🙊 Die bobbejane en die aperazzi ðŸ™‰

‘n Rukkie terug het Spokiesnyspoor haar beste portretfotos vir Maart  aan ons gewys en die pragtige modelle kom almal uit die Kruger Wildtuin.

Dit het my lus gemaak om ook weer ‘n slag oor diere te  blog. My vorige onderwerp gaan nou weliswaar oor drake maar hierdie drake is nie vlees en bloed diere nie. In die gedig wat ek daar geplaas het sinspeel Watermeyer daarop dat hulle Trojaanse perde is: “word hy ons stadspoort ingebring”. Trojaan is op hierdie griffel nie – bojaan wel. Die wêreld is natuurlik vervuil met bobbejane maar ek hoop hier is ‘n ongewone foto of twee (ek weet dat hier ongewone inligting op is).

Kom ek noem hierdie maar ‘n fragment uit ‘n stap wat en en my vriende gedoen het vanaf Constantianek tot by Kalkbaai waaroor ek lankal wou blog. Langs die pad het ons hierdie Chacma bobbejane ontmoet wat natuurlik ‘n bonus was in fotografiese konteks. Daar het ek vir die eerste keer Bobbejaanwagter ontmoet – sy amptelike werk . Hy ken elke bobbejaan persoonlike en hulle volg hom. Dit word gedoen in samewerking met die stadsraad en die gemeenskap en in die aand slaap hulle in ‘n skuur op ‘n boer se plaas en die boere gee self kos vir hulle op ‘n spesifike plek. Ek het bepaald nie besef dat daar sulke werk is nie en was interessant om net die wagter te praat, alhoewel dit meerendel deur my vriende gedoen is aangesien ek fotos geneem het. Alhoewel die leierbobbejaan anders beweer het is dit wat om sy nek is ‘n radiosender om te bepaal waar hierdie bobbejaantrop hulle bevind aangesien hulle so na aan die stad is. Lees meer daaroor hier. Daar is glo reeds 60 bobbejaanwagters in diens, maar was eerste keer dat ek een raakgeloop het.

Let wel aangesien die Bobbejane in die Suidelike voorstede bly is hulle Engelssprekend. Ek het egter vertaal wat hulle gesê het.  Sien die sleutel:

Sleutel:

  • Script written in normal type was uttered by us Southern Suburb baboons in English and translated by an ape with a camera to Afrikaans. We do not take any responsibility for his translations.
  • (Wat in kursiewe druk in hakkies geplaas is my eie woorde of denke  – ek neem nie enige verantwoordelikheid vir wat die bobbejane sê nie – vertaal dit bloot)
  • (Die gesprekke en of denke word onder die fotos weergegee)

↑(Lyk my daai bobbejane wag vir beter dae of sneeu om hulle ski tegniek te oefen)

↑Spot jy met my? Die vorige ou wat met my gespot het se kroonjuwele word veilig bewaar in die houer om my nek!

Do not be intimidated by that self-starter (o gaats het vergeet ek vertaal dit -. Moenie geintimideer word deur daardie knormoer nie, hy is maar altyd so knorrig. Verwonder jou eerder oor my sysagte pels en aristokratiese profiel. Terloops ek lyk so danksy my organiese sjampoe – stel jy belang… uh jammer miskien stel jou vriende belang

↑My naam is Pretty-as-can-belina (jammer vertaal nie name nie). Ek gaan eendag mej. Wêreldjaan wees, nee nie omdat ek wil spog met my prag nie, bloot omdat ek die platform wil gebruik om wêreldvrede te bewerkstellig en ‘n einde aan armoede te maak.

↑Verskoon my nou asb, ons pragtige toekomstige diplomate van formaat het ons skoonheidslapies nodig.

↑Ai my sussie weet nie wat belangrik is nie. Ek oefen al klaar om met selfvertroue te frons soos my pa sodat ek ‘n goeie leier kan wees soos hy.

↑Ai my seun laat my glimlag, kyk hoe frons hy en kyk hoe mooi is sy sussie, natuurlike my gene; o gaats ek hoop nie hulle het my glimlag gesien nie – laat ek weer intimiderend frons.

↑Gmph daai 2 witbroodjies – ek verkies om sommer net rond te hang of is dit nou uit te hang (nie seker of ek dit reg vertaal het nie)

↑Hierdie spa-jaan behandelings is hemels, dit maak my so kalm en rustig. Kan jy dit oorvertel daardie dekselse haarlose lens-aap staar vir ons en ek gaan hom nou goed sleg sê. Nee onthou die doel van die spa-jaan behandeling wat ek jou gee . Nou goed ek sal hom rustig vuurrooi van skaamte maak.

Besef jy dat jy inbreuk maak op ‘n besonders intieme oomblik (toe sy dit sê en so vir my kyk het ek  vir een of ander rede vreeslik skuldig gevoel en gebloos)

↑Ek is koning van die hele oerwoud. Mamma die Tokai bos is mos die hele oerwoud?

↑Ai die aperazzi raak nou te intimiderend, mammaaaaaa

↑My kind wat ook al gebeur, ons kan darem dankbaar wees dat ons nie in die klein tronke daaronder vasgevang is nie

Sien ook In the middle of Africa with a Chacma baboon on top

16 thoughts on “🙊 Die bobbejane en die aperazzi ðŸ™‰

    1. Natuurlik as kind het ek in ‘n oerwoud agter gebly en moes vir oorlewing leer om met die diere te kommunikeer. Na ek eenmaal ‘n luiperd doodgemaak het wat ‘n verwagtende wyfiebobbejaan wou doodbyt het hulle my as hulle alfa male aanvaar. Daar is verskeie films daaroor gemaak en ek moet tog onthou om daaroor te blog (en hoop nie iemand lees hierdie opmerking in isolasie nie want dan trek hulle vir my ‘n wit pak aan met allerhande gespes)

      Liked by 1 person

  1. Dankie Gerda. Ek het al paar keer daar by jou ingeloer en soos jy skryf ek ook oor dinge wat met my gebeur het en neem gewoonlik deel aan ‘n weeklikse foto-uitdaging. Ek het ook ‘n dag gehad wat deur hael beinvloed is en dit beskryf in ‘n verhaal wat tiperend van my skryfstyl is. Lees dit gerus en as jy nie lag nie kry jy jou geld terug 🙂 en nee die titel is nie letterlik nie. https://abriejoubert.wordpress.com/2016/05/21/die-dag-toe-tertia-in-n-man-verander-het/

    Like

    1. Jy moet my kat fotos sien😹Dankie ons was bevoorreg om naby hierdie groep verby te beweeg en hulle was gelukkig lui. As mens na foto nr 11 kyk is dit moeilik om te glo dat die naaste huis 200m van daar is. O ja dankie dat jy hier kom aspaai het dit darem al by jou ook gedoen

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.