‘n Venster op die Studentelewe

Daar kan baie gesê word oor die studentelewe en daarom is hierdie skrywe beperk tot gebeure in, om en deur vensters, maar aangesien ek in student mode ingaan en studente in elk geval nie mense is nie, kan ek moontlik afwyk van hierdie streng opgelegde beperking re vensters.

As eertsejaars word mens aanvanklik aangemoedig om lojaal te wees aan jou koshuis en in die 2de plek lojaal aan jou flat. Eers later kom die universiteit self ter sprake aangesien ons ‘n week voor die akademiese jaar reeds met ‘n orientasieprogram in die koshuis begin.  ‘n Flat is ‘n groep van 17 mans studente. Ek was in R-flat in die koshuis Xanadu by die Universiteit van Port Elizabeth, hedendaags  die Nelson Mandela Metropolitan University.

T-flat was reg bo ons en hulle eerstejaars het besluit om hulself te adverteer deur die letters T-flat in die vensters te plak. Sien Melodi koshuis se meisies loop daar verby oppad na die lesinglokale. Dit is mos nou onregverdig dat T adverteer word en ons nie. As lojale R-flatters moes ons as eerstejaars iets daaraan doen. Om R-flat in ons vensters te plak sou boring wees en geen inisiatief of kreatiwiteit toon nie. Ons sou as’t ware ons ouers se geld mors met sulke banale plagiaat. Ons het dus besluit om sux op ons vensters te plak met die gevolg dat die meisies gelees het: T-flat sux.

Alhoewel oplettenheid en intellektualisme minder vrugbaar gesaai was in T- flat is daar na sowat 10 minute agtergekom dat hulle negatief adverteer word. Een of ander bright spark het besluit om die T met R te vervang en dus die boodskap omgedraai ten einde ons negatief te adverteer: R-flat sux. Ons het egter die situasie fyn dopgehou en onmiddelik met ‘n alternatief vorendag gekom deur voor die sux ‘n T te plak met gevolglike boodskap:

R-FLAT

T-SUX

Ons het natuurlik die ironie geniet dat hulle ons adverteer en ons hulle terselfdetyd afkraak (I love it when a plan comes together). Dit het sowat 15 minute geneem voordat hulle die nuwe variasie agtergekom het, maar toe hulle dit agterkom het hulle HK (huiskomitee-lid) en die eerstejaars by die trappe afgestorm en wou hulle net baklei. Uiteindelik is die situasie ontlont met die ooreenkoms dat ons almal die beskrywings van ons vensters sal afhaal

  • Ongelukkig kan ek nie my fotos opspoor nie – het fotos van bostaande geneem.
Die ander dameskoshuis Veritas (Romeinse godin van waarheid wat gewoonlik uitgebeeld word as ‘n maagd geklee in wit)  is Flerrietas genoem ter plaatse. Die reëls by die koshuis was nie so streng nie, wat op hoorsê tot sekere aktiwiteite aanleiding gegee het…

Die vensters (wat eintlik skuifdeure was) was ook baie goeie observasiepunte. Oopgestoot het ons het dikwels op die vensterbanke gesit met die raam as ruglening, probeer cool lyk en afgestaar na die meisies wat verbyloop. Ek was egter nie ‘n Don Juan nie (of te ordentlik of te skaam) en het nie opmerkings teenoor die dames uit die hoogte gemaak soos sommiges  nie, maar kyk het ek gekyk.

Die vensters was ook handig om water by uit te gooi. Nee nie om die meisies nat te gooi nie (dit het ook gebeur), vir praktiese redes soos om ‘n koffiebeker leeg te maak wat uitgewas is. Uitwas beteken: gooi net kookwater en roer dit (niemand kan my beskuldig dat ek nie higiënies is nie). Eenmaal gooi ek die kookwater by die venster uit sonder om Port Elizabeth se winde in ag te neem en skielik hoor ek ‘n uitroep van pyn. Die wind het die kookwater by die oop venster direk onder myne ingewaai oor die persoon se boeke en op hom waar hy kaal bolyf studeer het. Dit was sekondes voordat my deur oopbars en ‘n befoeterde ou wat baie sterker as ek gebou is storm by my kamer in. Toe hy my sien lyk hy teleurgesteld. “Abrie as dit nie jy was nie het ek jou nou gem##r”. Gelukkig vir my was ek ek. Ek en Glen Watrus het goed oor die weg gekom en het gereeld in klasse langs mekaar gesit alhoewel ons op daardie stadium nog nie geweet hy is die buurman direk onder my nie. Die vriendskap was dikker as water en gelukkig het geen bloed gevloei nie.

Dit was egter nie die geval met my ander venster ervaring nie. Op daardie stadium was ek nie meer ‘n eerstejaar nie en slaap aan die ander kant van ons flat wat in die rigting van die ander mans koshuis Unitas kyk en my kamermaat is die naweek nie daar nie. Ek word wakker en terwyl my oë nog toe is voel ek hoe iets instinktief tussen my wysvinger en duim  gevryf word en dan sien ek die bloed. Onder kruisondervraging sou ek moontlik erken dat dit nou nie soveel bloed was soos in die Texas Chainsaw Massacre horror fliek nie. Ek kyk naamlik na ‘n stukkie glas wat my gesny het en ‘n bietjie bloed op my wysvinger laat uitsypel. Dan sien ek ‘n groot hoeveelheid versplinterde stukkies glas op my lessenaar, langs my bed tot by die deur van die koshuiskamer. Ek het nie verstaan wat aangaan nie. Is ek wakker? Ek kyk op na die gordyn wat in die wind wapper – dit is nie moontlik nie want ek het die vensters toegeskuif toe ek gaan slaap het.

Lang storie kort die venster is stukkend gegooi iewers in die nag. Dit moes ‘n geweldige slag gewees het, maar ek het nie wakker geword nie! Die halwe baksteen het gelukkig nie die venster teenoor my bed getref nie, maar langs my bed en die boekrak kamerverdeler. Geen glas het op die bed gelê nie behalwe die een stukkie wat op my kussing geval het. Ek het nogal gewonder hoe verduidellik ek hierdie (danksy my slapery en aangesien die baksteen teruggeval het) maar dit was baie duidelik dat ek nie die venster kon gebreek het nie weens die glas wat binne die kamer lê.

Maar waarom? Dis toe ek besef dat ek die kousale gevolg slagoffer was van die nuwe eerstejaars se optrede. Hulle het die vorige aand ‘n gat in ‘n badkamervenster van een van die flats by Unitas geskiet met ‘n kettie vanuit die kamer langs my. Hierdie was ‘n weerwraak aanval en die Unitassers het mis getas en gedink die aanval is uit my venster geloods. Ek kon potensieel seer gekry het en die persoon wat die venster gebreek was ‘n spook of “dood” want hy is nooit gevind nie.

Terloops in die weermag met rooi klaarstaan het ons in die mortierputte geslaap en beurte gemaak om die mortiere op voorafopgestelde teikens te skiet. Die persoon wat wag gestaan het, jou kom wakker maak om die bomme in die pyp af te gooi. As dit nie my beurt was nie het ek reg deur die afskiet van die mortiere hier langs my geslaap. Maar daaroor sal ek nog blog.

Advertisements

21 thoughts on “‘n Venster op die Studentelewe

    1. Baiek dankie, ja ek het dit self geniet om down memory lane te gaan 🙂 Daar is nog venster stories maar dit moet wag tot ‘n ander keer. Terloops een van my snaakse stories (maar ook met ‘n geestelike element) wat min mense nog gelees het aangesien dit al in 2013 geskryf is (daarna het ek vir 2 jaar ophou skryf) en eers verlede jaar ‘n blogger geword is https://abriejoubert.wordpress.com/2013/07/04/n-beproewing-in-bellville-biblioteek/

      Liked by 1 person

  1. Dis darem maar lekker herinneringe. Terwyl jy student was het jy nooit kon dink dat dit so avontuurlik was nie. Ons het as dameskoshuise altyd gewag vir die besoeke van die universiteits manne om moeilikheid te kom maak met ons arme onderwyskollege ouens. Hul het altyd gedreig om n dameskoshuis oor te neem, dan het ons mansstudente hul voorgelê. Was mestal meer lawaai as werklik seermaak.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s