Om te Kruger – Kruger National Park, South Africa

I took these photos in the Kruger National Park in South Africa.

Wit renoster Kruger wuldtuin

Normaalweg het ek teen hierdie tyd in die week reeds iets hier kom griffel, maar weens ‘n verskeidenheid van redes het dit maar net nie so uitgewerk hierdie week nie. Ek het wel vroeër die week besluit om die beloofde hoofstuk 2 van Truth Coffee te onderbreek en met iets anders wat toe amper niks anders geword het. Gisteraand kyk ek na Dina van den Perdebytjie se nuutste bydrae en net daar verlang ek terug na Julie verlede jaar toe ons gesin geKruger het (tot dusver die enigste keer). Nou dit is so dat eendag wanneer ek groot is ek fotos gaan neem soos Dina, maar ondertussen klik ek darem hardop waar ek kom. Nee, ek skinder nie ek klik die kamera se knoppie… Dit is Dina se weereens besondere fotos wat my laat besluit het om myself weer aan daardie wonderlike paar dae in die  Nasionale Kruger Wildtuin te herinner.

  • Fotos 1 en 2 –  Op die oomblik word by ons werk Rhino day stickers verkoop – Internasionale Rhino dag is 22 September (nou weet jy ook). Die maatskappy ondersteun www.stoprhinopoaching.com (let wel baie grafiese fotos op hierdie website). Die doodmaak van Renosters  is natuurlik tragies maar ek is nie bekommerd oor hierdie 2 nie –  hulle het vir hulle lyfwagte gekry en kyk net hoe wakker verspied die lyfwagte!
  • Fotos 3 – 5 – Het julle gehoor van die vooraanstaande plastiese chirurg wat ‘n senuwee ineenstorting gekry het? Mevrou Olifant het by hom kom aanklop vir ‘n ontrimpelings operasie… Nou ons almal weet dat ‘n vrou nie ouer word nie, maar dames kyk net hoe in vervoering mense oor olifante raak en hoe pragtig hulle is ten spyte daarvan dat hulle nie  velroom modelle is nie!
  • Foto 6 – Hierdie Kameelperd wil graag model wees want hy het vir meer as ‘n minuut direk voor die kar kom stilstaan.
  • Fotos 7-9 Die hiëna smelt baie goed met sy omgewing saam en die foto met  die leeuwyfie is een van my gunstelinge juis omdat dit die kamoeflering so “duidellik” is. En die leeumannetjie is te trots om te kamoefleer!

Wit renoster Kruger Wildtuin

Gerimpelde olifant Kruger Wildtuin

Olifant Kruger wildtuin

Olifant Kruger wildttuin

Kameelperd Kruger wildtuinHyena Kruger wildtuin

Leeuwyfie Kruger wildtuin

Leeumannetjie Kruger Wildtuin

Krokodil Krugerwildtuin

Sonsondergang Malelane hek Kruger wildtuin

Kon nie anders nie en moes ‘n sonsondergang insluit. Dit is op die brug net buite die Malelane hek geneem en die krokodil loer vir my van onder hierdie brug. Ai dit was darem maar lekker gewees!

For more photos like these please go to Close encounters of the Kruger kind

38 thoughts on “Om te Kruger – Kruger National Park, South Africa

  1. Sjoe Abrie, jou foto’s is darem besonders! Veral die een van die olifant se vel van nader. (jis dit klink weird soos ek dit sê maar jy weet mos. Goeie begrip. Halwe woord. Daai storie).

    Ek het ook al vir Dina gevra of sy van haar foto’s geraam in haar huis het. Het jy?

    O. en ek is MAL oor die eerste renoster foto ook. Oor almal, maar daardie twee staan vir my uit.

    Liked by 1 person

    1. Maar onthou vir my halwe brein het jy ‘n hele woord gebruik 🙂
      Ek het al verskeie kere oorweeg om van die fotos op ‘n canvas te laat print want dan lyk dit amper soos skildery (Goeie begrip. Halwe woord. Daai storie) maar nog nooit so ver gekom nie

      Liked by 1 person

      1. Toe ek skool gehou het het ons altyd gesê : Die Donderweer slaan jou as jy op ‘n Vrydagmiddag werk Ek wil aan ‘n pittige antwoord dink maar is bang vir die gevolge… lekker naweek

        Like

  2. Jy mag maar hardop klik-klik met jou kamera, Abrie. Sjoe! Die kameelperd wat die hele raampie so vol het, is vir my pragtig. Maar olifante is my gunstelingdiere in die hele wêreld, so ek het my verkyk aan die rimpelvel. Tyd vir jou om weer te gaan Kruger, broer.

    Liked by 1 person

  3. Vaderland Abrie waar kom jy aan al jou sêgoed? Het die renosters se lyfwagte baie geniet!!!
    Nou goed ek verstaan jou punt fotograwe word betaal….. “amateurs” nie…. hoef ek meer te sê?

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die indirekte kompliment – ek het al fotos van kamele ook geneem!
      Moet ek naam van blog verander na
      Abrie sê-goed of Abrie se goed of Abrie dink hy sê goed van goeters. Ai die lewe is ingewikkeld

      Liked by 1 person

    1. Heel erg bedankt. Ja ons land is nie sonder probleme maar dit is wondermooi. Ek het enkele van jou gedigte gelees en vindt dit leuk. Noudat hittegolven lijken uitgeblust sal De dichter seker weer op woorde kan fokus eerder as bloten benen 🙂

      Like

  4. Oh my. These are stunning. I love the close up of the elephant skin…and of course the giraffe face. And the female lion in the grass, that’s stunning because it makes you look for her. And the gator is just scary. All beautiful shots!!!!

    Liked by 1 person

  5. Absoluut pragtige foto’s,Abrie!Baie dankie dat jy my in jou blog noem en dat ek jou geïnspireer het om hierdie mooi foto’s van jou te pos!Ek is mal oor die rimpels…natuurlik net op tannie olifant en nie op myself nie!😝

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.