ABRAHAM JOHANNES JOUBERT: 1968 – 1997

32 thoughts on “ABRAHAM JOHANNES JOUBERT: 1968 – 1997”

  1. Dis ‘n mooi gevoelvolle stuk wat jy hier geskryf het Abrie; jou oupa en naamgenoot moes ‘n besondere man gewees het om ‘n halwe/stief/hele familie so saam te snoer. Die probleem met selfdood (goeie woord) is altyd maar net dat die agtergeblewenes altyd met onbeantwoorde vrae gelaat word. Ons het self op skool geswoon en hande saamgeslaan oor hierdie weergawe wat Terry Jacks gesing het en het baie “af” gevoel toe ons taal-onderwyseres ons bekendgestel het aan die oorspronklike Jacques Brell-sardonie. Dis nou in my latere jare eers dat ek M. Brell se musical genius regtig waardeer.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester. Ja Terry Jacks se weergawe is die “romantiese” een terwyl die oorspronklike redelike sarkasties was t.o.v ‘n jilted lover. Westlife het ook ‘n nommer een gehad met Jacks se weergawe maar dit het my heeltemal verbygegaan. Wel daarna geluister in voorbereiding vir die blog maar verkies die bekende klanke van Jacks

      Liked by 1 person

  2. Sjoe ja, so iets het so massiewe impak op ‘n mens. Dis soms so moeilik om te verstaan, en selfs te aanvaar. Maar mens durf nie oordeeel nie. Niemand weet tot hulle self daar staan nie. Vir my was dit ‘n geweldige skok, grotendeels wat ek van kleins af geleer was oor selfdood.

    https://neteknogsteeds.wordpress.com/2015/11/18/oor-aanvaarding-of-om-te-probeer-ten-minste/

    Isaiah 43:2 “When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers, they will not sweep over you. When you walk through the fire, you will not be burned; the flames will not set you ablaze.”

    Liked by 1 person

    1. Ek het die stuk gaan lees en ook daar kommentaar gelewer. Alhoewel ek nie dink dat God wil he ons moet selfmoord/dood pleeg nie, stem ek met saam jou skrywe. Niks kan ons ons uit God se hand ruk nie insluitend selfdood. Sien kommentaat by jou post.

      Liked by 1 person

      1. Nee ek glo ook GLAD nie dat God wil hê ons moet selfmoord pleeg nie. Ek glo wel dat hy ons ‘n wil van ons eie gegee het, (on)gelukkig, en dat ons BAIE keuses maak wat nie werklik sy goedkeuring wegdra nie. Daarom dat ek sê dat ek glo dat N se dood nie God se wil was nie, en God het dit ook nie gedoen om vir my ‘n boodskap te stuur nie, maar ek kan wel ‘n lessie daaruit leer en groei uit die seer?

        Ag ek weet nie of ek dit so lekker sê nie, maar ek weet jy weet wat ek bedoel!

        Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou mooi woorde, oor die algemeen is my posts lighartig maar dit beteken nie dat die lewe my nie diep raak nie. Hierdie Joubert is nie familie van my nie. Hy was ‘n onderwyser in Oudtshoorn waar my pa afgetree het. My pa het dit laat skilder en “meneer” Joubert – kan nie sy naam onthou nie het dit gesilder vanaf ‘n klein wit en swart foto. Dit hang nou in my braaikamer

      Liked by 1 person

  3. Dankie. (Ek het nie die ander opmerkings gelees nie en wil ook nie!)

    Jy kan nie besef deur hoe ‘n moelike tyd ons hier gaan nie… maar Die Liewe Here het ons nie verlaat nie! Ons vertroue is goed getoets maar Vrydag het ons goeie nuus ontvang en net vandag het dit (finansiële) ook begin beter gaan!
    Dankie dat jy weer, (onweetens) die goeie nuus gedeel het! Ek by altyd verstom om te sien hoe die Here mense en gebeurtenisse gebruik on gebed te beandwoord!

    BY the way… AJ is my pen naam… ek het die voorletters “geleen” by my kleinseun… die klein blondekoppie (regs) in die fotos van laas week! Hulle moes hom eintlik grapjad diedie genoem het!! 😉

    Ja-nee kyk… dit moes ‘n grillerige ondervinding gewees het om jou eie naam of ‘n begrafnis blaatjie te sien!

    Like

        1. Dankie Kleinkitti. Karen ek waardeer jou opmerking en baie dankie vir die volg; ek het daar by jou ook gaan rondfriffel en sal weer. Dit wat ek skryf is oor die algemeen lig (soos PH Nortje probeer ek die humor in die lewe raaksien) maar elke nou en doen voel ek om iets te skryf wat my aangeraak het. Ek weet nie wat jy moontlik al van my gelees het nie maar vermoed hierdie een sal jy ook van hou, Ek sien in een van jou gedigte gaan dit oor kanker en in hierdie griffel was dit bepaald kanker sonder brieke. Ek is egter dankbaar dat daar ook kanker met brieke is.
          https://abriejoubert.wordpress.com/2016/08/03/ek-is-soms-wel-jaloers-johan/

          Liked by 1 person

          1. Hallo Abrie – ek het gaan lees. Dankie hiervoor. Dis is besonder betekenisvol vir my – veral nou wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan. Ek skryf ook op ‘n ander meer ernstige platform en hier op Kleinkitti rafel ek soms uit om my kop te kan skuif. Hierdie is ‘n meer ernstiger blog, maar ons is altyd verstom oor hoeveel mense daardeur bemoedig word. Ek sit die skakel weer hier. http://msainsouthafricawithsonja.blogspot.co.za/

            Liked by 1 person

  4. Ek het ‘n baie persoonlike getuienis rondom selfmoord deurgemaak…. en het daarna my gedagtes rondom selfmoord verander. Dit is ‘n hartseer verhaal hierdie… en daardie liedjie help nie juis nie.
    Die begin van jou storie laat my dink aan ons driejarige seuntjie wat eendag sit en huil omdat hy nie so baie ma’s, pa’s, oupa’s en ouma’s soos sy boeties en sussies het nie. Lief daardie skildery!!

    Liked by 1 person

      1. Daar is net party dinge wat ‘n mens nie kan deel nie. Wou nog vir jou sê my beste vriendin het die dag voordat sy ‘n beroerte aanval gekry het wat haar dood sou kos, my gebel en dringend gevra of sy my kan kom sien. My eie lewe was aan flarde en ek het nee gesê. Sy het weer gebel en gesê sy moet my sien, en ek het weer nee gesê. Dit is nou al 20 jaar later en partykeer wonder ek nogsteeds wat sy vir my wou vra. Sien ek was kind van God en ek weet nie of sy was nie…. Dan troos ek myself met die gedagte dat ek soveel keer die evangelie aan haar verduidelik het.

        Liked by 1 person

        1. Dit is menslik om so te dink. Ons kan net getuig. Dit is God wat oortuig. Dit is nie en kan nie van ons afhang of ‘n persoon die ewige lewe verkry nie. Ja die Bybel roep ons op om te getuig wat jy dan ook gedoen het. Ek dink dit is contra die God van genade wat ons dien se wese om geliefdes wat klaar hartseer is omdat iemand afgesterf het boonop met skuldgevoelens te laat sit omdat hulle nie genoeg gedoen of ‘n kans gemis het wat kon bydra tot die persoon se redding. En indien daardie skuldgevoelens bestaan ook daarvoor Christus gesterf en opgestaan en het sy bloed dit bedek.

          Liked by 1 person

  5. Om een of ander rede op jou blog afgekom. En so sou my broer vandag 49 gewees het, 20 jaar na hy besluit het om aan te beweeg. Was lekker om te lees van ons kinderdae, al onthou ek maar min (Julle was mos die ouer jonges! ).
    Ja die term self dood klink beter en is beter, maar die vrae sal maar altyd daar wees. Maar na al die tyd het ek ook iets geleer. Die liefde wat n mens het vir jou broer verminder nie oor die jare nie. Inteendeel, dis die vlam van hoop, die diep rustigheid dat n herontmoeting sal gebeur. Op sy tyd en op sy manier.
    Dit het baie beteken om jou storie te lees, Abrahams Johannes Joubert, my broer, sou dit waardeer het!

    Liked by 1 person

    1. Hi Danie dankie vir hierdie kommentaar. Om nou eerlik met jou te wees het ek (nadat ek dit gepost is) gewonder of ek toestemming by jou pa moes gekry het. Maar ek dink nie ek het afbreek aan AJ se menswees gedoen nie, ek het baie goeie tye saam met AJ beleef. Laat weet asb vir jou pa dat ek hierdie post sal verwyder indien dit ‘n probleem vir hom is sonder enige kwade gevoelens. Ek het daardie aand net eenvoudig ‘n behoefte gekry om oor hom te skryf nadat ek Seasons in the sun op radio gehoor het net soos ek ‘n behoefte gekry het om oor ‘n ander vriend Johan Hough te skryf nadat ek die lied Jealousy op Youtube gesien het. https://abriejoubert.wordpress.com/2016/08/03/ek-is-soms-wel-jaloers-johan/

      Ek sien ek het hierdie op 18 September verlede jaar geskryf, 3 dae nadat Susan met borskanker diagnoseer is. Ek het eintlike eers in April verelede jaar gereeld begin blog toe ek Thermopylae geskryf het. Carina het gese dat ja pa Thermopylae sal waardeer. Daarin skryf ek o.a. iets van iemand wat nog ek of jy geken het, ons pa’s se oupa Josua Petrus Joubert met ‘n foto van ‘n sertifikaat wat hy gekry het met die beeindiging van die Anglo Boere – oorlog
      .
      Hoop jy sien hierdie

      Groete
      Abrie

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s