Tweede Waterval – Stellenbosch – Second Waterfall

To my English enabled friends, this is a follow up from last week when we went to First Waterfall in Jonkershoek Nature Reserve. This week we hike further and higher to get to Second Waterfall, which is an amazing experience as you negotiate quite a few rock scrambles and experience beautiful vistas there and back. Please follow this via the universal language called photography and please apply that other universal language and still love me despite it being in Afrikaans. For context I start with the photo I ended the other post with – the waterfall winking at us not too far in the distance.

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

⇓By die afdraai na die waterval aangekom het Pieter besluit hy het nog die regte klere of skoene aan en besluit om rustig vir ons te sit en wag. Die res van ons het weer skoene verander (maar ons sou later uitvind dat dit moontlik is om dit skoenloos en footloose te doen). Van hieraf is dit dikwels in en oor die koue water.

⇓Met tye was dit hande viervoet en sou dit gehelp het as mens ‘n stert sou hê

⇓Dit is moontlik hier waar die student geval het waarvan ek verlede keer vertel het. Hy is hoër op geneem deur die reddingswerkers om hom na ‘n plek te neem waar die helikopter kon daal.

⇓Hierdie foto lyk nogal soos ‘n toneel uit die film The Mission   maar dan daardie indiane is nie ‘n apache teen die tiere wat hier klim nie

⇓Met die nader beweeg aan die waterval raak die kloof nou en donker.

⇓Hierdie foto het ek in groot formaat behou want dit gee insig in die skaal van die belewenis hiervan. Danie heel onder gee oor, nie aan die apache’s nie – aan die skoonheid van die Skepping

“Once through the gorge it opens up into a cathedral consisting of amazing rock walls, an exquisite blue roof and a massive organ playing thundering rushing music” Abrie Joubert

Bostaande is geplaas om die nageslagte te verwar, sodat hulle kan dink ek was ‘n ontdekkingsreisiger. Maar dit was wel my belewenis.

⇓Die water-orrel speel Bach se Toccata en Fude in D mineur en die druipende mos floreer op die waterryke klanke

Jacques binne in die orrel – hierdie knaap is nie lekker nie; dit is in Julie in die middel van die winter! Maar ek vermoed sy belewenis was nog groter as my en Danie s’n.

⇓Waterval aan die een kant met druisende musiek en ‘n reenboog langs dit. ‘n Visuele fees!

Die orange-bruin water met ‘n kleurryke reenboog waarvan ons die hele boog kan sien meters voor ons! En steeds die waterval net regs.

Daar was al verskeie debatte oor wat onder die waterval is, ‘n pot goud of dalk die moderne kuberweergawe van “rykdom” Bitcoins, maar hier kan duidellik gesien word dat Jacques onder die waterval is – sy vrou is getroud met ‘n Skat.

Ons moes na ‘n tyd terugkeer. Ons 3 was bevoorreg, ons was alleen daar. Oppad terug het ons verby verskeie groepe gegaan oppad na die waterval.

Onder andere het hierdie (kaalvoet) studente ons pas onderbreek. Die meisies was baie vriendelik want hulle ma’s het hulle geleer om respek teenoor oom’s te betoon…

⇓Die pad terug het ook sy besonderse oomblikke gehad, hier het ek vir meer as ‘n minuut gestaan en dit net geniet

⇓Die filtreer effek van die son, nou voor ons het pragtige beelde geskep.

Hier het jy saam met ons ‘n ent verder gestap waar ons in ‘n see van Proteas is, met die pragtige berg en waterval in die agtergrond.

⇓Die asemrowende uitsig oor die Jonkershoekvallei met die heuwels wat soos groen branders voor ons uitrol.

⇓Hier het ons al ‘n entjie gestap terug na die “beskawing” (alles behalwe). Bergriviernek is die laagste punt sigbaar op die horison. As jy wil sien hoe lyk dit as mens vandaar in die rigting van Franschoek kyk of hoe dit lyk in die rigting vanwaar ek die foto neem, gaan gerus na een van my ander inskrywings oor Victoriapiek

⇓Vir die juffrou bloggers wat hier lees, hoeveel driehoeke, vierkante en reghoeke kan hier gesien word – ‘n stukkie simmetriese natuur

⇓Die belangrike “after” foto. Vergewe ons ons selfvoldane voorkoms. ‘n Damesstudent neem die foto en ons probeer jonk lyk… 

Dankie dat julle saamgestap het. Op ‘n ander dag stap ons weer in ‘n ander rigting of kruip deur grotte.

38 thoughts on “Tweede Waterval – Stellenbosch – Second Waterfall

    1. Jammer Rob hierdie kommentaar het my ontgaan. Baie dankie ja dit is ‘n wonder wereld, gelukkig is die fotos plat vir jou hoogtevrees so jy kan maar weer saam met my kom. En baie dankie vir die volg. Ek gaan loer daar by jou. Vriendelijke groet,

      Liked by 1 person

  1. Ek sal nie omgee om in daardie katedraal te staan en na die musiek te luister nie…. dit is groots. Hoe de swernoot ek daar gaan kom is ‘n ander storie. Dankie, toer maar saam met die wat kan.

    Like

      1. Ek met my hoogtevrees uit ‘n helikopter afsak…. Abrie my gegil sal daardie waterval se musiek oortref.
        Laat my sommer dink aan Hartebeespoortdam se kabelkarrretjie(s) wat Saterdag al hangende in die lug loop staan het. My dogter en haar gesin is net voor dit met die berg op en weer terug. Ek sê toe vir haar hulle het ‘n groot avontuur gemis deurdat hulle nie uit die kabelkarretjie gered moes deur brawe manne, wat die mense een vir een grond toe laat afsak het nie. Dit gee nuwe betekenis aan die word “grootbek,”

        Liked by 1 person

  2. Welcome to my blog Irene! yes 2 weeks before our hike a student fell and was taken to the waterfall by rescuers where a helicopter picked him up. But if you are careful it is fine. Was amazing to hike that

    Like

    1. Hi Mani i have never answered you regarding this so rather late than never. Yes it was truly amazing and we enjoyed it a lot. As a matter of fact we are doing this hike Saturday again – do you want to come with?

      Like

  3. Ek weet nie hoe het ek hierdie inskrywing gemis nie!! Absoluut pragtig,Abrie! Jou foto’s,beskrywings,die ongelooflike omgewing….wat ‘n fees! Ek moet sê julle lyk na fiks manne op die laaste foto en dat dit darem sekerlik nie net maagintrek was oor die jonge dame wat die foto geneem het nie!😄

    Liked by 1 person

  4. Wat ń ongelooflike staptog! Pragtige fotos en jou rëenboog fotos is onoortreflik. Dis selde dat mens ń hele een te sien en afgeneem kry. Mens kry meestal net dele daarvan.

    Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.