Wees braaf en skryf jou eie epitaaf

To my English enabled friends this is an Afrikaans challenge about writing your own epitaph. Apart from the photo there are 2 more humourous epitaphs in English directly underneath it.

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Die wat dink John gaan rys vergis hulle

Kom ek praat eers oor ander mense – dit is makliker.

“God works a wonder now and then,
He, though a lawyer,
Was an honest man.”

Ek ken darem steeds vandag prokureurs wat nie prokurowers is nie en ek is seker elke advokaat is nie sinoniem met ego-vraat nie.

‘n Tragiese geval is die volgende, want die rym is belangriker is as die persoon!

“Underneath this pile of stones,
Lies all that’s left of Sally Jones.
Her name was Lord, it was not Jones.
But Jones was used to rhyme with stones.”

Terloops siende dat mens begraaf word sou die woord epigraaf meer toepaslik wees as die woord epitaaf. Maar daar is ‘n goue midde-weg, want indien iemand sterwe weens ‘n boekrak vol boeke wat op hom val kan die grafskrif dalk so lei:

Hierdie epitaaf is weens een te veel epigraaf*

*  ‘n aanhaling of gesegde voor in ‘n boek.

Dit is natuurlik moontlik dat die epitaaf so goedgunstig is dat die persoon wat daar beskryf word nie herken kan word nie. Deur die eeue is daar baie begrawe met “self-gekomponeerde” epitawe in die hoop dat dit mense se denke oor hul sal regskawe…

Maar daar is ook die grafskrifte waarin mens ‘n verheerliking verwag en dan merkwaardige eenvoud vind. Die flambojante en skerpsinnige Churchill het hierdie oor homself te sê gehad toe hy gevra is of hy reg is om sy Maker te ontmoet:

I am ready to meet my Maker. Whether my Maker is prepared for the great ordeal of meeting me is another matter.

Op daardie stadium was hy 75 en sy Maker duidellik nog nie gereed nie, want hy is eers op ouderdom 90 oorlede. Hierdie stelling word aangehaal asof dit sy grafskrif sou wees, maar dit is nie; sy grafsteen is verbasend eenvoudig en het net sy en sy vrou se name daarop

My name kan dalk die basis van ‘n grafskrif wees. Ek het immers in ABRAHAM JOHANNES JOUBERT: 1968 – 1997 vertel hoe surrealisties dit gevoel het toe ek my name op die begrafnisblaadjie gesien het (dieselfde name as my neef wat sy lewe geneem het).

Ek haal aan uit ‘n griffel “Wie is ek” nog voordat ek ‘n blogger was. Lees asb daar die konteks dat dit nie gaan oor die uitlewing van my name nie (alhoewel ek dit op stadium doelbewus probeer doen het).  Want sien dit gaan oor die vergifnis wat Christus reeds vermag het my sy kruisiging en opstanding en Abrie se aanvaarding daarvan, nie hoe Abrie dinge regkry nie:

  • Abraham – vader van die geloof
  • Johannes – dissipel van die liefde

Dus kan die epitaaf iets wees soos:

  • Hy het geloof en liefde geken of nog beter
  • Hy het geloof geken en liefde gegee.

Ai tog so edel, maar Abrie is nie so edel nie.  So Paulus-agtig maar  Abrie is geen Paulus nie. In sy welbekende “epitaaf” skryf Paulus:

Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.  Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. 2 Timoteus 4:7,8

Vir my klink dit so bietjie arrogant maar ek dink nie hy is arrogant nie, hy is “matter-of-fact”. As ek dit sou sê sal dit arrogant klink, maar Paulus eindig vers 8 met “nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms”.

Oor ‘n boesemvriend van my wat aan kanker oorlede is en wie korporatiewe films gemaak het, het ek geskryf:

Nou klim Johan berge saam met Jesus en verfilm hy die Liefde. Dit is nie meer nodig vir hom om te redigeer wat hy verfilm nie – dit wat sy kameralens sien is perfek. Uit: Ek is soms wel jaloers Johan

Christus se genade was vir Abrie genoeg. Nou wag die oorwinnaarskroon vir hom, die lewe by God. Abrie lag saam met Jesus!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

24 thoughts on “Wees braaf en skryf jou eie epitaaf

  1. “Nou klim Johan berge saam met Jesus en verfilm hy die Liefde. Dit is nie meer nodig vir hom om te redigeer wat hy verfilm nie – dit wat sy kameralens sien is perfek.” – So mooi Abrie…

    Liked by 1 person

  2. Dis ‘n pragtige bydrae Abrie. Ek hou van jou manier om die humor so saam met die hartseer op te klits, maar dit is mos ook hoe dit in die lewe werk. Die arme Sally Lord!

    Like

  3. Ek het uitgesien na jou skrywe…. dit is altyd interessant…. amper sê ek arrogant (die deel oor Paulus het by my vasgehaak.) “Christus se genade was vir Abrie genoeg.” It says it all!!!

    Liked by 1 person

      1. Ek ek is ook nie net ‘n clown nie! Ek waardeer fyn humor en net gister was ek by die stoffeerders en daai mannetjie het my heeltemal in sy sak. Toe besef ek: Hul net die vonkel in die oog, sal mekaar uitsnuffel, waat jy ookal is! 😁

        Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.