Nala & Miaau: friends – vriende

To my English enabled friends: Nala is the family’s dog and Miaau our cat (and also the only cat in the world which can say his own name). Alas they are not each other’s friends but they are our friends. We “inherited” both as adults. With the launch of the WPC Friend topic I thought to myself that I should do a post about Nala as she is 14 years old and having being diagnosed  with a heart condition 4 weeks ago, may be in her final year.

Well I did not and Nala died unexpectedly 2 days ago. Thus the post to honor a living Nala has become a eulogy. It is the worst for my wife as Nala trained with Susan while she was still able to do marathons. They had a special bond.  I also added a few photos of our 15 year old cat. Miaau slept over at the vet to have abscesses drained when Nala died, but Miaau is fine although he does not look it as the hair on his neck and chest is shaved. While a lot of the photos are self explanatory the rest of the post is in the language Nala could speak: Afrikaans.

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Nala in gemoedelike luim besig om ‘n grappie te vertel

Abrie dink mos hy is snaaks omdat sy ma vir sy stories lag. Ek daarenteen weet ek is snaaks. Ek hoef net te gaap en te nies, dan lag al die Joubert dames. Abrie het ‘n DVD gekoop wat beweer dat jy ‘n hond se IK kan toets. But the joke was on him – as jy bereid is om die R150 daarvoor te betaal is dit ‘n bewys dat jou hond se IK hoër as joune is!

Woef en dan is daar die een van die inbreker wat seker gemaak het dat die mense uit die huis is voordat hy inbreek. Pas het hy begin om artikels in ‘n sak te laai en hy hoor ‘n stem: “Jesus hou jou dop”. Aanvanklik skrik hy hom boe(f)lam maar sien toe die papagaai in die hok. “Jesus hou jou dop” sê papagaai weer. “En wie is jy” vra die inbreker. “Moses” “Nou watter simpel mense noem hulle papagaai Moses” Seker maar dieselfde simpel mense wat hulle Rotweiler Jesus noem” antwoord Moses…

***********

Sowat 10 jaar gelede kom ons in die aand by die huis aan en daar is ‘n vriendelike Staffordshire Terrier voor in ons erf. Dit is duidellik dat die hond goed versorg is en ek besluit om die hond by ons te hou en die volgende dag na Tygerberg Dierehospitaal te neem wat een van die standaard plekke is waar mense altyd vir hulle honde soek. Ons bêl ook rond en lig ‘n verkeidenheid plekke in waar die hond is en natuurlik die kleuterskool en en skool waar my kinders is. Lang storie kort die hond (Nala se broer Boesman) se eienaar was in my jongste dogter Elrike se kleuterskool klas en so begin ‘n vriendskap met die ouers. Drie jaar later trek hulle na George en soek iemand om vir Nala (wat ons toe reeds ‘n hele paar keer gesien het) oor te neem en ons word die trotse eienaars. Ons kuier steeds jaarliks by hulle en die pragtige sampioene is afkomstig van ‘n stap wat ons saam met hulle gedoen het. Die honde het tot ‘n lewenslange vriendskap gelei. Ek moet darem ook noem dat sy vrou 2 jaar later vir my oudste dogter klas gegee. Baie van julle sal hulle seun herken want hy was in Kokkedoortjie. My vriend Henry stuur vir my hierdie WhatsApp nadat ek hom ingelig het:

Henry was dan ook die eerste persoon wat destyds op my blog kommentaar gelewer het:

Dis die beste ding wat mens ons kan gebeur – herwinde of nuutgevonde perspektief.
Sterkte Henry

Sien Ewigheidsperspektief

Met Nala se dood en die virtuele deurblaai deur die fotos het ek besef dat ‘n hond meer veelsydig in ‘n gesin integreer word. Daar is fotos van ons en Nala op ander plekke as ons huis maar daar is nie fotos van ons en die katte op ander plekke as die huis nie. Aan die anderkant het Nala buite gebly terwyl katte weer meer in die huis by hulle onderdane is.

‘n Klein Irisna (nou in graad 11) in die eerste jaar wat Nala by ons was)

Kosbare herrinneringe vir die kinders en ons

Liefderyk kyk hul na mekaar – ek raak amper jaloers :). Terwyl kinders in parkie speel

‘n Sondagmiddag waar die kinders veilig op ‘n lee parkeerterrein kan fietsry en ons met Nala kan stap in die park

‘n Pragtige en vriendelike hond (waarvoor rondlopers bang was)

Susan en haar hond. Ongelukkig het ek nie ‘n foto van waar dié 2 saam draf nie, maar sien julle ook die spoed?

Elrike geniet Nala

Nala het my hart warm laat klop toe sy in die hok wat ek vir haar gebou het gaan sit (en slaap het) self voordat dit klaar was.

Nee Nala is nie honger nie. ‘n Speelding wat Nala begrawe het tussen die Clivias en my nie beindruk het nie. Ek het die bak weggesteek en die kinders het dit weer ontdek en vir hond gegee – “bose” kringloop.

Verlede jaar in November en Nala wat merkbaar grys geword het.

Laaste foto wat ek van Nala geneem het, verlede Vrydag. Elrike se pap bakkie het geval en sy span toe vir Nala as stofsuier in 🙂

Miaau het eers 5 jaar terug amptelik ons kat geword toe die bure getrek het maar reeds 14 jaar terug ons gekies toe ons hier kom bly het deur die meeste van sy tyd by ons te spandeer.

Sy edele Koning Miaau op sy troon

Laaste 2 fotos is 2 maande terug geneem, moeilik om te dink dat hierdie kat 15 jaar oud is.

God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom Johannes 1:17

Soos wat ons ouer word is dit nie altyd so eenvoudig om in genade ouer te word nie. In waarheid ouer word ja, of dit nou God of ons eie waarheid is. Dit waarmee ons gemaklik is word dikwels ons waarheid en moenie inbreuk daarop maak nie – ons eie wet van Moses. Nala was ‘n hond en nee ek dink nie daar is ‘n hondehemel nie maar Nala het in genade grys en ouer geword, haar gemoedelikheid behou.

Mag die Here my die genade gee om in Sy waarheid en genade ouer te word. Om myself en mekaar, ja selfs my “vyande” in genade te hanteer.

34 thoughts on “Nala & Miaau: friends – vriende

    1. Dankie vir die meegevoel tannie Frannie My vrou het my in trane gekontak by die werk dat ons onmiddellik die hond moet laat uitsit en by huis aangekom was die Nala reeds oorlede

      Like

        1. Met dir kinders wat more eksamane skryf het ons besluit om nie te gaan uiteet maarr wel agter in die tuin geeet. Nala was nie daar. En al het ek ‘n rukkie voor dit besef Nala was nie daar nie wou ek na die ete van die kos vir Nala uitkrap…

          Like

Laat 'n boodskap na Alba Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.