For my English enabled friends – this is about the Suffragette movement and the right for women to vote. You can follow the action by doing something very intellectual and look at the descriptive pictures… At the same time it is also about Afrikaans idioms.
- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to WPC click here
Klik op pennie vir meer inligting daaroor
Ek het al voorheen in 2 boeke (fiksie -verhale) die term suffragette gehoor, maar nie in een van die boeke was die dames radikale suffragettes nie. Ek het ook nie op daardie stadium geweet dat die woord van suffrage afgelei word en stemreg beteken nie. Maar agteros het in die kraal gekom toe die woord en konsep my in die audio boek The History of the World in 100 objects konfronteer het. Lees ook die inskrywing Lothar se kristal – jy ken mos die verhaal van Daniël en Susanna? wat n.a.v. dié audio boek geskryf is. Ek moes egter nog ‘n klompie navorsing doen om al die stuiwers hieronder in die beurs te kon gooi.
Daar was groot vordering gemaak gemaak met toekenning van stemreg aan vrouens met die lees van ‘n voorgestelde wetsontwerp aan die einde die 18de eeu in die Britse parlement. Maar toe word Suid-Afrika indirek die vlieg in die salf! Die Anglo Boere-oorlog het uitgebreek en die Britse regering moes hulle aandag daarop vestig. Na die oorlog was die regering nie meer so geneë om dames stemreg te gee nie (miskien het Emily Hobhouse hulle intimideer).
The Wowen’s Social and Political Union is 1903 gestig om opnuut die klem op stemreg vir vroue te plaas met die verskil dat hulle anders as ander vroue-regte groepe van die begin baie meer aggressief en uitgesproke was . Die King Edward VII pennie is omskep as ‘n propoganda item. Dit was eintlik briljant want derduisende pennies is op die manier gestempel met “VOTES FOR WOMAN”. Dit is asof die koning self verklaar het dat vrouens stemreg moet kry. Die pennie is in die Britse museum dateer uit 1903.
Hieronder kan van die slagspreuke gesien word o.a. “DEEDS NOT WORDS” en “THE BILL THE WHOLE BILL AND NOTHING BUT THE BILL”. Hulle het nie belangestel in ‘n geleidelike oorgang nie – vrouens moes onmiddelik dieselfde regte as mans hê.
Hieronder is ‘n paar plakkate en prente wat die vrouens se reg om te stem ondersteun het.
Maar daar was natuurlik teenstand veral vanaf manlike geledere en hierdie manne het hulle penne behoorlik in die gal gedoop Dit is duidellik dat hulle nie onder die besemstok wou staan nie. Hulle het nie daarvan gehou het dat vroue die bul so by die horings pak met hulle rammetjie-uitnek haantjie houding nie.
- Van die teenstanders het o.a. beweer dat vrouens wat stemreg wil hê nie bereid is om huiswerk te doen nie en om te sien na hulle kinders nie
- en op die ander teenpool onvervulde vrouens is met wie daar eintlik iets skort.
Tot 1912 was die Suffragettes se veldtog grotendeels binne die wet, wat hoofsaaklik verband gehou het met openbare protes deur hulself aan geboue vas te ketting en die algemene versteuring van die vrede. Maar aktivisme het gegroei en bomme is geplant, massas winkelvensters stukkend geslaan en verskeie gevalle van brandstigting. Teikens was nie net geboue nie, selfs kunswerke is vermink – soos Velazquez se bekende Rokeby Venus wat in 1914 herhaaldelik met ‘n vleismes by die Nasionale Galery gesny is.
Hierdie gebeure is herleef in die film Suffragette met Meryl Streep as die leier van hierdie beweging Emmeline Pankhurst. Klik op die foto vir die amptelike voorskou van die flim
As gevolg van die geweldadige optrede van hierdie vroue was daar baie vrouens wat stemreg voorgestaan het wat hulle disassosieer het met die Suffragettes. Hulle het as die Suffragists bekend gestaan. Let op die beskrywing op die banier: LAW-ABIDING SUFFRAGISTS.
Die Eerste Wêreld Oorlog was op die ou end die beste vegter vir vroue-regte. Vroue het in die afwesigheid van die manne bewys hulle kan alle werk doen. Aanvanklik is stemreg aan vrouens bo 30 toegeken in 1918 en 1928 vanaf ouderdom 21 (selfde as mans). Emmeline Pankhurst is kort na die toekenning van gelyke suffrage in 1928 oorlede met haar lewens-missie vervul. In Suid-Afrika het vrouens vir die eerste keer stemreg gekry in 1930 alhoewel alle vrouens eers in 1994 kon stem.
Daar is verskeie geskiedkundiges wat beweer dat die geweldadige optrede van die Suffragettes eerder die regte van vroue benadeel het en dat vrouens daarsonder vroeēr stemreg sou kry (haastige hond verbrand sy mond?). Maar in 2003 met die 100-jarige herdenking van die WSPU is die Suffragettes se leier vereer. Die wiel het gedraai – op hierdie amptelike Britse 50 pence munstuk is daar 2 vrouens; aan die ander kant is Queen Elizabeth.
Hier volg ‘n paar idiome waarin spesifiek na vrouens verwys word:
Die lakens uitdeel (die baas speel). Ontleen aan die huishouding van ouds waar die persoon wat oor die linnekas baas was, die vernaamste in die huis was; dus: die huisvrou. Ek dink die mans wat nie wou hê dat vrouens stem nie, nie baie van bostaande idioom sou hou nie of dalk het julle juis gevoel dat sy nie in die linnekas en parlement baas kan wees nie!
’n Egte (regte) Xantippe (’n kwaai, twissieke vrou). Volgens oorlewering die vrou van die Griekse wysgeer Sokrates, wie sy geduld gedurig op die proef gestel het.
Sy is ’n regte Amasone (verwys na ´n erg robuuste vrou)
Volgens oorlewering ’n strydlustige groep vroue met geamputeerde regterbors om pyl en boog beter te hanteer. In Grieks beteken a-mazos “sonder bors”.
Partymaal draai ‘n idioom nie doekies om nie en noem ‘n graaf ‘n graaf, maar dikwels is dit eufemisties – dit stel dinge sagter soos die een hieronder. Vandag is die sensitiweit t.o.v. die onderklere nie meer so groot nie (hierdie was ‘n vrou wat dit vir ‘n vrou sou sê) en die kledingstuk self het grotendeels verdwyn.
Jou Saterdag is langer as jou Sondag (Jou onderrok hang uit) ’n Versagtende uitdrukking wat ontstaan het in ’n tydperk toe dit nie manierlik was om van vrouensonderklere in gemengde geselskap te praat nie.
Fanus Rautenbach het ‘n lys van idiome wat die afsterwe (hy het sag heen gegaan) koppel aan die beroep wat gedoen is. Om af te sluit, sluit ek ‘n paar in. Ons moet darem glimlag ook – oordeel maar self of almal versagtend is…
- Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
- Die valskermspringer ontval ons.
- Die ouderling is ontslape.
- Die elektrisiën se liggie is gedoof.
- Die begrafnis ondernemer het sy gat gesien…
********
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.
Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.
Dit is BAIE interessant – dankie.
LikeLiked by 1 person
Het my navorsing hieroor ook baie interessant gevind. BAIE dankie Anne
LikeLike
Dis interessant…. maar ek dink vroue het te vêr gegaan. Om te stem is een ding maar om die broek te wil dra ‘n ander. Ek voel sterk oor hierdie saak!!!
LikeLiked by 1 person
Nou het jy ook ‘n interessante onderwerp aangeroer Kameel, want ek weet wat jy sê is ‘n teologiese standpunt, maar … daar is altyd ‘n maar. Dit sal lekker wees om ‘n debat te voer hieroor, maar vir nou bly ek liewer stil, want anders skryf ek ‘n blog binne-in ‘n blog.
LikeLiked by 2 people
Glimlag ek nou vir jou blog binne in ‘n blog. Ek is seker maar ouskool Hester maar soos dit vir my lyk raak die manne meer vroulik…. en die vroue neem oor. Ek het ‘n rukkie gelede ‘n goeie artikel daaroor gelees (nie van ‘n teologiese standpunt gesien nie) wat hieroor gepraat het. Ek bekyk ons ou wêreld en dit lyk vir my alte waar.
LikeLiked by 1 person
Dis reg Kameel he jou opinie. Ek vermoed ek sou destyds pro stemreg vir vroue, maar gekant teen die suffragettes gewees het.
LikeLiked by 1 person
Abrie, tussen jou en Fanus het ek nou gestik van die lag. Laat niemand ooit weer sê dat jy nie ‘n baie ernstige artikel kan toelig met humor nie. Dit was baie interessant – ons (ek) aanvaar deesdae soveek dinge as vanselfsprekend dat ek soms vergeet hoe vroue in die verlede letterlik “in die kombuis” gehou is. In sommige lande is dit natuurlik nog steeds doe geval. Daar was seker baie aggressie oor hierdie sake, maar dink jou in die rol van die “underdog” in; loop in ‘n paar hoëhakskoene vir ‘n dag, dan sal jy weet dat vroue vandag nog steeds op baie gebiede hier in ons eie land nie regtig-regtig gelyke regte het nie. Dankie nog ‘n maal vir jou eiers wat jy gelê het!
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester hierdie saak het baie kante teologies en prakties. En dit help ook nie as jou teologie en praktyksbelewenis nie in lyn is met mekaar nie. Ja ek het self die gatsiende begrafnis ondernemer intens humoristies beleef. Dankie Fanus en dankie Hester want dit was op soek na idiome dat ek die Fanusgesegdes raakgelees het. Ek dink die deelnemers en lesers is bepaald meer bewus van idiome. Jou 2de onderwerp is moeiliker…
LikeLiked by 1 person
Jip, nou weet jy hoekom vra ek vir voorstelle, anders deel ek net uit wat my belangstelling prikkel en die ander mense wil nie deelneem nie.
LikeLiked by 1 person
Eers wil ek die agteros gelukwens. So ampertjies het ek nie hierdie bloginskrywing gesien nie! Ek sou dit darem seker in my leser sien.
My stuiwer in die armbeurs is: Die man is die hoof van die huis, die vrou is die nek!
In ons huis, as jou onderrok uitgehang het, is gesê, jou neus bloei, of een sou net in ‘n geselskap subtiel aan sy neus vat.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie. Ek veronderstel die onderrok gesegdes is amper iets soos stof op jou toon
LikeLiked by 1 person
Ek ken nie daai een nie?
LikeLike
Wanneer ‘n man se gulp oop is word gese daar is stof op sy toon. Die oorspronklike idee is dat hy moes afkyk en die oop gulp raaksien
LikeLiked by 1 person
😱
LikeLike
Ek ken dit as “as op jou tone”. Ek weet nie hoe die as van die gulp af … Nee! Ek wil nie ingelig word nie.
LikeLiked by 1 person
🙂 🙂 Sien Hester dit werk so laat ek nou en kleur en geur en omvattend breedvoerig omskryf – jy weet mos van die…. en die 🙂
LikeLiked by 1 person
OK, ek verstaan … ‘n goeie begrip het net ‘n halwe woord nodig.
LikeLiked by 1 person
Bly jy kon iets daar inlees want ek het niks bedoel nie😀 Ek ken dit as as op jou skoene of stof op jou tone. Die idee met albei is seker maar bloot dat die ma moet afkyk
LikeLike