Ek is ‘n tier en skrik vir niks

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

Hierdie keer wyk ek af van my oorwegend ernstiger skrywes van die afgelope tyd en ruk die hoender behoorlik met Hester se eier lêery… Gewoonlik is ek agter die kamera en daar word min fotos van my geneem maar as bewys vir dit wat ek in die naam van hierdie skrywe beweer plaas ek darem ‘n paar fotos.

Ek lieg nie – julle kan mos aan my voorkoms sien dat ek nie ‘n bang haar op my kop het nie… ek skrik nie vir vuur nie, trek nie eers beskermende klere aan nie.

Ek is immers die pa van 2 tienerdogters met hare op my tande

En het daarom die nodige voorsorgmaatreels getref

I have sailed the seven seas

And climbed the highest mountain

And entered the deepest valleys

En het as professor X, leier van die X-men, telepatiese magte

Vlugvoetiger as ‘n bergbok

En het woestyne oorkruis

Ek kan stir waar nodig (en selfs waar nie nodig nie)

Bang nie eers wasgoed nie!!

Regtig niks bang nie behalwe miskien vir:

 ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis
en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal
en ‘n uil in die nag wat vir Abrie sit en wag
en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan
* wat kraai.
‘n Gebreek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak.
‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter
*
en ‘n boem en ‘n kardoems
Oe-eee!
Is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Ek lieg nie!

* Definitief Spokie sny spoor se haan.

* En hierdie klink soos Net Ek se spookhuis

‘n Foto van my binneste…!

En tog is ek daarvan bewus hoe baie hierdie lied vir my beteken:

Oh, my soul
Oh, how you worry
Oh, how you’re weary from fearing
You lost control
This was the one thing
You didn’t see coming
And no one would blame you though
If you cried in private
If you tried to hide it away
So no one knows
No one will see
If you stop believing

Oh my soul you are not alone
There’s a place where fear
has to face the God you know

Sien hierdie post waarom asook vir link na die lied.

En iets wat my gaan laat huil is definitief wanneer hierdie gebeur:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

29 thoughts on “Ek is ‘n tier en skrik vir niks

    1. Welkom terug, het verlang na jou! Het darem paar hier bymekaar gemaak. Maar dikwels op my uitstappies is daar nie fotos van my nie. Terloops as jy hierdie 25 minute terug gelees het was dit onvolledig. Ek het dit net betyds gesave om dit vir die inlinkz afsnytyd te maak. Nou meer volledig

      Liked by 2 people

  1. Jy moenie lol met hierdie hoender se *ôl nie – dis ‘n haan en die eiers kom al klaar moeilik uit. Nou sien ek sommige mense cheat ook nog om die dealine te haal. Hoekom X-Men? Ek sien ‘n paar vroue daar. Jy’s reg, jy hoef nie bang te wees nie – jy het superpowers (het jy die volgende uitdaging se onderwerp gesien? haha). Dis mooi fotos Abrie en ek het lekker gelees – jy maak sowaar die beste van jou lewe en geniet dit.

    Like

    1. Dan sal ek maar in super powers mort vertel van die X-men aangesien die span besluit het ek moet hy wees. Daas is verskeie films gemaak oor hulle en ten spyte van hedendaagse terminologie het hulle die X-men gebly al het hulle verskeie vroulike lede.

      Liked by 1 person

      1. Ek onthou so iets van my kinders se kinderjare af. Ek het destyds gewerk en net die programme wat hulle kyk so nou en dan gescan om seker te maak die TV lei hulle nie die verderf in nie. So, daar is ‘n storie agter die span se besluit – natuurlik moet jy vertel!

        Liked by 1 person

    1. This is an Afrikaans challenge to write about what you are afraid. This time round I made it a light hearted and claimed that nothing scares me which is of course not the case as I acknowledge in the end.

      Liked by 1 person

        1. Toe ek die Here leer ken het, het Jesus se woorde of Hy nog geloof op die aarde sal vind wanneer Hy terugkeer my verbaas. Hy het my uit so ‘n diep donkerte en seer kom haal (nadat ek my seuns verloor het) hoe sal ek ooit ophou glo? Ek het nie geweet van die baie, baie lang pad met al sy pyn wat voorgelê het nie. Die laaste twee jaar het ek vir God bly sê ek is baie moeg, en die pad te lank. Jesus se woorde of Hy nog geloof gaan vind het in die laaste tyd nuwe betekenis gekry. Toe ek die woorde van die lied lees
          If you cried in private
          If you tried to hide it away
          So no one knows
          No one will see
          If you stop believing….. het dit met my hart gepraat. Daarom die vraag wat ek jou op daardie oomblik gevra het.

          Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.