Kom Hop(s) saam met my!

“Ek veronderstel dit is jou plaas hierdie!”

Ek kyk op en sien ‘n kragtig geboude boer jonger as ek, doelgerig met ‘n graaf in die hand na my toe aangestap kom. Wel nee dit is nie my plaas nie. Ons bly in Highlands Lodge wat in ‘n bergkloof bo Waboomskraal geleë is. Die plaasgemeenskap Waboomskraal is sowat 18 km buite George, net na die Outeniqua-pas in die rigting van Oudtshoorn. Dit is die Hopsproduserende area in Suid- Afrika.  Hierdie lappie grond is nogal belangrik vir bierdrinkers want al SAB se Hops kom hiervandaan. Alhoewel ek sekerlik ‘n aandeel in die welvaart van omgekrapte aanstappende boer het (ek het darem al ‘n bier of 2 in my lewe gedrink het en selfs die ‘n temalied “when we drink Castle” saam met ander gidse in die Kangogrotte gesing terwyl ons ‘n lyk gedra het… sien Die mooi jong Amerikaanse dokter, die rugbesering en die Kangogrotte)  het ek geen bewys dat hy danksy my darem nog ‘n plaas het nie…

Op hoërskool het Hop ‘n ander betekenis gehad. Alhoewel ons sokkies mag gedra het, mag ons nie gesokkie het nie (gedans het by skool). Ek vermoed dat die wyses op die beheerraad besluit het dat tieners meer hormone as breinselle het en die hormone geaktiveer word wanneer 2 persone na mekaar kyk terwyl hulle dans. Met hop het die ou en meisie langs mekaar gestaan, darem met een arm om mekaar se lywe (dit was gewoonlik ‘n groep wat by mekaar ingehaak is, 5 of meer) wat dan ritmies op die maat van musiek beurtelings op een been gehop het. Die Klaxons se Clap-clap-sound wat verbasend goed in Suid-Afrika gevaar het, was nogal ideaal hiervoor weens die ritmiese aard daarvan, maar daar is darem hoofsaaklik op die popmusiek van die dag gehop (go 80’s musiek). Ek het totsiens gesê vir Hop toe ek Hoërskool Goudrif gegroet het en binne ‘n maand of so Hops in die weermag omarm.

Terug by: “Ek veronderstel dit is jou plaas hierdie!” Vreemd genoeg ek het nogal gewonder of ek eintlik toestemming moet hê om hier fotos te neem. Ek is darem nie op my bek geval en probeer toe maar op ‘n humoristies klinkende wyse sê: “nee maar ek veronderstel dit is joune”… maar die graaf kom nader! Lang storie kort. Pieter Terblanche was onder die indruk ek haal plante uit aangesien en op die grond gesit het met die kamera plat op die grond. Toe hy die kamera sien was hy klaar rustiger. Hy het verduidellik dat die plante tegnies aan SAB behoort of eintlik die nuwe eienaar AB Inbev.

Met die toename in craft biere word daar plante gesteel en hulle word aangemoedig om iets daaraan te doen. Ons het toe ‘n heerlike gesprek gehad oor die bier industrie en hy het selfs aangebied om my en my gesin met ‘n trekker teen die berg uit te neem. Iets wat ons helaas nie kon inpas nie. Het ook grondpaaie voorgestel wat ek wel gery het.  In ‘n halfuur se tyd het ek van ‘n graafslaanbare krimineel verander tot ‘n vriend!  Die ontmoeting met Pieter was vir my die beste halfuur van die vakansie

Hy het o.a. vertel in Duitsland (die wêreld se top hops produseerder) kry die plante 16 uur of meer sonlig in die somer en word dit nooit warmer as 30 grade nie terwyl dit blootgestel word aan temperature van minus 5 grade C in die winter. Anders as wat ek gedink het is Waboomskraal dus nie die mees ideale plek om Hops te kweek nie, maar dit is die mees ideale plek in Suid-Afrika. Hieronder volg ‘n klompie fotos wat ek geneem het. Onder elke foto brei ek uit oor die gesprek.

_20170104_221955-1200x800↑Die chemiese samestelling van die plant word verneuk. Met die beligting word die “sonligure” verhoog en die Hops groei dus verbeter.

dscn3948-1200x900

↑So lyk die ligte. Soortgelyk aan die wat in sommige informele woongebiede gebruik word. Die infrastruktuur en elektisiteit is dus duur, maar daar is net 11 boere wat ‘n kontrak het hiervoor – ek dink nie hulle sukkel nie… Slegs 400 hektaar in Suid-Afrika is verbou met Hops.

dscn3947-1200x900

↑Hier fokus ek op die ranke, dof sigbaar op vorige foto.

_20170103_120241-800x1200

↑In die ideale produserende areas rank die hops tot 6 meter hoog, maar in Suid-Afrika sal sulke hoë stellasies onproduktief wees aangesien dit hier net sowat 4m hoog groei.

_20170103_121630-1200x800

↑As ek die plante moet beskryf lyk die vir my visueel naby aan druiweranke.

_20170103_121706-1200x800

↑Vat mens daaraan is dit egter hard en stekelrig soos brame.

_20170104_084121-1200x800

↑Van die hops het lae sprinkelbesproeing op die grond.

_20170104_091231-1200x800

↑Terwyl ander boere se besproeing bo-op die pale aangebring is.

_20170103_121525-1200x800

↑Hierdie is die blom van die Hop plant en word ‘n keël genoem. Dit is slegs die Hops wat vir fermentasie en smaak geöes word (die plant is Hop en die keëls is Hops). Slegs die stuifmeel word gebruik (ek twyfel of bye dit vir bitter heuning gebruik). Wanneer die keëls volwasse is teen einde Februarie, lyk dit soos klein dennebolle. Die blomme is nie veronderstel om nou al te vorm nie – die area  het ‘n paar dae gehad wat te warm was. As dit eers gevorm het rank die plant nie meer nie en is daar minder plek vir keëls om te vorm.

_20170104_213917-1200x800

↑Die Hop Vallei plaasstal het besondere lekker pizza maar ook Hopsbier (soortgelyk aan gemmerbier). Die foto is in die beligting van die spreiligte geneem.

_20170104_223052-1200x800

↑Vanaf ‘n afstand lyk die beligting soos ‘n dorp.

_20170104_223424-1200x800

↑Die aandlandskappe is surrealisties maar mooi.

dscn4044-1200x900

↑Maar dit kan ook van die daglandskappe gesê word. Sonskyn en die afwesigheid daarvan, soos hier verander die voorkoms en atmosfeer.

dscn4043-1200x900

↑Die pragtige Waboomskraalvallei.

_20170103_155747-1200x800

↑Die uwe met ‘n hopsgegeurde bruisende drankie voor die geursel soos afgeneem deur Susan my vrou.

Gepraat van my vrou  – haar prognose is steeds “Curative intent”. Sy is dus besig om gesond te word. In die proses was sy egter al by die ER en is op ‘n ander keer vir ‘n paar dae in die hospitaal opgeneem weens abnormale voortdurende moegheid. Dit is nou beter en kanker is steeds besig om weg te smelt. Met 2 tienerdogters en ‘n tienerpa in die huis is dit nie altyd so maklik nie.  Dit is regtig nie altyd so maklik nie. In so mate dat ek op ‘n stadium glad nie meer wou blog nie en selfs oorweeg het om my blog te delete (maar ek is darem nou oor daardie sotheid). Dankie vir die wat uitgevra het oor wat van my geword het en jammer dat ek julle aanvanklik nie geantwoord het nie.

Vir meer oor Susan se siekte en my aanvanklike belewenis daarvan sien O my soul

34 thoughts on “Kom Hop(s) saam met my!

  1. Ai Abrie, ek is so jammer om te hoor van jou vrou. Ek sal gaan lees sodat ek verstaan. Jou blok is briljant. Ek gaan dat my man ook lees, hy sal dit baie interessant vind. En jou fotos!

    Liked by 1 person

  2. Ek het nogal baie aan julle gedink en gewonder hoe dit gaan.Ek is bly jy het nie jou blog toegemaak nie,want hierdie inskrywing is sooo interessant!
    Baie sterkte vir die pad wat steeds voorlê!

    Liked by 1 person

  3. Laat ons nou eers die seëninge tel: Susan se prognose is goed, jy is nie met ‘n graaf geblikskottel nie, jy het nie jou blog delete nie, jy is weer terug met ‘n lekker storie en pragtige fotos EN ek is seker jy het daardie bieragtige drankie geniet … ek is baie bly om jou te sien en weer jou sonderlinge humor te beleef. Welkom terug.

    Liked by 1 person

  4. Nou toe nou, dis n lekker stukkie oor hop/s. Ek het een plant in my agtertuintjie wat al vir drede jaar hops produseer. Hierdie jaar het dit sommer baie goed gegaan omdat ons nie so baie warmte gehad het nie. Daar is tog bye wat wel die blomme besoek en sekerlik heuning daarvan maak. Die stuifmeel en reuk is egter so sterk dat ek nies my gedaan as ek dit pluk. Dis eintlik my seun en sy brouery idees wat die plant in my sorg geplaas het. Mens het min nodig om n hele brousel smaak te gee so sterk is dit. Ek gaan die link vir my seun ook stuur. Baie dankie hiervoor.
    Ek is saam met almal bly dat jy nie jou blog uitgevee het nie. Dis tog ook maar n uitlaatklep vir mens se gevoelens. Baie sterkte met jou vrou se herstel tydperk en ook jou hantering van haar en jou kinders. Sommer n stywe druk vir elkeen van julle.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die besoek en bly die blog kon die vermoedens bevestig het oor die hops. Daar het soveel in die omgewing gebeur dat ek dalk nog, opvolg skryf. Dankie vir die volg sal daar by jou gaan loer.

      Like

    1. Baie dankie Spokie, wel jy ken dit nou beter. Baie mense ken nie hops nie en alhoewel ek gedog het ek weet iets van hops, het die graafslaan episode my laat besef dat ek eintlik bitter min weet. Was lekker om meer daarvan uit te vind en te vertel. My vrou het juis vandag weer vir ‘n chemo behandeling gegaan.

      Liked by 1 person

  5. Ek lees van bo na onder. Bly om te hoor dit gaan beter met jou vrou…. en ook met jou.
    Ek was toeka ‘n baie goeie pos by die SA Brouerye aangebied. My man het klaar sy hande saamgevryf oor die kaste bier wat elke maand ons kant toe sou kom…. ek het egter die pos van die hand gewys. Dit was ‘n interessante artikel dankie.

    Liked by 1 person

      1. Na ons wedergeboorte is my man nou ‘n geheelonthouer. Drank was ‘n groot probleem in sy lewe. Dus is hy nou ok dat ek nie die werk gevat het nie 😆

        Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.