To my English enabled friends here is the “executive” summary: I am telling my blogging friends to metaphorically come and explore First and Second Waterfall with me. It is in an amazingly beautiful area namely Jonkershoek Nature reserve outside Stellenbosch, South Africa and I described some of it briefly in the WP Narrow photo challenge 2nd waterfall 2nd to none (I would acknowledge that there are more impressive waterfalls but I am referring to the experience in going up the river and climbing up the narrow gorge leading to Second Waterfall. An incredible experience: “Once through the gorge it opens up into a cathedral consisting of amazing rock walls, an exquisite blue roof and a massive organ playing thundering rushing music”.
- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to WPC click here
The post I am doing today is primarily about First Waterfall which is an ideal short hike for a family with children to go and have a picnic, 3.6 km there and back. I would not advise the climb to Second Waterfall to anybody with fear of heights and certainly not primary school children as the rock scrambling in wet conditions is hazardous . Two weeks before we went a student fell and the next day was airlifted out of the gorge – quite a feat (the airlifting not the fall…). Thus although you have to wait till next week to hike successfully with me and friends you can go and injure yourself so long by clicking on the link under the last photo (helicopter) which tells the student’s ordeal in English. What follow now is essentially a comic (super hero) strip but in Afrikaans before I forget how to write in Afrikaans.
Kom verken Eerste en Tweede Waterval saam met my!
⇓In Julie verlede jaar het ons hierdie gestap en Danie aan die regterkant was hierdie keer die gids aangesien ek nog nie tot by Tweede waterval gestap het nie. Uit die aard van die saak is die “Before” foto baie belangrik. Hier kan die intelligensie, braafheid en coolness met ‘n stok aangevoel word en nee ons is nie koel omdat dit winter en koud is nie…
⇓Baie gou is die voertuig waarmee jy gekom het nie meer in sig nie en is jy, die paadjie en die rivier ‘n driemanskap. Geniet die stap mede-blogger.
⇓Hierdie pragtige geel Protea het ons ingelig dat Eerste waterval in sig is en dat ons moet afdraai.
⇓Daar is ‘n natuurlike woud voor en om die waterval wat dit nogal geheimsinnig laat voel.
⇓En indien die woudbewoners (dwergies en feëtjies) jou toelaat wag die toneel hieronder jou in. Daar is meer ruimte as wat dit hier lyk en is regtig ‘n lekker piekniekplek. Die waterval is egter nie Eerste Waterval nie, wel dit is maar slegs die onderste punt daarvan. Om soontoe te gaan is rotsklou nodig (wat is rock scrambling in Afrikaans). Toe ek en my gesin jare terug hier was het ons hier gestop. Daar is egter die pad aan die linkerkant om die rots met boom op wat na die boonste deel van die waterval lei. Het op daardie stadium nie eers daarvan geweet nie.
⇓Wanneer jy ‘n stuk verder op geklim het – volg die paadjie – kom jy na omtrent 70 m (lengte van paadjie, nie hoogte) hier uit.
⇓Hier het ek ook die selfie funksie in die groter foto van my selfoon die eerste keer probeer. Dit is nogal handig vir mense wat graag vir vriende sou wil wys dat hulle by die Eiffeltoring was sonder dat daar meer van jou in die foto is as die Eiffeltoring (van die fotos is met my waterdigte selfoon geneem en ander weer met my Nikon kamera).
⇓Op pad terug en Danie en Jacques kies die moeiliker roete (gesinne daar is veiliger een wat verder links is, weg van die afgrond)
⇓Ernstige stappers soos ons het uit die aard van die saak nie tyd vir droog maak (gelukkig baie moeilik in so nat omgewing) ginnegaap of nonsens (intellektuele beuselelagtighede) te praat nie.
⇓Op pad terug uit die kloof het hierdie boom en geel blomme my oog gevang wat uit die rotswand groei.
⇓Teen hierdie tyd het die mis ook gelig en vir die romanties ingesteldes, dit vorm ‘n hartjie, en gooi daarby ‘n feëtjiewoud, pragwaterval en omgewing in en jou planne kan nie verkeerd loop nie. Maar net ‘n entjie nader aan die hart is die onromantiese taak verrig om die watervriendelike skoene uit te trek en kouse en stapstewels (tydsaam) aan te trek . Volgens ons “navorsing” is die stappaadjies in die winter vol water maar tot dusver was daar geen teken daarvan – empiries verkeerd bewys.
⇓Terug by die paadjie sou self die mees stiksiende wetenskaplike kon agterkom dat van die waterval se water nou in die paadjie vloei. Ons “navorsing” is toe wel empiries bewys en het nou die status van regte navorsing gekry. Stellenbosch kon sommiges van ons maar ‘n beurs gee. Pieter en Jacques het besluit dit is beter om nat tone te vermy en het geboendoe-bash! Dit help soms wanner jou stewels waterdig is.
⇓ ‘n Pragtige wintersdag met ‘n uitsig begroet ons ‘n ent verder.
⇓ Tot dusver was dit ‘n gemaklike stappie maar die klim na Tweede Waterval begin.
⇓Met Tweede Waterval sigbaar regs bo in die foto groet ek julle vir eers tot volgende week wanneer ons die bergstewels gaan moet uitrek om te kan vastrap en ook papnat word, veral sommiges; maar julle is welkom om saam met die student daar te gaan afval.
⇓Aanvanklik toe Danie hierdie foto vir my gewhatsapp het het ek gedink dit is met photoshop gedoen maar dit is nie. Daar is egter meer ruimte waar die helikopter vlieg – vlieg nie in die skeur self nie, nogtans merkwaardig. Die student is hoër op geneem tot waar die helikopter kon land.
Ek sien een van julle het sommer sandale aan! Is dit beste voetgoed as mens so natterig gaan stap? Ek wonder maar net. Dit lyk na n belewenis om so daar te loop.Sien uit na die volgende deel. Wonderlike werk wat die reddingshelikopters en hul mense doen.
LikeLiked by 1 person
Die sandale wat hy aan het se sole trap beter vas op die nat gladde klippe as stapstewels. Ek het ook in die 2de gedeelte (toe ons in rivier voor 2de waterval op is) my stewels uitgetrek en skoene aangetrek wat gemaak is om in water mee te loop. Maar met normale staptogte sal die sandale of water skoen nie werk nie.
LikeLike
I see! Het maar gewonder, klink logies van nattigheid en sole wat moet vasklou.
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis die mooiste foto’s Abrie.
En daardie geel protea….
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ek het fotos van ‘n baie mooi groot geel protea op ‘n ander stap geneem waaroor ek nog moet blog en dan sal ek jou sommer ping en die geel protea foto opdra aan jou.
LikeLike
Hierdie is wonderlike inligting, Abrie. Ek is nie ń stapper nie, maar regtig, jy inspireer ń mens.
LikeLiked by 1 person
Wel opmerkings soos joune inspireer my! Nooit te laat om the begin nie. Die Krokodilberg en Zebra dagstappe begin by die Hennops kampterrein en hulle se spesifiek dat as mens in staat is om op die verhoog te sing en dans op 70s partytjies is mens fiks genoeg om albei in ‘n na week te doen 🙂
LikeLiked by 1 person
En dan praat ek nie eers van die staproetes in Indonesia nie!
LikeLike
Sowaar? Dat hulle nou soveel insig openbaar…🙄
LikeLiked by 1 person
Dis asemrowend mooi
LikeLiked by 1 person
Ja dit darem maar ‘n mooi wereld – wag tot volgende week en 2de waterval 🙂 Bly jy het saamgestap
LikeLiked by 1 person
Dis darem ‘n lieflike omgewing Abrie. Ek was laas daar in 1969. Dankie vir die deel van die pragtige fotos; ek het lekker saam met jou gestap.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het lekker saamgestap. Volgende week klim ons na 2de waterval. In 1969 was ek volgens oorlewering in Bloemfontien – kan dit egter nie onthou nie.
LikeLiked by 1 person
haha, nou het ek my ouderdom weggegee!
LikeLiked by 1 person
Ek dink darem daar was al in die verlede genoeg leidrade om jou ouderdom uit te werk 🙂
LikeLiked by 1 person
Mooi foto’s
LikeLiked by 1 person
Dankie Tina. Ek sal van die water vir jou bottel dan kan jy dit verkoop op Sondagkopies
LikeLiked by 1 person
Jy moet aan ‘n treffende naam dink!
LikeLiked by 1 person
FIRST water 💦 2nd to none
LikeLiked by 1 person
Maybe I didn’t understand the language but I appreciated the photographs, therefore I liked the post 🙂
LikeLiked by 1 person
It is for people like you that I wrote the summary. Thanks for enjoying the blog I enjoyed the hike. Next week with 2nd waterfall it beomes even more interesting (especially the written part😝😁) but I promise if you write in Scottish I’ll still enjoy it😂
LikeLiked by 1 person
I’ll write in Scottish just for you Abrie.
The quiz will be later…. 😜
LikeLiked by 1 person
Bring it on!
LikeLiked by 1 person
So pragtig,Abrie…ek wens ek was so lekker fiks om so ‘n staptog aan te durf!Gelukkig kan ek meeloop op jou foto’s!Groen van jaloesie,hoor!
LikeLiked by 1 person
Jy kan tot by 1ste waterval net 1.8 km tot daar Volgende week se 2de waterval is meer van challenge.
LikeLiked by 1 person
Ek sien uit daarna!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat ek kon saamstap en die pragtige natuurskoon sien. Hier vanaf my relaxer lyk dit na ‘n heerlike uitstappie….. PUNT. Van die nonsenspraat op daardie een foto glo ek net mooi niks…. julle gesigte vertel ‘n ander storie. O ja, ek val- sonder grappies nou – so af en toe van my relaxer af….. dit is vêr genoeg vir my dankie!!!
LikeLiked by 2 people
Lekker saamgestap Abrie. Iets wat ons gesin ook vroeër gedoen het. Die 3 of 5 dae staptogte, maar die knieë wil nie meer nie. Pragtige fotos.
LikeLike
Dankie Danie vir die saamstap. Gelukkig maak saamstap via die skerms 3 skerms op jou lessenaar nie die kniee seer nie. Volgende week stap ons verder en klim na ‘n waterval
LikeLike