Lothar se kristal – jy ken mos die verhaal van Daniël en Susanna?

For my English enabled friends, this is a post about a piece of art known as the Lothar or Susanna Crystal which diameter is only 11cm made of rock crystal. There are descriptions in English in the last photo and was a gift of King Lothar king of Lotharingia, to his wife using the story of Daniel and Susanna from Biblical times as background. Made about 855 to 869 AD. It is part of a 100 objects used by the British Museum and the BBC to tell: The history of the World in 100 objects. 

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Daniël en die verhale wat met Daniel geassosieer word is nogal bekend. Op die laerskool het ons sy 3 vriende se name probeer onthou met Saalsak(Sadrag) Meelsak/(Mesag)  en Appel-een-oog (Abednego) Wat my ook herinner aan hoërskool Aardrykskunde. Dit was in standerd 6 of 7 toe ons omtrent al die lande en hulle hoofstede moes ken. Juffrou Short (sy was kort met nog korter hare en een van ‘n identiese tweeling wat albei by Goudrif skool gegee het) het ook haar voorstelle gehad hoe om sekere stede te onthou. Wat Ierland se hoofstad aanbetref het sy in die rigting van die seuns gekyk en gevra watter politoer mens op ‘n rugbybal smeer (nog die ou leer balle). Wel die Dubbin het toe Dublin geword. Met Finland het sy ‘n storie vertel van ‘n seun wat ‘n kattekwaad spesialis was (nee nie my lewensverhaal nie) totdat sy onderwyser uitgeroep het: Hel seuntjie jy is stout (Helsinki).

Behalwe Daniël se 3  vriende in die vurige oond, was Daniël in die leeukuil en was hy ‘n droomuitlegger (wat soos die ander droomuitlegger Josef hom baie gehelp het en opgang in in die regering te maak) en dan die laaste paar hoofstukke oor die visioene. Ek lees luister op die oomblik na die audio-boek “History of the World in 100 objects”  Dit was ‘n BBC radioprogram waarin 100 voorwerpe uit die Britse museum van regoor die wêreld geneem word en die wêreld se geskiedenis na aanleiding daarvan vertel word. Vir my is dit geweldig interessant en dalk kan ek in die toekoms weer daaruit aanhaal. Dit was dus vir my verassend toe hulle uit die Bybel na die vir my onbekende verhaal aanhaal oor Daniël en Susanna waar sy valslik beskuldig word van ontrouheid teenoor haar man en Daniël haar red (sien fotos hieronder).

Koning Lothar het ‘n land regeer tussen die hedendaagse Frankryk en Duitsland. Sy vrou was onvrugbaar en hy, ‘n Rooms Katoliek, moes planne beraam om van sy vrou te skei anders sou daar geen opvolger vir hom wees en sou sy kongingshuis beëindig word.  Twee van sy beamptes het onder dwang ‘n erkenning uit haar gekry dat sy omgang met haar broer gehad wat ‘n toelaatbare rede sou wees om haar te skei. Die pous self het dit egter ondersoek en sy is onskuldig verklaar.Koning Lothar het ‘n kristal uit een van die hardste stowwe wat daar is laat maak naamlik Rock crystal ((kwartsiet).  Die deursit daarvan is 11 cm – kleiner as die foto hieronder.

Dit vertel die verhaal van Daniël en Susanna met beskrywings in Latyn – ‘n properse comic book (grafiese novelle). Die kunstenaar moes absoluut ‘n kenner van sy metodiek gewees het om selfs die voue in die klere so uit te boots. In die verhaal van Susanna wil 2 “Elders” seks met Susanna hê. Hulle dreig haar dat as sy weier hulle haar gaan beskuldig dat sy seks met ‘n jong man gehad het onder ‘n boom in die tuin en sy dan tot dood veroordeel sal word. Sy weier en kies om nie teenoor God te sondig en word weggelei om gestening te word. Daniël gryp egter in en vra die “elders” onafhanklik onder watter boom dit gebeur het. Toe hulle verskillende antwoorde gee word hulle egter gestenig.Onder die fotos gee ‘n vertaling van die die Latyn in Afrikaans (nou goed dan vertaling van die Engels wat reeds gedoen is!).

Sussana en die ouderlinge in die tuin

Ouderlinge gee opdrag dat sy gaan haal word

Ouderlinge beskuldig Susanna

Susanna word weggelei. Daniël onderbreek hulle

Daniël ondervra die eerste ouderling

Daniël beskuldig die tweede ouderling

Die ouderlinge word tereggestel

Koning Lothar verklaar Susanna onskuldig

 

In die laaste maar ook die sentrale uitbeelding word verwys na koning  Lothar (LOTHAR IVS REX). In hierdie uitbeelding verklaar hy Susanna onskuldig en daarmee verklaar hy eintlik sy vrou onskuldig van die valse beskuldiging teen haar. Dit is dus ‘n baie goed deurdenkte kunswerk.

En vir die wat moontlik wonder soos ek waarom jy dit nie vantevore gehoor het nie? Daar is wel ‘n Susan in Daniël – die vestingstad Susan  (Daniël 8:2). -maar nie ‘n Susanna nie. Maar waar kom die Britse museum dan daaraan? En toe val dit my en ‘n kollega omtrent gelyk by (die kollega was eerste) dat die verhaal apokrief moet wees. Hieronder is ‘n skakel na ‘n Roomse Katolieke vertaling van die Bybel wat die apokriewe boeke bevat en in hierdie geval hierdie verhaal insluit as die laaste hoofstuk in Daniël. Die 2de skakel is ‘n bespreking of die verhaal outentiek is – dit is onwaarskynlik aangesien die verhaal byvoorbeeld in Grieks geskryf is en die res van Daniël in Hebreeus en Aramees. Die protesantse kerke se siening oor apokriewe boeke is dat mens dit wel kan gebruik vir lewensinsig, maar dat teologie nie daaruit afgelei kan word nie.

https://www.biblegateway.com/passage/?search=Daniel+13&version=RSVCE;KJV

https://www.biblicaltraining.org/library/history-susanna

30 thoughts on “Lothar se kristal – jy ken mos die verhaal van Daniël en Susanna?

  1. Abrie, ek het so pas Daniël gelees in die Leefstyl Bybel vir Vroue. Die verhaal word as aantekening daarin genoem en ook haar dapperheid en dat sy sterk gestasn het en haar op God beroep het.

    Like

    1. Hier si die omskrywing van waar sy teen hulle voorstel besluit:

      22 Susanna sighed deeply, and said, “I am hemmed in on every side. For if I do this thing, it is death for me; and if I do not, I shall not escape your hands. 23 I choose not to do it and to fall into your hands, rather than to sin in the sight of the Lord.”24 Then Susanna cried out with a loud voice, and the two elders shouted against her.

      Liked by 1 person

    1. Hier is die gedeel te uit “Daniel 13” waar st teen hulle voorstel besluit

      22 Susanna sighed deeply, and said, “I am hemmed in on every side. For if I do this thing, it is death for me; and if I do not, I shall not escape your hands. 23 I choose not to do it and to fall into your hands, rather than to sin in the sight of the Lord.”

      24 Then Susanna cried out with a loud voice, and the two elders shouted against her.

      Like

    1. Hier is die gedeel te uit “Daniel 13” waar sy teen hulle voorstel besluit

      22 Susanna sighed deeply, and said, “I am hemmed in on every side. For if I do this thing, it is death for me; and if I do not, I shall not escape your hands. 23 I choose not to do it and to fall into your hands, rather than to sin in the sight of the Lord.”24 Then Susanna cried out with a loud voice, and the two elders shouted against her.

      Like

  2. My Afrikaans is so rusty back from those Matric years but I got so excited as i was in London -2011 when the British Museum launched this 100 objects project and I visited the museum. Even held that ancient Olduvai hand axe! The Susanna Crystal is so beautifully made but hallelujah the relevance to ‘the rule of law’ and the protection of the innocent all ascribed in a beautiful artwork just 11cm in diameter! Nice one Abrie!

    Liked by 1 person

  3. Die kunswerk is pragtig…. die verhaal ook… maar verskoon my as ek nou nie weet of dit waar of onwaar is nie. Daniël en Susanna….. hmmmm, sou dit waar wees was hy net so slim soos Salomo wat gesê het sny die baba middeldeur. Nie?

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.