het dit al voorheen saam met my gestap. Die oggend was my stapmaats Danie en André. Na sowat 30 minute se poging om by hulle te bly, het ek besef dit is ‘n verlore stryd.

Cathedral peak Jonkershoek Stellenbosch
‘n Voorskou van die toekomstge griffel oor Victoriapiek. Hier is ons omtrent halfpad en 1000m bo seespieël. In die agtergrond is die gotiese vroms van Cathedral peak. Victoriapiek is hoër as Cathedral peak. Danie tuur af in die Jonkershoekvallei.

Ek het vir Danie gevra om André wat dit nog nie op die piek was nie daar uit te vat en toe hulle protesteer aangedring dat hulle 2 aanstap. Ek het omgedraai, rustig terug gestap en The strange case of Dr Jeckyll and Mr Hyde (wat toevalig in die kar was) onder ‘n boom gaan lees. Was dit dalk die obese en geweldadige Mr Hyde wat op die skaal geklim het terwyl die slanke Dr Jeckyll (Abrie) eintlik die regte Abrie is? Maar so sal ek my gewig nie kan “Hyde” nie. In die storie is Jeckyll oorgewig en Hyde kleiner. Het ek met die lees van die boek besef dat ‘n metamorfose – ‘n kleiner Abrie – nodig is? Dit is egter nie die boek se inhoud nie maar die feit dat ek besig was om die boek te lees wat my laat besef het ek was te onfiks en te oorgewig om te doen waarvoor ek lief is. Ek het steeds nie gedink ek is naby obese nie maar besef ek is te onfiks vir my lewenstyl.

Ek het egter wel ‘n paar sommetjies gemaak en het besef dat ek sedert matriek ‘n kilogram per jaar opgetel het! Wat sou gebeur as hierdie tendens voortduur. Dan sou ek wel binne ‘n paar jaar nie kon probeer rasionaliseer oor my gewig nie – ek sou obese wees. Maar steeds het ek nie iets daaraan gedoen nie, weens ‘n gebrek aan voedsel selfdissipline is ek in elk geval useless met diëte.  Die feit dat ek nie die berg kon uit nie, het ook ‘n sielkundige impak op my gehad. Soveel so dat ek die volgende jaar in Januarie besluit het om dit alleen te stap – ek moes aan myself bewys dat ek dit nog kon doen!!  Dit word natuurlik nie aanbeveel dat mens so ‘n lang stap alleen doen nie maar ek moes bewys ek kon en indien ek nie kon nie wou ek myself embarresment spaar deur nie tussen vriende te wees nie. Ek het hierdie foto van myself bo-op Victoria piek geneem, met die selfoon op self timer:

obsese ou bees
Uit die aard van die saak ‘n slanke Abrie…

 ‘n Paar weke later het die laerskool begin met atletiek oefeninge (‘n tipe boot camp) vir die kinders en die ouers is genooi om saam te oefen. Daar het ek ander pa’s beter leer ken en het nuwe vriendskappe ontstaan (wat steeds hou).  Wickus het my genooi om muurbal saam met hom te speel. Die eerste muurbalwedstryd was na een van die boot camps en ek het amper flou geword van uitputting. Maar geleidelik met die toename in oefening het my gewig begin afneem. Dit het my inspireer om wel minder te eet deur ekstra lekkernye bo en behalwe my gewone kos (gewoonlik stukke hoender) uit te sny. Dié het ek gekoop wanneer ek melk en brood gaan koop het. In 2013 het die bergfietsry ook bygekom (maar die skool het nie meer geboot camp nie) en einde 2014 was ek 12 kg ligter as die foto hierbo. My gewigsverlies was primêr gekoppel aan oefening, nie banting of detoxing of ‘n eetplan nie – dit werk dalk vir ander.

DSC_0707
Voor een van die ou goudmyne in Knysna woude wat ek en my dogter gaan verken het, circa einde 2014

Nou goed ek erken ek trek my maag in – sal julle asb. so gaaf wees om weg te kyk, ek kan dit nie meer hou nie; moet nou asemhaal… Helaas is ek nou 3 kg swaarder as toe (maar darem steeds 9kg ligter as destyds) en dit is een van die redes vir hierdie griffel om my te inspireer om nie terug te keer na waar ek was nie. Mag dit ons almal inspireer!!

Advertisements

30 thoughts on “Ou bees jy is obese…

    1. Toortsie ons Ceo doen banting en het suikersiekte. Vir hom werk dit baie goed. Hy het meer gewig verloor as wat ek verloor het. Dus lewenstyl diëte soos banting het hulle plek persoonlik is ek net te lief vir slap chips. Sterkte met jou journey en boeke met banting

      Like

      1. My man eet steeds slaptjips saam met sy steak in ‘n restaurant. Hy bant saam met my maar geniet nog ‘n pakkie tjips of sjokolade en ek los hom uit. Ons koringboere en aartappelboere moet mos darem steeds ‘n bestaan maak. 🙂

        Liked by 1 person

  1. Jou vóór en ná is uiters inspirerend!Ek kry lekker lag vir jou ontkenning…is ons nie maar almal geneig om dit te doen nie?Ek glo ook nie in diëte nie,maar ‘n volhoubare lewenswyse,anders gaan gewig op en af.

    Liked by 1 person

  2. Fantasties!

    Ja dis ‘n ewige stryd. En ja, ek hou ook van tjippies en tjoklits!

    My werk het ‘n stapklub en al ons vrouens behoort daaraan. Dis nogal lekker. Ek trek egter nog net by die 5km 🙂

    Like

        1. Maar dis wat ek bedoel het 🍊😂 Destyds in die dae van my prille jeug (nie dat ek nou oud is nie uit die aard van die saak 😮 ) het ek drafskoene gaan koop en vir die assistent gesê ek wil 3km ‘n dag hardloop dit het op die ou end halfmarathons geword met die 3km skoene…

          Liked by 1 person

          1. Wow!

            Nee jong kyk, ek dink nie my alignment is gemaak om te draf nie, nie eers op skool het ek sport gedoen nie! (Dis hoekom ek maar ballet en perdry gedoen het), maar stap sal ek stap. Dis beter as niks doen!

            Liked by 2 people

          2. Hehehehehehe!

            Wel, as dit jou troos – ek het nie meer perde nie en ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n split gedoen het nie! Jy is darem nog fiks. #neteksakkopinskaamtemet’ndramatiesesugwatoorhaarlippeontsnap#

            Liked by 1 person

  3. Toe ons Amerika toe trek, het ek gesê ons moet tog oppas dat ons nie dik word hier in Dikland nie. Glo my, ooreet is hier ‘n groot gevaar. In die koswinkels is daar sulke elektriese karretjies wat mens kan gebruik as jou kragte jou verlaat het. Dis meestal die groot mense wat soos boerbrode so oor die karretjie uitrys, wat die karretjies inspan. Ek en die genoot-in-die-eg banting nou ook maar soos Toortsie ons so mooi leer. Dis my groot vrees dat ek eendag in een van daardie karretjies sal moet ry.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s