‘n Doring in die vlees…

To my English enabled friends – this is a writing challenge in Afrikaans about idioms and I chose to write about a thorn in the flesh, from the literal meaning of having a thorn in my thumb to me being a thorn in the flesh to others.

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Danksy die “navorsing” wat Hester my laat doen het – slawedrywer wat sy is… het ek gelees dat ‘n spreekwoord ‘n stukkie waarheid of wysheid is wat in die volksmond ontstaan het en as ‘n algemene wysheid beskou word. Iets soos met een voet in die graf staan. Uit die spreekwoord kan die afleiding gemaak word wat die betekenis is.

En dan is daar spreuke soos in die Bybel en die van Langenhoven wat ‘n morele les bevat:

Dit beteken nie altyd veel om ‘n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op ‘n begrafnis is die dooi man.

~ C.J. Langenhoven 1913

Daarenteen kan mens nie sommer uit ‘n idioom direk aflei wat die betekenis is nie, maar soms soos in die geval van doring in die vlees kan dit ‘n letterlike betekenis hê. ‘n Doring het my Saterdag penetreer en die swerkater het Sondag uit my vinger gesweer. In die letterlike konteks kan dit as ‘n spreekwoord of bloot ‘n omskrywing gesien word. Foto hieronder is gister geneem. Die rooi kol wys waar die swerkater was (ja ek was al erger verwond). Maar die letterlike doring was ook idiomaties ‘n doring in my vlees (dit was vir my ‘n las/ het my irriteer). Die realitieit is dat my hele lyf al een groot doring was wat ander irriteer het.

Doring in die vlees (omskrywing/spreekword) of is die bosluise ‘n doring in die vlees? (idioom). Hierdie bobbejane is egter bepaald ‘n doring in die vlees in baie woonbuurte in die Kaapse Skier-eiland. Klik op foto vir meer daaroor.

Eens op ‘n tyd lank lank gelede toe die aarde nog jonk was, was ek ‘n jeugwerker in ‘n gemeente. Kwartaalliks het die verskillende kerke in die ring se jeuggroepe saam vergader en dit was my beurt om dit dit reël. Daar was ‘n Australiese sendeling in die Kaap en ek het via vriende gereël dat hy ons klomp na-skoolse jongmense kom toespreek. Hy was redelik humorities en sy Australiese aksent het iets eksoties na die geleentheid gebring. Maar natuurlik het hy die Evangelie verkondig. Rudolph wat ‘n frisgeboude kêrel was en die onder-leier van ons jeuggroep, het spesiaal vir die geleentheid sy Springbok baadjie aangehad.  Hy het met ‘n beswaarde/kwaai uitdrukking op sy gesig na ons gas geloop, maar by die Australiër aangekom het sy liggaamstaal verander en hom ‘n druk (en geskenk) gegee. Ek het ons gas gevra om die geskenk oop te maak. Dit was ‘n sportkussing met ‘n Springbok-embleem op. Dit het amper soos onderstaande gelyk alhoewel hierdie drupmatjies is (coasters) – ons blog mos in Afrikaans!

Dit was in 1994, die vorige jaar het die Wallabies die Springbokke 2-1 verslaan en hulle was ook die Wêreldbekerkampioene. Ek het vir hom gesê dat die kussing vir die vlug terug is om op te sit en verklaar: may it be a thorn in your flesh – to keep you humble of course…

Hierdie uitdrukking kom natuurlik uit die Bybel: 2 Kor 12: 7-9 

Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”  

Daar is mense wat probeer raai wat die doring was maar die Bybel verklaar dit nie. Ons weet dit nie, om ons nederig te hou… Langenhoven het dalk iets hiervan verstaan in sy spreuk oor die dooi belangrike man.

Ek is destyds inspireer om hierdie blog te begin na ‘n pulminale infarksie (‘n stukkie long wat doodgegaan het a.g.v. verskeie en groot bloedklonte), en in een van die eerste posts skryf ek  iets wat resoneer met Langenhoven se dooi man en van dit wat die Here my laat ondek het in die proses: Wherever I lay my hat its my home Dit is in Afrikaans – die titel verwys na ‘n lied van Paul Young

Vir ‘n Bybelstudie oor doring in die vlees klik gerus op hierdie skakel na die JUIG tydskrif

********

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.

21 thoughts on “‘n Doring in die vlees…

  1. Wonderlike inskrywing en baie dankie vir die deelname Abrie. Ek het al klaar begin grinnik toe ek by die belangrike dooie man se begrafnis aangekom het. Ek hoop jou duim voel beter en ek hoop dat die Australiër homself ordentlik gedra het terwyl hy op daai kussing gesit het. Dankie ook dat jy my geleer het van drupmatjies. As ons so aanhou gaan ek een van die dae ORDENTLIKE Afrikaans kan praat. Hoe het jy die InLinkz program ondervind? Dit lyk mooi so met ons fototjies almal op ‘n ry op hulle bladsy nè? O en ek weet nou nie of ek stoepid is nie, maar as ek op die bobbejane se foto klik is daar nie ‘n skakel nie?

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester – ek het nagelaat om die skakel by te voeg maar dit is nou daar. Ekself het danksy jou uitdaging van drupmatjies geleer, so ons almal leer saam. Goeie insiatief van jou – ja ons lyk alte fraai 🙂

      Liked by 1 person

    1. Ag dankie, beter om ‘n doring te wees as ‘n doring in die vlees. Om ‘n doring onder die rose te wees is op die korttermyn voordelig maar op die langtermyn word die rose en die doring wederkerig ‘n doring in die vlees! (ek dink ek moet hierdie in blog inlas 🙂

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.