I took these photos in the Kruger National Park in South Africa.
Normaalweg het ek teen hierdie tyd in die week reeds iets hier kom griffel, maar weens ‘n verskeidenheid van redes het dit maar net nie so uitgewerk hierdie week nie. Ek het wel vroeër die week besluit om die beloofde hoofstuk 2 van Truth Coffee te onderbreek en met iets anders wat toe amper niks anders geword het. Gisteraand kyk ek na Dina van den Perdebytjie se nuutste bydrae en net daar verlang ek terug na Julie verlede jaar toe ons gesin geKruger het (tot dusver die enigste keer). Nou dit is so dat eendag wanneer ek groot is ek fotos gaan neem soos Dina, maar ondertussen klik ek darem hardop waar ek kom. Nee, ek skinder nie ek klik die kamera se knoppie… Dit is Dina se weereens besondere fotos wat my laat besluit het om myself weer aan daardie wonderlike paar dae in die Nasionale Kruger Wildtuin te herinner.
- Fotos 1 en 2 – Op die oomblik word by ons werk Rhino day stickers verkoop – Internasionale Rhino dag is 22 September (nou weet jy ook). Die maatskappy ondersteun www.stoprhinopoaching.com (let wel baie grafiese fotos op hierdie website). Die doodmaak van Renosters is natuurlik tragies maar ek is nie bekommerd oor hierdie 2 nie – hulle het vir hulle lyfwagte gekry en kyk net hoe wakker verspied die lyfwagte!
- Fotos 3 – 5 – Het julle gehoor van die vooraanstaande plastiese chirurg wat ‘n senuwee ineenstorting gekry het? Mevrou Olifant het by hom kom aanklop vir ‘n ontrimpelings operasie… Nou ons almal weet dat ‘n vrou nie ouer word nie, maar dames kyk net hoe in vervoering mense oor olifante raak en hoe pragtig hulle is ten spyte daarvan dat hulle nie velroom modelle is nie!
- Foto 6 – Hierdie Kameelperd wil graag model wees want hy het vir meer as ‘n minuut direk voor die kar kom stilstaan.
- Fotos 7-9 Die hiëna smelt baie goed met sy omgewing saam en die foto met die leeuwyfie is een van my gunstelinge juis omdat dit die kamoeflering so “duidellik” is. En die leeumannetjie is te trots om te kamoefleer!
Kon nie anders nie en moes ‘n sonsondergang insluit. Dit is op die brug net buite die Malelane hek geneem en die krokodil loer vir my van onder hierdie brug. Ai dit was darem maar lekker gewees!
For more photos like these please go to Close encounters of the Kruger kind
Sjoe Abrie, jou foto’s is darem besonders! Veral die een van die olifant se vel van nader. (jis dit klink weird soos ek dit sê maar jy weet mos. Goeie begrip. Halwe woord. Daai storie).
Ek het ook al vir Dina gevra of sy van haar foto’s geraam in haar huis het. Het jy?
O. en ek is MAL oor die eerste renoster foto ook. Oor almal, maar daardie twee staan vir my uit.
LikeLiked by 1 person
Maar onthou vir my halwe brein het jy ‘n hele woord gebruik 🙂
Ek het al verskeie kere oorweeg om van die fotos op ‘n canvas te laat print want dan lyk dit amper soos skildery (Goeie begrip. Halwe woord. Daai storie) maar nog nooit so ver gekom nie
LikeLiked by 1 person
O jy moet dit tog doen, ek dink dit sal vreeslik mooi lyk Abrie!
LikeLiked by 1 person
Sommer net goed geneem. Is pragtig.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Danie die belewenis om die verskillende diere te sien was inspirerend
LikeLike
Sjoe jy is glad nie ‘n amateur nie.
Pragtige foto’s
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Abrie erken dat hy daarvan hou om hardop te klik, dink Abrie hardop
LikeLiked by 1 person
You go Boykie – you go!
LikeLike
Net om jou weereens te herinner aan die feite. ‘n Nie-amateur se beroep is fotografie en word betaal daarvoor. Dankie Tina waardeer jou woorde
LikeLiked by 1 person
Toe ek skool gehou het het ons altyd gesê : Die Donderweer slaan jou as jy op ‘n Vrydagmiddag werk Ek wil aan ‘n pittige antwoord dink maar is bang vir die gevolge… lekker naweek
LikeLike
Wou nou gesê ek sien uit na die Sondag kopies toe onthou ek van die Vrydag byskrifte wat nog beloer moet word!
LikeLiked by 1 person
Hehehehe ‘n Sondae het ons gewerk dat die stof staan want die kalf was altyd in die punt!
LikeLike
Jy mag maar hardop klik-klik met jou kamera, Abrie. Sjoe! Die kameelperd wat die hele raampie so vol het, is vir my pragtig. Maar olifante is my gunstelingdiere in die hele wêreld, so ek het my verkyk aan die rimpelvel. Tyd vir jou om weer te gaan Kruger, broer.
LikeLiked by 1 person
“Tyd vir jou om weer te gaan Kruger, broer.”
Dit is mos hoe Afrikaans in Amerika gepraat moet word! Bly ek kon ‘n bietjie Afrika in Amerika indra.
LikeLike
Bigger beast than we come across here in the UK. But like many other destinations , SA is on the Bucket List!……..I do like the African sunset
LikeLiked by 1 person
Hi David thanks for the visit and I would cerainly like to visit your history rich country of beautiful images.
LikeLiked by 1 person
Vaderland Abrie waar kom jy aan al jou sêgoed? Het die renosters se lyfwagte baie geniet!!!
Nou goed ek verstaan jou punt fotograwe word betaal….. “amateurs” nie…. hoef ek meer te sê?
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die indirekte kompliment – ek het al fotos van kamele ook geneem!
Moet ek naam van blog verander na
Abrie sê-goed of Abrie se goed of Abrie dink hy sê goed van goeters. Ai die lewe is ingewikkeld
LikeLiked by 1 person
Gaan jy maar net aan met al jou sêgoed en vermaak ons daarmee. Jy het ‘n gawe daarvoor….. en amateur fotografie!!!!!
LikeLiked by 1 person
Wat mooi om dit van zo dichtbij te mogen meemaken
Je leeft in een wondermooi land
LikeLiked by 1 person
Heel erg bedankt. Ja ons land is nie sonder probleme maar dit is wondermooi. Ek het enkele van jou gedigte gelees en vindt dit leuk. Noudat hittegolven lijken uitgeblust sal De dichter seker weer op woorde kan fokus eerder as bloten benen 🙂
LikeLike
Oh my. These are stunning. I love the close up of the elephant skin…and of course the giraffe face. And the female lion in the grass, that’s stunning because it makes you look for her. And the gator is just scary. All beautiful shots!!!!
LikeLiked by 1 person
Thank you very much Dawn, it was an amazing experience to really experience “Africa”
LikeLike
Absoluut pragtige foto’s,Abrie!Baie dankie dat jy my in jou blog noem en dat ek jou geïnspireer het om hierdie mooi foto’s van jou te pos!Ek is mal oor die rimpels…natuurlik net op tannie olifant en nie op myself nie!😝
LikeLiked by 1 person
Ag nee, Abrie, nou is ek ernstig homesick. Pragtige, pragtige foto’s!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Margaretha. Dit was besonderse ervaring
LikeLike
Absolutely stunning post. My heart longs for the bush!
LikeLiked by 1 person
Thank you again – yes it was amazing spending a few days (and taking 100’s of photographs).
LikeLiked by 1 person
Amazing gallery.
LikeLiked by 1 person
Thank you very much
LikeLiked by 1 person
Fantastiese fotos!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Liza jy moet my fotos van die lugballon sien 🤣
LikeLike
Waar is dit? Ek wil dit sien !
LikeLiked by 1 person
Nee ek terg net. Die is eintlik ‘n jaloers opmerking omdat jy fotos van binne die ballon kon neem 😁(darem nie regtig jaloers nie).
LikeLiked by 1 person
Haha. Ek wens ek kon weer.
LikeLiked by 1 person
Terloops Liza die naaste wat ek daaraan kom op ‘n blog is die lugballon genaamd die maan. As jy dit nog nie gesien het, ek vermoed jy sal van my maanfotos hou https://abriejoubert.wordpress.com/2018/06/21/the-moon-and-its-conspiracy-phases/
LikeLike
Wow! Baie goeie fotos!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Linda
LikeLike