Stap deur Adderleystraat en geniet Kaapstad se kersliggies

animation adderley cape town lights kaapstad liggies

Blommemark flower market Adderley street

Terwyl ek daar was kon ek nie anders as om die blommemark af te neem nie

Met ons terugkeer vanaf Waboomskraal omgewing (sien vorige blog) na die vakansie het die hair brain idee by my opgekom om in Adderleystraat op te stap en fotos van die Kersliggies te neem. Aangesien dit aand was sou ek die kamera op iets moes laat rus, maar ek het nie die vrymoedigheid gehad om met my driepoot in die straat op en af te stap nie. Hoekom weet ek nie rerig maar dit is nou maar so. Ek besluit toe om die monopod te neem, want jy kan ‘n kamera baie stil hou met die hulp van dié eenbeen “driepoot”. Buitendien die monopod indien nodig kan as wapen gebruik word en ‘n driepoot verleen homself nie daaraan nie.

In Kaapstad aangekom het die wind egter so erg gewaai dat dit my met tye rondgepluk het en ek het besef dat goeie fotos bykans onmoontlik gaan wees aangesien ‘n kamera doodstil moet wees weens die stadige sluiterspoed wat nodig is om die beskikbare lig op te neem.  Wou myself skop omdat ek nie ‘n driepoot gebring het nie. ‘n Wapen in Kaapstad se middestad is in elk geval nie nodig nie. Die stad is bykans altyd vol toeriste, wat natuurlik ‘n kriminele element kan lok maar ek het geensins bedreig gevoel nie. Die driepoot sou dus goeie ruil gewees het vir die monopod. Ek het nogal vir myself gesê (terloops as ek lus is vir intelligente geselskap praat ek met myself) dat enige intelligente persoon nie gaan probeer om nagfotos  in die wind met ‘n monopod te neem nie… Nou dit is waar jy wat hier lees in die prentjie kom. Verbeel jou ek het die gesprekke met intelligente jy gevoer en stap saam met my deur Adderleystaat.

Die wind is probelmaties maar ons was egter nou hier en sou sekerlik probeer fotos neem. Het met ‘n paar kameraverstellings geëksperimenteer. Die fotos is op die ou end nie heeltemal so skerp as wat ons dit graag sou wou hê nie, maar as dit nie die aand geneem is nie sou ons nie so vêr gekom het om dit te neem nie – jy is immers nie elke aand in die Kaap nie. Op die ou end het ons die aand baie geniet (soortgelyk aan die keer toe die boer my amper met ‘n graaf geslaan het – Kom Hop(s) saam met my). En nee ek het nie die behoefte gehad om iemand met die monopod te slaan nie, al het mense gestaar terwyl ek as monomens met my monopod lewensmomente laat materialiseer.

 Sien kommentaar onder en tussen-in die fotos.

adderley cape town lights kaapstad liggies

Let’s go Cape Town CITY of IDEAS

↑Daar is geen twyfel nie, hierdie is eintlik ‘n advertensie vir Kaapstad, die feesseisoen is maar net ‘n verskoning om die liggies op te sit, maar dit maak nie saak nie, dit bly mooi.

adderley cape town lights kaapstad liggies

↑Die liggies het merkwaardige detail van die moderne en geskiedkundige besienswaardihghede van Kaapstad. Van die Waterfront en Stadion tot die Kasteel en geskiedkunduge stadsaal waarin die Nasionale simfonie orkes gehuisves word. Die eerste keer wat ek na die simfonie orkes geluister het, het ek as student op die verhoog agter (tussen) die orkeslede gesit. Tchaikovsky se 1812 overture is uitgevoer en die groot drom (wat die kanonne verteenwoordig) was agter my. Nodeloos om te sê dit was nogal ‘n skrikwekkende verrassing toe die drom met passie agter my geslaan is maar terselftetyd ‘n ervaring wat ek altyd sal onthou.↓

adderley cape town lights kaapstad liggies

adderley cape town lights kaapstad liggies

↑Die besienswaardighede sluit in die wynroete en die kleurryke aantrekhokkies by Muizenberg. En Tafelberg (Kom klim Tafelberg saam met my!) hou natuurlik reeds op die eerste fotos wag oor die City of Ideas↓

adderley cape town lights kaapstad liggiesadderley cape town lights kaapstad liggies

↑Die voëls het gevlieg en die vlinders het gefladder tussen die blomme. Soos met die eerste foto heelbo wat ‘n kombinasie van 2 fotos is word die illusie van beweging geskep, maar ek kon dit nie regkry om die kamera met die monopod so stil te hou by hierdie fotos as wat ek met die boot en see reggekry het nie, anders sou ek nog gifs gemaak het.  Met die neem van die fotos het natuurlik nie aan die moontlikheid van gifs gedink nie. Volgende keer sal ek ‘n driepoot gebruik. ↓

adderley cape town lights kaapstad liggies

adderley cape town lights kaapstad liggies

↑Hierdie het my darem herinner aan die besoek aan die Kruger wildtuin Om te Kruger – Kruger National Park, South Africa Mense in tradisionele drag is ook hier uitgebeeld. Op die foto hieronder kry mens darem ‘n idee van die opeenvolgende liggies wat strek tot by die Kompanjie Tuine↓

adderley cape town lights kaapstad liggies

adderley cape town lights kaapstad liggies

↑Kersvader vlieg ook entoesieasties oor die pad. Met die Samsung gebou in die agtergrond wil dit voorkom asof Samsung vir Kersvader borg. Daar was na alle waarskynlikheid wel ‘n hele paar Samsung produkte in kersvader se slee.

Kersboom Hartenbos Liggies

Kersboom Hartenbos

↑Wat is Kersfees nou vanuit ‘n kind se oogpunt sonder ‘n Kersboom? Alhoewel daar wel ‘n kersboom in Adderley straat was, plaas ek hierdie een wat ek op Oujaarsaand afgeneem het in Hartenbos. Dit is nogal ‘n delikate mooi “boom” en ‘n gunsteling plek vir die tieners om selfies te neem.

Damelin Cape town lights

live ♦ love ♦ learn ♦ leave a legacy

↑Daaroor kan ‘n blog geskryf word! Die vraag kan natuurlik gevra word of   legacy laat iets is soos ‘n vleuel van ‘n kampus wat na jou vernoem word sodat jy onthou kan word. Of is legacy bou dat jy in ander se karakter inbou sodat hulle onthou kan word? ↓’n Engel hou wag oor die Suid-Afrikaanse Onderlin(g)e  Lewensversekeringsgenootskap. Nou dat jy weet wat dit in Afrikaans is mag jy nooit weer die term Old Mutual gebruik nie!

_20170107_215633-1200x800

nativity scene adderley cape town lights liggies kaapstad kerstoneel

↑Alhoewel hierdie kommersialisering van Kersfees is, is ek tog bly dat die kerstoneel steeds uitgebeeld word. Dat dat daar nog iets gesê word van die Christ of Christmas. Die engele kondig die geboorte van die Koning aan en die wyses bring aan Hom eer.↓

nativity scene adderley cape town lights liggies kaapstad kerstoneel

pragtige swaeltjies beautiful swallows

Die foto hierbo het ek Kersoggend op my tannie hulle se stoep geneem op die plaas Muldersbank buite Oudtshoorn.  Ek was nie van plan om ‘n kersboodskap te stuur nie maar die swaeltjies het my inspireer. Die foto en boodskap hieronder het ek via WhatsApp gestuur vir vriende en familie:

********

Ek het hierdie foto vanoggend geneem. Dit het my herinner aan die woorde van die gesang hieronder wat ons nog as kinders gesing het. Mag julle in 2017 te midde van die ups en downs wat die lewe bring die vreugde, vrede en voorsiening van Christus beleef in die wete dat Sy grootste voorsiening reeds gebeur het – Sy dood en opstanding.

Op berge en in dale, en oral is my God
Waar ons ook telke male mag swerwe, daar is God.
Waar ons gedagtes swewe of styg, ook daar is God.
Omlaag en hoog verhewe, ja, oral is my God!

Sy troue Vaderoë sien alles van naby.
Ons steun op Sy vermoë, word deur Sy Gees gelei.
Die swaeltjies behoed Hy, beklee met gras die dal.
Die kleinste wurmpie voed Hy, sorg vir die groot heelal!

Geseënde Kersfees

19 thoughts on “Stap deur Adderleystraat en geniet Kaapstad se kersliggies

  1. Minder as drie pote oftenot, die fotos is baie mooi. Ek hou van die temas wat gekies is vir al die voorstellings. Ek wonder of die ander groot stede nog soveel moeite doen? Dis ‘n besondere mooi foto en treffende boodskap wat jy uitgestuur het Abrie.

    Liked by 1 person

  2. Fotos pragtig soos gewoonlik….. ek wonder hoekom lyk hulle beter as myne wat ek met my Samsung foontjie geneem het? Ek dink aan julle as gesin.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.