Kom klim Tafelberg saam met my!

Ek sou al verlede week die vrae en kompleksiteite aanspreek wat ontstaan het danksy die Tarentale se nes van 30 eiers op my erf in suburbia.  Ek vermoed egter dat hierdie storie teen volgende week meer sinvol gaan wees en daarom staan dit oor.

Ek vertel eerder ‘n streslose storie (heeltemal stresloos – al wat mens moet seker van maak is om nie van die berg af te val nie – dus moenie op die rand van jou stoel sit nie…). Dit is eintlik ‘n comic, want ek lewer net chronologies kommentaar op die fotos. Deesdae word ‘n comic in ‘n ander formaat en met ‘n ver-edelde prys aangebied onder die literêr klinkende naam van grafiese novelle. Ek sou egter nie hierdie plotlose verhaal verhef tot ‘n aanlyn grafiese novelle nie. Hierdie is ‘n “Kom klim Tafelberg saam met my en ‘n paar vriende waarvan jy ook een is” verhaal. Ons is natuurlik comic heroes. Ten einde enige verwarring uit die weg te ruim, werp ek gou bietjie lig op die term:  heroes soos in Superman, Batman, Spiderman, nie comic soos in komieklik nie…

7:20 vm. 14 Nov 2015 by Kloofnek parkeerterrein met Leeukop in die agtergrond. Die belangrike “before” foto. Wickus (die lang ou met die hoed) was vanoggend nog van sogenaamde ondergemiddele lengte, maar die opwinding van die stap wat voorlê, het hom skielik langer as die bo-gemiddelde lang Jacques gemaak.Tafel berg Table Mountain

Om by die bopunt van die berg te kom lyk intimiderend, maar die prag daarvan is inspirerend._20151114_148

Vanaf die parkeerterrein by Kloofnek is die eerste kilometer of so nogal styl en ja mens voel dit.Tafelberg Table Mountain

50 shades of grey? Hierdie shades is in my opinie net soos Net Ek se versierings aansienlik sinvoller as die hyg-romans  (en spaar ons maar eerder ‘n grafiese novelle weergawe van Net Ek se romans). Uitsig oor Kaapstad en die hawe._20151114_154

As ‘n spreeu nie so algemene irritasie was nie, is ek seker hierdie raafswart dier, as ‘n mooi voël geag sou word. Hier word die kleur op die vlerk herhaal op die klipstapel halfpad teen die berg uit.file226

Wickus nou selfs langer as Leeukop! Stap doen dinge vir ‘n man._20151114_165

Daar is darem ‘n bietjie opwinding. Hier moet daar sowat 25 meter teen ‘n min of meer 90 grade hoek (nou goed 88 grade) na bo geklouter word._20151114_170

Dit is op hierdie punt (comic heroes wat ons is) wat ons die mense bejammer het wat ‘n kabelkar benodig om teen die berg uit te kom. En dit is op hierdie punt wat die mense in die kabelkar ons bejammer omdat ons nie genoeg geld het om kaartjies vir die kabelkar te koop nie… Sien ook: Look up to my lens Table mountain vir meer fotos van kabelkar en stasie

_20151114_182

Die kameraderie om so tussen die rotswande in die pragtige natuur met die see boonop in sig, te stap, doen net eenvoudig iets vir die siel.Tabelberh Table Mountain Fountain Ravine

_20151114_199-1

Die uitsig vanaf die punt waar Danie staan hierbo. Kampsbaai is een van die woongebiede in Suid Afrika met die duurste huise. Ek gun hierdie eienaars hulle huise en see-uitsig maar ek gun die bergstappers soos ons hierdie besonderse uitsig, wat verkry word selfs sonder om vir ‘n kabelkarkaartjie te betaal! Die realiteit is dayt jy nie hier kan kom via die kabelkar nie._20151114_201

Dan is dit seker maar goed dat ons hier op gestap het (alhoewel ek verskeie kere o.a. saam met Danie al daar gedown het).Table Mountain Fountain ledge India Venster Tafelberg

Hier het ek vir ‘n persoon van Oosterse afkoms in my beste Engels gevra om ‘n foto van ons te neem. Die persoon het ons in sy beste Afrikaans geantwoord! 17 jaar terug uit Japan emigreer en bly in Paarl. Tafelberg is so internasionaal soos die blogosphere. Ons het meer mense met Britse en Duitse aksente beleef as Suid Afrikaners.India venster Table Mountain Tafelberg

Die 12 Apostels vanaf restuarant-area. Jou baie spiritualiteit word daaraan gemeet of jy weet watter 3 Petrus, Johannes en Jakobus is!12 apostels Tafelberg Table mountain 12 Apostles

Daar is ‘n rede waarom Tafelberg, Tafelberg genoem word. 10 minute se stap van die kabelstasie en restaurant area.  Ek beveel hulle cuppachino aan.Tafelberg Table mountain

Hierdie foto is reg agter die plat deel hierbo geneem, Tafelberg se voorkant uit ‘n ongewone hoek. Met Duiwelspiek in die verte. Op die voorgrond tussen die 2 rotse is die gewildste en verveligste pad teen Tafelberg uit naamlik Platteklip Gorge. Tafelberg Table Mountain

Kaapstad met Blaauwbergstrand doer oorkant. Langs Seinheuwel is daar ‘n ovaalvormige voorwerp. ‘n Vlieënde piering wat geland het?Cape town

Nee Kaapstad stadion – maar dit illustreer wel die space age tegnologie van die optiese inzoem vermoë van hedendaagse kameras.Cape Town Stadium from Table Mountain

Op pad na Maclears Beacon met die restios wat welig groei, Vir enige area om as fynbos klassifiseer te word, moet 3 plantspesies aangetref word, naamlik restios, proteas en heide.Tabelberg Table Mountain

Maclears Beacon die hoogste punt op Tafelberg. 1 083m bo seespieël – by die kabelkar is dit 1 033m. Sowat ‘n halfuur se stap bo-op Tafelberg vanaf die restaurant area. Selfs as sou mens met die kabelkar kom beveel ek hierdie gelyk stap op die berg aan.Maclears Beacon Table Mountain Tafelberg

Vanaf Maclears Beacon is dit afdraende. Hierdie deel staan bekend as die Smuts track, Genl Jan Smuts het to amper is sy 80s hier opgestap na Maclearsbeacaon via Skeleton Gorge van Kirstenbosch. ‘n Grappie word gedeel – stap het geweldig baie te doen met grappies wat gedeel word.Table Mountain Smuts route

Maar daar is ook tyd vir bepeinsing en waardering van die natuur. Vir meer fotos en inligting oor die damme en stoomlokomotief bo-op Tafelberg en die merkwaardige geskiedenis daarvan gaan na hierdie post van my Dam(n), I engineered a rarity!Hely Hutchinson Table Mountain

Hierdie word nie aanbeveel wanneer die Kaapse dokter waai nie… Glo my ‘n unieke uitsig!file383

Die rotskonstruksie links voor en die ysterpenne aan die regterkant is deel van die oorspronklike kabelkar wat in 1899 (nie 1999) gebruik is om konstruksie middele teen die berg uit te bring. Sien Dam(n), I engineered a rarity! Ons is dan ook hier af ondertoe wat as die Kasteelpoort roete bekend staanKasteelpoort Table Mountain

By Kasteelpoort af en 2 km vanaf ons motors of die Pipeline kontoerroete. Hierdie pype wat in die laat 1800s gebou is vervoer steeds water van die damme bo-op die berg na Kaapstad se waternetwerk.Pipeline route Table Mountain

Julle het gestap vanaf Kloofnek teen die India Venster roete op. En agter om die berg op Fountain ledge. Vandaar na die Kabelkar en weer terug tafel langs na Maclears Beacon en af met die Smuts Track na Hely Hutcinson en Woodhead damme. Vandaar ondertoe met Kasteelspoort en op die Pyplynroete terug tot by Kloofnek.

Dankie dit was heerlik om julle saam te hê!

33 thoughts on “Kom klim Tafelberg saam met my!

        1. Volgende keer gaan ek nie waarsku nie 😀. Wat jy wel raakgelees het die eerste keer is die deel oor die kameraderie. Ons praat nonsens op ons staptogte maar hierdie is actually diep gelowige seuns en mens praat ook oor dinge wat belangrik is.

          Liked by 1 person

  1. Nou is ek sommer flou gestap hoor!

    Dankie vir die deel, jou foto’s is darem vreeslik mooi. Stuur asseblief groete vir my berg! 😉

    En ja, jou 50 shades foto is BAIE beter as enige ander!

    Liked by 1 person

      1. Ek dink nou daaraan, iemand word volgende jaar 50 en Fifty shades of grey kon dalk tong in die kies titel vir outobiografie gewees het, verwysende na die grysheid van sy beperkte hare. Maar wat die jare aanbetref wil ek tog beweer dat die grys wat wat in enige van ons se lewens voorkom darem heelwat spatsels van vivid colours ook bevat.

        Liked by 1 person

  2. Dankie, Abrie, lekker saamgeklim en -gekuier. Jy het ‘n oog vir interessante jukstaposisies, soos die een van jou klim-erade by die kabelkar. Ek het Tafelberg nog nooit uitgeklim nie, net ‘n paar keer met die kabelkar uitgery en elke keer vir my self gesê dit gaan baie lekkerder, en baie, baie goedkoper, wees om hierdie berg te klim. Eendag gaan ek nog …

    Liked by 1 person

    1. Ek wens as ek was meer tegnies met my fotos, maar ek dink jy het dit reg beskryf. Orals waar ek gaan en waar ek ry sien ek die omgewing in 3:4, die verhouding van ‘n standaardfoto. Ek dink my aanleg le in jukstaposisies (beindruk met jou woord) of dan die komposisie van ‘n foto.
      Klim daardie berg! Jy sal nie spyt wees nie 🙂 en en doen enige tyd navraag by my oor watter roete. Het berg al uit enige windrigting geklim

      Liked by 1 person

  3. Nou het ek vanoggend my stapskoene aangetrek en heerlik saam geklim. Dis werklik n besondere pos nie net oor die klim nie maar ook oor die kameraadskap tussen julle. Dis beslis voedsel vir die siel om so in die natuur te mag wees. Baie dankie vir die deel.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie vir die saamklim. Ja die kaeraadskap is wonderlik, ‘n kameraadskap waor ook buite die stappery van toepassing is. Dit het al gebeur dat een van hierdie ouens hoor ek is af (en omgekeerd ek met een van hulle) en dan gaan drink ons koffie en gesels oor goed wat mens emosioneel raak maar ook praktiese aspekte daarvan.

      Like

  4. Sjoe Abrie, nou het ek lekker gestap. Op my rusbank met ‘n bakkie roomys aan die lees… Maar ek onthou ‘n jong meisietjie wat baie jare gelede (toe ek nog natuurlike bruin hare gehad het), saam met ons Kerk se jongmense gaan bergklim het. Ons het Tafelberg vanaf Kirstenbosch geklim as ek reg onthou. Ai wat ‘n mens ook nie sal doen wanneer jy ‘n ogie het op een van die jeugleiers nie! Lol

    Liked by 1 person

  5. Ek was nog op skool toe ek by die bokbaaivygie gaan kuier het. Een dag het ons Tafelberg uitgeklim. Nie aan die Kabelspoor se kant. Onvergeetlike ervaring.

    Like

    1. Danlie vir die saamstap jammer dat ek nou eers reageer. Daar is dinge wat my van die blog weerhou. Ek het egter reeds gister en in die verlede by jou hou van blou aan die griffels gaan kou. Die eerlikheid in jou belewenisse is prysenswaardig.

      Like

  6. Ek was in daardie kabelkarretjie en het julle rêgtig jammer gekry…. dit is nou totdat ek die mooi fotos en lekker stap gesien het. Daar waar jy op die rots staan is nie vir sensitiewe kykers met mae wat draai nie.!!!!

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.