Per aspera ad astra

Ek het voorheen 2 skrywes geplaas oor my dae as kangogrot-gids naamlik:

  1. Die mooi jong Amerikaanse dokter, die rugbesering en die Kangogrotte  asook
  2. Welkom in die Kangogrotte

Hierdie een is helaas nie so lighartig nie. Die titel van die blog was die leuse van o.a. die ou Suid-Afrikaanse lugmag en beteken Deur swaarkry na die sterre.

Maandag 9 Januarie 1991

Ek was op bystand vir die laaste toer van die dag. Indien die laaste groep groot is, word dit verdeel en ek neem dan die helfte van die groep op ‘n toer. Andersins hang ek by die ingang van die grotte rond en wag vir die laaste groep om klaar te maak, wat dan ook die dag gebeur het. Die meeste gidse ryloop reeds 16:00 huis toe. Ons het maklik geleenthede gekry saam met die toeriste. Na die 5 uur toer ry ons saam met die bussie.

Die restaurant area is die gebou in die middel van die foto. Die ingang na die grotte is net links daarvan. Alle fotos vanaf internet

Dit was nie lank na 5 of ek hoor die gedreun van ‘n ligte vliegtuig. Die vliegtuig het reguit in die rigting van die grotte gevlieg en ek was verbaas om te sien dat die vlieënier reg bo die dak van die restuarant hierdie akrobatiese toertjie doen.

loop2-gif

Op die onderpunt van die sirkel was die vliegtuig minder as 10m bo die grond. M.a.w. die vliegtuig was nader aan die grond as wat die restaurantkompleks hoog is, boonop het die bergwand net anderkant die gebou begin. Die margin of error was minimaal en toe sny die enjin uit (the engine stalled)…

Terug by die begin van die Desembervakansie 1990

Vakansie vir die massas – vakansiewerk vir die gidse. Een van die gidse was die jaar in matriek en het reeds ‘n vliegtuiglisensie gehad. Hy was ook die jongste persoon in Suid-Afrika met ‘n helikopterlisensie. Maar geen wonder nie hy is die seun die vlieënde dokter van Prins Albert wat reeds vanaf 1976 mense help wat ander dokters nie kon nie, aangesien hy ‘n vliegtuig gehad het. Vlieg was dus in familie se bloed.

Soos wat die vakansiewerk verloop het, het dit duidellik geword dat hy sommige van die gidse vir ‘n plesiervlug sou neem. Dit was amper soos ‘n gewildheidskompetisie. Ek het nooit probeer om deel van die pecking order vir die vlug te wees nie. Was ‘n hele paar jaar ouer as hy en toe hy die eerste dag met ‘n leerbaadjie en shades (very Tom Cruise) op toere gegaan het, dink ek hy het agter gekom dat ek nie dink dat hy Tom Cruise is nie. Op daardie stadium het ek nog nie probeer om in vrede met mense te leef nie. Die realiteit was egter dat hy ‘n begaafde vlieënier was, so miskien was ek net jaloers.

Die dag van die plesiervlug was daar ‘n opgewondenheid by almal maar veral by die gidse wat sou saamvlieg. Ek onthou nog hoe Chuck gesê het dat hulle dalk crash positions sal moet inneem. Destyds was daar ‘n film Airplane wat ‘n spottery was met tragiese flieks was van die genre. Toe daar gesê is take up crash positions het die mense in die vliegtuig orals oor die vliegtuig gaan lê asof die vliegtuig geval het. Ons het met Chuck se aanmoedinging onsself oor die banke en rotse uitgesprei soortgelyk aan die toneel hieronder uit die film en natuurlik gedink dit is vrek snaaks.

Met die woorde in my gedagtes hoor ek hoe die enjin uitsny. Die vliegtuig het egter voortgegaan met die sirkelbeweging en toe vat die enjin weer. Tom Cruise laat die vliegtuig teruggedraai en dit word al hoe kleiner in die rigting van Oudtshoorn.  Ek sou later uitvind dat die enjin veronderstel was om uit te sny. My vrese was dus ongegrond en dit was inderdaad ‘n baie indrukwekkende vlugtoertjie in die Top Gun styl.

Denkende aan dit wat ek pas gesien het, het ek ongeduldig gewag vir die toer om klaar te maak. Die gids was nie haastig nie (gewoonlik knip ons die laaste toer kort – moenie op laaste toer gaan nie). Eindelik op pad terug in die bussie het ek natuurlik iets gehad om te vertel.

Ek word eerste afgelaai in Oudtshoorn en ons buurman oom Joubert de Villiers is op hete kole op sy sypaadjie oorkant die pad en wink my nader. “Ek is bly om jou te sien”. ‘Hoe dan so oom” – eerste keer ooit dat ek so ‘n ontvangs kry. Dan vertel hy my die skokkende nuus waarvan die impak eers die volgende oggend werklik tot my deurgedring het. Die vliegtuig met die gidse het op ‘n woonstel agter in ‘n erf in Oudtshoorn neergestort verder af in dieselfde Jan van Riebeecklaan waarin my ouers bly. Die vliegtuig het op impak aan die brand geslaan en die vlieënier en nog iemand is onherkenbaar verbrand. Rudolph leef maar is kritiek in die hospitaal. Hein is ernstig beseer met brandwonde en is in skok, maar het sy bewussyn behou (en was later na baie operasies weer gesond).

Die oom was vroeer op die toneel en vertel my dat Hein gesê het dat ek saam met hulle in die vliegtuig was. Met die dat die bussie so laat gekom het het oom Joubert begin dink dat Abrie Joubert wel een van die persone was wat onherkenbaar is, maar wou nie vir my ouers sê nie.  Ek was verslae oor die nuus van die ongeluk en contra my natuurlike nuuskierigheid het ek nie gaan kyk waar die vliegtuig geval het nie. Hulle kon toe uitwerk dat Chuck die ander persoon is wat verbrand het.

Tragies genoeg is die families se truama vererger toe die vlieënier en Chuck se oorskot omgeruil is en in die verkeerde grafte begrawe is. ‘n Week na die begrafnisdienste is die fout agtergekom en is die kiste opgegrawe.

Die oggend na die ongeluk kom haal oom Burger ons by ons huise. Anders as in die middae het die gidse in die oggende as groep saamgery. Dirt was gewoonlik ‘n geskater en nonsens pratery. Hierdie keer was daar die mees ongemaklike en onnatuurlike stilte in die bussie.  Na sowat 15 minute maak ek die opmerking dat ons nie nou meer Chuck se “Ja Boet” sal hoor nie. Van die gidse het begin huil.  Ek was dankbaar dat ek nie op die 8 uur toer is nie. Later die dag het oom Burger ons ingelig dat Rudolph ook ondertussen oorlede is. Ek het met oom Burger gaan gesels. Chuck het die vorige dag vir hom gesê dat hulle die volgende dag dalk 3 mense minder gaan wees. “Hy het gesê 3 mense” herhaal oom Burger.

Dit was die eerste keer dat mense met wie ek daagliks in kontak was gesterf het en dit boonop op hierdie onverwagse manier. Ek weet nie of Chuck ‘n voorgevoel gehad het of hulle gaan sterf nie, indien wel was dit nie sterk genoeg om nie saam te vlieg nie. Ek weet ook nie of die gebeurtenis bygedra het dat ek later die jaar tot bekering gekom het nie, maar hulle dood het my wel blootgestel aan denke oor die lewe – per aspera ad astra.

Advertisements

28 thoughts on “Per aspera ad astra

    1. Daar het in 1991 verskeie dinge gebeur blogmateriaal 🙂 mar dit et wel ‘n indruk op my denke gemaak. Nie in die sin van wat sou gebeur as ek sterf nie eerder oor die sin van die lewe

      Like

    1. Sien ook kommentaar by ekmyselff. Rudolph het aan Crone se siekte gely. Hy het my in die begin van die vakansie probeer praat oor Christus. Hy wou weet hoe kom mens tot bekering. Ek kon hom nie help nie want ek het nog nie verhouding met die Here gehad nie. Dit pla my nogal maar op die ou end is dit God wat oortuig en dit is heeltemal moontlik dat hy Christus gevind het voor hy ‘n maand later oorlede is.

      Like

      1. Ja, so iets kan ‘n mens sekerlik pla. Maar weet jy, ek dink dis Satan wat jou laat sleg voel. God ken jou hart, dis die wonder daarvan en ek weet Hy sal jou nie verantwoordelik hou nie.
        Dalk is dit juis daardie vraag van hom wat jou voorberei het daarvoor dat, sou iemand dit weer vir jou vra, jy sal weet wat om te antwoord.
        Ek het as oortuigde Christen jongmens stranddienste gehou, jaar na jaar, en gevrees dat iemand my daardie vraag vra. Oor jare het dit natuurlik verander.
        Ek hoop ek het my woorde nou reg gekies!

        Liked by 1 person

    1. Ek het hierdie blog reeds verlede begin en dit het heeltyd in my drafts gelê. Ek het o.a. 7 links na archived koeranrberigte gesave. maar hierdie jaar werk die links nie meer nie. Sou dit aanvanlkik n.a.v. die koerantberigte geskryf het maar op die manier het daar meer van myself deurgekom.

      Liked by 1 person

      1. 🙂 Omrede ek hoofsaaklik reblog en ek op die gratis WP plan is…gebruik ek maar eerder “The Author” om verwarring te vermy oor wie nou einlik die artikel geskryf het…werk bietjie beter as voorheen toe die blogpost altyd “written by Wag ‘n Bietjie” gelees het. 😉 …nogmaals dankie vir die artikel Abrie… ek geniet jou skryfstyl!

        Liked by 1 person

    1. Hi Anthony I will give you the non-emotional summary of this. While studying I was a guide at the Cango caves for funds. We shared a lot of laughter and fun (I wrote 2 previous post about that). This post is about a new guide who came to work at the cave. As an 18 year old he had a light airplane licence and the only 18 year in South Africa with a helicopter license. He took 3 of the guides on a light airplane flight did a loop at Cango caves itself (I witnessed that as I was on standby) but upon his return to Oudtshoorn the plane fell on a home killing 3 guides and one survived. 2 of the guides were burned beyond recognition and the survivor in shock claimed I was in the plane with them. The post is about this chain of events and the emotional impact of it.

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s