Oh my soul

Ek het die boodskap onder die fotos as ‘n whats app boodskap hierdie Saterdag gestuur nadat ons op 21 September (wat ook ons 20ste huweliksherdenking is) bevestiging ontvang het dat my vrou borskanker het. Dit verklaar waarom ek verlede week nie geblog het nie. Wanneer siekte by ‘n geliefde of jouself gediagnoseer word verander jou prioriteite net eenvoudig. Dit beteken egter nie dat ek nie meer gaan blog nie – die blog is net nie meer so belangrik vir my nie.

Ek gaan ook nie elke keer wanneer ek blog iets hieroor sê nie. Susan is ‘n privaat persoon en hou nie daarvan om in die kalklig geplaas te word nie. Ek sal hopelik ook my humorsin behou alhoewel die siekte en behandeling soos o.a. deur Hester en haar dogter beskryf word nog op Susan wag en geen grap is nie. Ek wil julle aanmoeding om na die lied hieronder te luister. Dit is nie ‘n lied wat jou gaan probeer evangeliseer nie. Dit is woorde van ‘n persoon in stryd met homself.

Oh, my soul
Oh, how you worry
Oh, how you’re weary from fearing
You lost control
This was the one thing
You didn’t see coming
And no one would blame you though
If you cried in private
If you tried to hide it away
So no one knows
No one will see
If you stop believing

scan_20161002-4

20130413_194912.jpg

troue1

ladies-in-my-life

‘n Onlangse foto van die dames in my lewe en ons hieronder

Oh my soul you are not alone
There’s a place where fear
has to face the God you know

Goeiedag vriende.

Susan is gediagnoseer met borskanker.

Daar is geen verspreiding na haar organe of skelet en die kanker is beperk tot haar regterbors. Dit is egter ‘n kanker wat kan versprei en is tans reeds in die limfklier aan die kant van die bors nadat dit ontstaan het in ander dele van haar bors.  Aangesien die limfklier kontak het met die res van die liggaam gaan Susan vir ‘n aantal maande chemoterapie ondergaan, gevolg deur  ‘n operasie en daarna bestraling. ‘n Moelike pad lê voor en die prognose is dat die proses van behandeling ‘n jaar gaan duur. Die belangrikste is dat dit in ‘n vroeë stadium is en dus geneesbaar.

Ons besef dat daar binne ‘n geloofsgemeenskap verskillende sienings is oor die behandeling van kanker en die manier waarop God genees. God kan ‘n wonderwerk  doen en onmiddellik genees, maar ons weet ook dat niks ons van die liefde van God in Christus Jesus kan skei nie – ook in ‘n jaar van behandeling. Ons vertrou die mediese span. Susan het die onkoloog gekies omdat sy deur ondervinding in die mediese beroep weet dat hy resultate behaal.

Siekte met al die pyn en ongerief wat daarmee saam gaan bring ook ‘n geleentheid tot heling en genesing wat veel wyer strek as die siekte self.

Bid asb vir genesing, wysheid vir die dokters en geestelike en emosionele krag vir Susan maar ook vir my en die kinders. Op die oomblik is ons almal sterk en positief maar daar sal moontlik dae kom wanneer ons herinner sal moet word dat wanneer ons swak is, is God sterk.

Die uittreksel hierbo is uit die lied Oh my soul wat deur Mark Hall leier van die groep Casting Crowns geskryf is op die dag wat hy uitgevind het hy het kanker met psalm 43:5 as inspirasie. Sy nier is chirurgies verwyder en na behandeling is hy kankervry.

Luister daarna hier (en dink aan Susan terwyl jy daarna luister):

 

34 thoughts on “Oh my soul

    1. Ja en dit bly maar ‘n onbekende pad al is my vrou ‘n verpleegsuster(Beroepsgesondheid). Ek veronderstel dit maak dit in ‘n mate moeiliker die wete van die impak – sy was jare lank ICU suster. Dankie

      Liked by 1 person

  1. Ai Abrie, ek het het vanoggend oppad werk toe oor jou gewonder en hoekom jy so stil is.

    Ek het nie woorde nie. Weet net asseblief dat ek vir julle bid.

    Jou gesin is pragtig hoor.

    Like

    1. Baie dankie dankie ja dis erg om te dink sy gaan haar hare verloor maar die lied bevat o.a. ook hierdie woorde:
      And there will be dancing
      There will be beauty where beauty was ash and stone
      This much I know

      Liked by 1 person

  2. So jammer om hiervan te hoor, Abrie. Ek het ook die pad van borskanker gestap en is omtrent op dieselfde stadium gediagnoseer as jou pragtige vrou. Ek is nou al amper vyftien jaar in remissie. Die behandeling is goor, mens word moeg en moedeloos en die dag as jou hare begin uitval, weet jy: jy het regtig kanker. En dan kry die teksvers dat elke haar op jou hoof getel is, vir jou heeltemal ander betekenis. Baie sterkte. Ook vir die twee mooi meisiekinders.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Toortsie ek glo nie dat die Here siekte oor jou pad bring om jou te straf nie maar ek glo wel dat dit ‘n geleentheid is om weer te dink oor wat belangrik is in die lewe en aandag te gee aan verhoudinge.

      Liked by 1 person

  3. Ai Abrie. Ek vang bietjie op met die blog. Ek is jammer om te hoor van jou vrou en ek weet dit is n moeilike tyd. Al wat ek net vir jou kan sê die belangrikste is jou vrou moet nooit hoop verloor nie. Want solank daar hoop is kan God nog werk. Maar die oomblik as jy hoop verloor ontneem jy Hom daarvan om n wonderwerk te kan doen! Dis moeilik en soms voel mens jy het nie meer hoop nie, en jy is te siek om te glo maar solank jy vas hou aan hoop sal jy staande bly. Ek het in my kanker tyd n navorsing gelees dat positiewe mense vinniger genees as mense wat op n hopie gaan sit! Ek het in isolasie radioaktiewe bestraling gekry en gevoel my hele lewe is daarmee heen, tot hulle die deur op die 4de dag oop gemaak het en daar n tannie krom getrek van die kanker en chemo verby my kamer geloop het, toe besef ek hoe geseend ek is! Ek bid vir Susan ‘n positiewietyd toe van onmeetbare waarde en ‘n hart van hoop so groot soos ons Vader en ‘n spoedige geneesing! En vir jou en die kinders bid ek dat die Here julle krag sal gee om Susan te dra deur die moeilike tye, en dat julle krag sal ontvang ook in onmeetbare waarde

    Liked by 1 person

  4. Glo altyd die huisgesin en geliefde naaste aan pasiënt, beleef die pyn ook intens. So effens magteloos. Mag julle almal kalmte en positiwiteit ervaar. Mag jul in donker dae geseën word met ongekende vredigheid en soms humor-dit het die wa by my deur die drif getrek.
    Ons dink aan julle veral aan julle kinders.
    Het ook ervaar dat blogwoorde skielik eendag net weer stuk-stuk terugkom.
    Mooi bly .

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie vir jou positiewe woorde. Toe ek eintlik begin blog het in April hierdie jaar(toe en ander se blogs begin lees het en begin deelneem het) was jy van die eerste wat ek raakgelees het. Dankie vir die volg!

      Liked by 1 person

  5. Zoals ik al eerder aangaf als jullie vragen hebben mag je die altijd stellen mocht ik er op kunnen antwoorden. Ik heb zelf 6 chemo’s gehad, amputatie en 25 bestralingen. Daarna 5 jaar hormoonkuur. Inmiddels al een reconstructie ondergaan. Sterkte voor jullie

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.