Smokkel met my en beleef hoe jy deur die verwoesmasjien gly…

My English enabled friends. This an Afrikaans challenge to add a description to the photo and write a short story about it. Mine was based on the Bitcoin saga and I made the pumpkin a  Chinese general protecting their currency ¥

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

Byskrif: “Smokkel met my en beleef hoe jy deur die verwoesmasjien gly…” Generaal Yuan Vang

China se Hoof Finansiële offisier, generaal Yuan Vang staar neerhalend dog smalend deur sy skrefie-ogies na dit wat verwoes voor hom lê. Hy is inderdaad trots op wat sy Departement van Fiskale Suiwering al vermag het. Hierdie verwoesting is gedoen met die tegnologiese wonder van ‘n masjien wat hy laat ontwerp het naamlik die:

  • Radikale
  • Algoritmiese
  • Smokkelwerende
  • Programmatiese
  • Egoverpletterende
  • Radium-verwoester,

beter bekend in die Sjinese volksrepubliekmond onder die akroniem RASPER©. “Hierdie smokkelaars dink mos hulle kan smokkel, maar met intellektuele briljantheid kan daar nie gesmokkel word nie” en Yuan Vang spoeg minagtend op die oorblyfsels, voordat die radium dit heeltemal verteer. Nog lank voordat die Chinese geldeenheid as die Yuan bekend gestaan het, het sy ouers hom reeds Yaun genoem. Dié Generaal sien dit as ‘n voorspelling van sy doel in die lewe naamlik om die Chinese geldeenheid ten alle koste te beskerm – ja Yaun Vang vang al die bedreigers van die Yaun en die Chinese finansiële soewereniteit.

Maar sy fokus is eintlik op stategiese bestuur en beheer. Hy het het reeds lankal die gevaar van Bitcoin raakgesien en danksy hom is die besluit geneem om die handeldryf met Bitcoin op Chinese beurse te verbied. Hierdie nuus het veroorsaak dat die prys geval het van 5 000 dollar op 1 September tot minder as 3 000 dollar op 14 September soos aangedui in artikels hieronder:

Wat generaal Vang werklik briesend maak is dat hierdie dom smokkelaars gedink het hulle kan die Bitcoin binne-in komkommers wegsteek – nee so maklik ontsnap jy nie die RASPER©  nie!!

Vrywaring – alhoewel van dit wat hier beskryf word op werklike gebeure baseer is, is die verwysing na enige werlike persoon bloot toevallig. Ek kan ook nie bevestig of dit ‘n riemtelegram is al dan nie en of Denel wel gehelp het met die ontwikkeling van die RASPER© en of die Guptas as konsultante opgetree het of nie

Vrywaring t.o.v. van vrywaring – nee wag ek los maar eerder, dan gaan ek nog ‘n vrywaring nodig hê!


Die Chinese Yuan en Japanese Yen gebruik albei dieselfde simbool naamlik ¥. Een Rand is tans 0.5 Yuan werd en 8.4 Yen. Eintlik word die Chinese geldeenheid die Renmibi genoem maar aangesien die simbool die Yaun is word dit in praktyk Yuan genoem. Yuan en Yen beteken rond dus ‘n verwysing na ‘n munstuk en nee ek weet nie hoe rond die generaal se middel is nie – in foto lyk hy redelik maer.

Wat Bitcoin aanbetref bostaande sal seker meer sin maak as jy ‘n ander griffel van my lees The new content of the Emperor’s wallet

Nadat Bitcoin hierdie jaar met 600% gestyg het van $900 tot $5 000 het dit geval na $3 000 in 2 weke. Dit is egter terug by amper $4 000.


Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

20 thoughts on “Smokkel met my en beleef hoe jy deur die verwoesmasjien gly…

  1. Janee, as jy jouself midde-in die wêreldpolitiek wil begewe, moet jy maar jou vrywarings gereed hê. Verbeel ek my of byt die groot honde in die politiek mekaar meer dikwels in hierdie troebele dae? Moenie worrie nie Abrie, die Generaal sal jou nie vang nie; ons sal jou wegsteek as die Rasper verbykom. Lekker bydrae en dankie vir die leersame informasie wat jy so saam met die humor invleg.

    Liked by 1 person

  2. Jy is gans te slim….. of geleerd….. of….. ag wat ek weet darem van die Guptas. Die bybel praat iewers van eerder jou mond hou nê. Ek praat van myself 😦

    Liked by 1 person

    1. Trommeltjies dit was nie die idee nie. Maar as die ingewikkelde indrukwekkend jou inspireer om kommentaar te lewe dink ek hardop dat ek in my doel geslaag het. Welkom as ‘n kommentaarlewende Trommeltjie by my blog 🙂

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.