Truth Coffee met ‘n rokende Benediction en ‘n toringende Omelet

In Deluxe Coffeeworks. Dog’s Bollocks! het ek vertel van ‘n nie-konvensionele koffiekroeg in Kaapstad. Wel dit word nou ‘n instelling en ons verken die Kaapstad koffie roete (of skep ons eie een). Saterdag was dit Truth Coffee se beurt. Vanuit ‘n fotograaf se perspektief is Truth die beter opsie. Truth het ‘n 1940’s steam punk atmosfeer met heelwat metaal en bykomstighede en baie groter as Deluxe en dus aansienlik meer om te fotografeer. Ons fokus sal egter altyd die kuier bly, maar die bykomstighede soos koffie, kos en fotos is ‘n welkome bonus.

Truth Coffee Cape Town
“Steam Punk”  – baie metaal maar dit word funksioneel aangewend – nie jou gemiddelde koffiekroeg nie

Wickus en Pieter kon eers ‘n halfuur later by ons aansluit en teen daardie tyd het Jacques reeds die vraag aan my en Danie gestel wat hy nou vir Wickus vra naamlik waar hy gebore is. Ek onderbreek toe maar vir Jacques en lig Wickus in dat hierdie vraag nie oor hom gaan nie en vertel die staaltjie van die man wat op ‘n eerste “date” was saam met ‘n vrou. Nadat hy vir 30 minute aan haar vertel het wat hy al alles bereik het en hou oulik hy is onderbreek hy homself met die woorde: “ag jammer ek is ongeskik, hier praat ek heeltyd. Kom ons gee jou kans om te praat. Wat dink jy van my?”…

In elk geval, nadat Wickus geantwoord het, bring Jacques met ‘n ingeligte gebaar sy boek oor Suid-Afrikaanse plekname na vore en lê uit waarom die plek so genoem is. Ek sou erken dat dit ‘n baie oulike boek is en self nie  sou omgee om dit te besit nie. Ons het die storie agter die naam van verskeie plekke nageslaan en uit die aard van die saak ook metropole wat onlangs in die nuus was soos Schweizer Reneke

Dit was nie lank nie of die manne was honger en op Armie (ons kelnerin) se aanbeveling het 3 van hulle die omelet gekies. Hulle was egter verbaas toe die omelette arriveer en vir ‘n oomblik gewonder of dit die regte bestelling is, maar die smaak het die verbasing laat wyk en dit was ‘n verrassend anderste en heerlike omelet (sien beskrywing vanaf spyskaart onderaan die foto).

Truth Coffee Cape Town
HERBY STACK OMELETTE:  Two free-range farm eggs & fresh herbs served with mushrooms,Bayonne ham, caramelized onions, roast tomatoes and Gruyere cheese sauce

Ek en Danie daarenteen, wou ‘n vark met ‘n appel in die mond gehad het. Hulle kon nie heeltemal daaraan voldoen nie maar kon ons darem voorsien van ‘n gedeelte van die vark wat in appelhout gerook is:  THE BENEDICT’S UNDERBELLY; Slow braised pork belly, served with flash fried pak choi, poached hen’s eggs, tarragon infused hollandaise and pork crackling. Lightly smoked using apple wood smoke.

Truth Coffee Cape Town

Truth Coffee Cape Town

Ek kul jou hier, ek kul jou daar en siedaar. Armie verdwyn en toe sy weer verskyn is ook sy lig gerook en nie meer kosher nie. Maar die rokie trek steeds en is nog nie uitgebrand nie. In ‘n volgende griffel word gefokus op die koffie self en wys ek meer fotos van Truth. Geniet ondertussen jou koffie.

Truth Coffee Cape Town
Koffie met attitude

Maar die naweek het ook ander dinge gebeur. Nieteenstaande my passievolle vertellery van hoe ek by bergfietsry betrokke geraak het in ‘n Ferrari kan tot jou nadeel wees Magnum het ek die afgelope 2 maande nie fiets gery nie. In Ou bees jy is obese het ek juis vertel van hoe oefening die sleutel tot my gewigsverlies is.  Daarin het ek genoem dat ek weer 3kg opgetel het (wel dis nou al 4). Hierdie kilogramme het helaas op my maag gaan sit.

Danksy ons maatskappy kon ons die naweek gratis inskryf vir ‘n bergfietsresies en boonop ‘n gratis fietsryhemp en  T-hemp kry (‘n waarde van minstens R600).  Dit sou net onsinnig wees om nie in te skryf nie. Die opsies was:

  • ‘n 15km prettrap (benede my),
  • ‘n 65km met 1.8km se klim (het dit al gedoen toe ek fiks was maar dis woes)
  • en ‘n 35km wat tans die meer realistiese opsie vir my is en waarvoor ek  toe ingeskryf het.

‘n Boek (vra maar vir Net ek) moet baie om die lyf hê maar die leser daarvan hoef nie soos die boek te lyk nie… Wat my herinner aan die prentjie wat ek op Rondomtalie se Van alles en nog wat gesien het en my so ongemaklike déjà vu gevoel gegee het…

skinny-jeans

Net voor my vertrek na die wynplaas Meerendal lees ek raak dat die 35km ‘n totale klim van 1.2 km het. My moed begewe my want ek besef dat my beperkte muurbalspel-fiksheid onvoldoende is vir die opdraendes en neem ‘n nie-testosteroon gedrewe besluit om af te skaal na die benede my prettrap. Ek het binne die eerste 10% klaar gemaak maar tussen die 8-jariges en 80-jariges wat aan die prettrap deelneem is dit nou nie eintlik ‘n prestasie nie. PH Nortje het geskryf dat hy in sub B die boekprys vir akademiese prestasie gekry het. Hy het die ander persoon in die klas uitgestof! Wel ek het ‘n medalje gekry (presies dieselfde as wat die 65 km ryers gekry het) maar in my geval was dit ‘n boep-prys. Ek is egter nie bang nie, ek ry moes nou weer fiets!

Advertisements

20 thoughts on “Truth Coffee met ‘n rokende Benediction en ‘n toringende Omelet

  1. Uiteindelik jou inskrywing oor Truth! Ek het jou blad omtrent gestalk die week, het die hele tyd gedink ek het dit gemis!

    O YUM! Dit lyk fantasties lekker. Ek dink volgende keer as ek Kaap toe gaan gaan ek die wynroete ‘n mis gee en die koffieroete probeer (natuurlik moet jy al die plekke vir ons wys sodat ons weet waar om te gaan).

    Geluk met jou medalje!

    Liked by 1 person

    1. Ai hoekom herinner jy my aan die boepprys! Die medalje is regtig nie ‘n prys nie – as ek di 65km gery het ja. Wanneer ek oefen ry ek verder en ‘n moeiliker roete. Ja die koffie roete ding is baie lekker. Lekker om verskillende atmosfere te beleef en koffies te proe. Praat volgende week oor die koffie proe.

      Like

      1. 😆

        Toemaar, dis soos ek wat ‘n trofee gekry het om 5km te stap! Dis baie snaaks, want dink hulle dis so impressive dat iemand soos ek ‘n HELE 5 KM kan stap?! Nietemin, my trofee staan in my boekkamer op my lessenaar! Met trots. My heel eerste trofee wat ek met iets “sporty” gekry het!

        Liked by 1 person

  2. Jissien julle ouens laat my nou slegs voel oor die ou bietjie oefening wat ek kry met my strandlopery. ‘n Ander blogger het vandag geskryf oor The Iron Nun – The 86 Year Old Sister Madonna Buder en ‘n You Tube video geplaas van die ystervrou mat aan triatlons deelneem! Jy is nou weer lekker aan die gang Abrie – doe zo voort.

    Liked by 1 person

    1. Larette skaam jou! Ek kan nie glo dat jy so onsensitief kan wees om koffie kaskenades met rooibostee te kom bederf nie!!! Jacques het gevra vir rooibostee en hulle het nie gehad nie😂

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s