To my English enabled friends: Nala is the family’s dog and Miaau our cat (and also the only cat in the world which can say his own name). Alas they are not each other’s friends but they are our friends. We “inherited” both as adults. With the launch of the WPC Friend topic I thought to myself that I should do a post about Nala as she is 14 years old and having being diagnosed with a heart condition 4 weeks ago, may be in her final year.
Well I did not and Nala died unexpectedly 2 days ago. Thus the post to honor a living Nala has become a eulogy. It is the worst for my wife as Nala trained with Susan while she was still able to do marathons. They had a special bond. I also added a few photos of our 15 year old cat. Miaau slept over at the vet to have abscesses drained when Nala died, but Miaau is fine although he does not look it as the hair on his neck and chest is shaved. While a lot of the photos are self explanatory the rest of the post is in the language Nala could speak: Afrikaans.
- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to WPC click here
Abrie dink mos hy is snaaks omdat sy ma vir sy stories lag. Ek daarenteen weet ek is snaaks. Ek hoef net te gaap en te nies, dan lag al die Joubert dames. Abrie het ‘n DVD gekoop wat beweer dat jy ‘n hond se IK kan toets. But the joke was on him – as jy bereid is om die R150 daarvoor te betaal is dit ‘n bewys dat jou hond se IK hoër as joune is!
Woef en dan is daar die een van die inbreker wat seker gemaak het dat die mense uit die huis is voordat hy inbreek. Pas het hy begin om artikels in ‘n sak te laai en hy hoor ‘n stem: “Jesus hou jou dop”. Aanvanklik skrik hy hom boe(f)lam maar sien toe die papagaai in die hok. “Jesus hou jou dop” sê papagaai weer. “En wie is jy” vra die inbreker. “Moses” “Nou watter simpel mense noem hulle papagaai Moses” Seker maar dieselfde simpel mense wat hulle Rotweiler Jesus noem” antwoord Moses…
***********
Sowat 10 jaar gelede kom ons in die aand by die huis aan en daar is ‘n vriendelike Staffordshire Terrier voor in ons erf. Dit is duidellik dat die hond goed versorg is en ek besluit om die hond by ons te hou en die volgende dag na Tygerberg Dierehospitaal te neem wat een van die standaard plekke is waar mense altyd vir hulle honde soek. Ons bêl ook rond en lig ‘n verkeidenheid plekke in waar die hond is en natuurlik die kleuterskool en en skool waar my kinders is. Lang storie kort die hond (Nala se broer Boesman) se eienaar was in my jongste dogter Elrike se kleuterskool klas en so begin ‘n vriendskap met die ouers. Drie jaar later trek hulle na George en soek iemand om vir Nala (wat ons toe reeds ‘n hele paar keer gesien het) oor te neem en ons word die trotse eienaars. Ons kuier steeds jaarliks by hulle en die pragtige sampioene is afkomstig van ‘n stap wat ons saam met hulle gedoen het. Die honde het tot ‘n lewenslange vriendskap gelei. Ek moet darem ook noem dat sy vrou 2 jaar later vir my oudste dogter klas gegee. Baie van julle sal hulle seun herken want hy was in Kokkedoortjie. My vriend Henry stuur vir my hierdie WhatsApp nadat ek hom ingelig het:
Henry was dan ook die eerste persoon wat destyds op my blog kommentaar gelewer het:
Dis die beste ding wat mens ons kan gebeur – herwinde of nuutgevonde perspektief.
Sterkte Henry
Sien Ewigheidsperspektief
Met Nala se dood en die virtuele deurblaai deur die fotos het ek besef dat ‘n hond meer veelsydig in ‘n gesin integreer word. Daar is fotos van ons en Nala op ander plekke as ons huis maar daar is nie fotos van ons en die katte op ander plekke as die huis nie. Aan die anderkant het Nala buite gebly terwyl katte weer meer in die huis by hulle onderdane is.
Susan en haar hond. Ongelukkig het ek nie ‘n foto van waar dié 2 saam draf nie, maar sien julle ook die spoed?
God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom Johannes 1:17
Soos wat ons ouer word is dit nie altyd so eenvoudig om in genade ouer te word nie. In waarheid ouer word ja, of dit nou God of ons eie waarheid is. Dit waarmee ons gemaklik is word dikwels ons waarheid en moenie inbreuk daarop maak nie – ons eie wet van Moses. Nala was ‘n hond en nee ek dink nie daar is ‘n hondehemel nie maar Nala het in genade grys en ouer geword, haar gemoedelikheid behou.
Mag die Here my die genade gee om in Sy waarheid en genade ouer te word. Om myself en mekaar, ja selfs my “vyande” in genade te hanteer.
Dink aan jou en jou gesin in die moeilike tyd…. Mag sy in vrede rus.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Aspaai. Dink spesifiek aan my vrou weet nie of jy konteks van Susan ken nie. https://abriejoubert.wordpress.com/2016/10/03/o-my-soul/
LikeLike
Sal so maak. Sal loer en haar in my gebede opdra.
LikeLiked by 1 person
I’m so sorry to hear about your dog. They’re part of the family and the house just isn’t right without them in it. Sending hugs 😦
LikeLiked by 1 person
Thank you Alba I appreciate it.
LikeLiked by 1 person
Sit ek nou hier in trane oor ‘n wildvreemde ou hond.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die meegevoel tannie Frannie My vrou het my in trane gekontak by die werk dat ons onmiddellik die hond moet laat uitsit en by huis aangekom was die Nala reeds oorlede
LikeLike
So ‘n verlies laat ‘n verskriklike leemte.
LikeLike
Met dir kinders wat more eksamane skryf het ons besluit om nie te gaan uiteet maarr wel agter in die tuin geeet. Nala was nie daar. En al het ek ‘n rukkie voor dit besef Nala was nie daar nie wou ek na die ete van die kos vir Nala uitkrap…
LikeLike
Ai, eina…
LikeLiked by 1 person
A truly difficult time for you all. What wonderful pictures you have of Nala and even more memories … our pets remain with us in our hearts.
LikeLiked by 1 person
Thank you Anne yes they do and Nala was special
LikeLike
So mooi met ons gedeel, Abrie. Jou fotos is pragtig. Ek gaan beslis ook op die link lees oor Susan. Sterkte vir julle.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Una ek waardeer die saamlees en beleef
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotos van jou dierevriende en hulle mense, Abrie. Dit laat ‘n groot leemte as hulle ons verlaat. Sterkte daar.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester op hierdie stadium is daar nog elke dag iets wat mens aan haar herinner, soos om die kos te wil uitkrap vir haar…
LikeLiked by 1 person
Dit wys jou net tot hoe ‘n mate hulle deel word van jou gesin en jou leefwyse. Hulle bly deel van jou verwysingsveld as jy terugdink aan die verlede.
LikeLike
So sorry for your loss, Abrie. I can see that your wife and family were very attached to Nala. 😥 Miaau is a beautiful cat!
LikeLiked by 1 person
Thanks Ally. Yes Miaau has practiced grooming for 15 years which explains his beauty. Nala is being missed
LikeLiked by 1 person
*drukkie* ❤
LikeLiked by 1 person
Baie dankie💟
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Mooi storie. Ja, mag ons mooi oud word.
LikeLiked by 1 person
Dankie ja mag ons inderdaad ‘n goeie geur wees
LikeLiked by 1 person
Jy maak mens hartseer man. Jammer oor die hond, hulle word mos soos famielie.
LikeLike
Dankie Danie die dames het ondertussen na ander honde gaan kyk – ek is nie saam nie gaan nog tydjie wees voordat ons weer hons het
LikeLike
Ai ek is saam met julle hartseer,Abrie. ‘n Troeteldier,veral ‘n hond,is deel van mens se gesin.Pragtige foto’s om haar lewe te gedenk.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Dina dit is inderdaad so dat sy op verskeie plekke al saam was. St word gemis
LikeLiked by 1 person
Dankie Dina, ek is seker bevooroordeeld (‘n hondemens) maar soos genoem daar is net meer plekke met fotos van ons en die hond
LikeLike
Dis so mooi ode aan Nala
LikeLiked by 1 person
Dankie sy was ‘n mooi en gemoedelike hond
LikeLiked by 1 person
Sorry to hear, Abrie. Lovely photos!
LikeLiked by 1 person
Thank you Anne hope you are well
LikeLiked by 1 person
My pleasure. 🙂 Slowly but surely getting better. The universe keeps sending me tests and I falter but I shake it off and move on. Soon, I won’t mind the taxis. Haha!
LikeLiked by 1 person