Superhelde met supermagte wat eiers kan lê

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

N.a.v. Hester se eier lê uitdaging (sien heel onder)

As kind het ek “comics” verslind. Daar is 2 uitgewers van hierdie tipe comics naamlik:

  • DC Comics – helde soos Superman, Batman en  wanneer hulle in spanne opgetree het het mens ook Wonder Woman, Flash, Aquaman, Green Lantern ensovoorts ontmoet &
  • Marvel comics – Spiderman, Captain America, Daredevil, Nightcrawler (wat lid van die X-Men was), Hulk en verskeie ander.

Batman het in Gotham gebly en ek onthou hoe een van die ouens in die koshuis die telefoon geantwoord het :

  • Good day, Gotham asylum for the criminally insane…
  • Uh, kan ek met Abrie praat, is ek op die regte plek?
  • Sorry he is in the padded cell, but I will check if I can get special leave for him …ABRIE!  
  • Abrie sou dan sy onthutse ma wat gebel het inlig dat sy moet onthou dat studente nie mense is nie

Alhoewel die vinnige man Flash nie my gunsteling held was nie het sy naam vir my moontlikhede oopgemaak ten opsigte van ‘n nuwe superheld. Daar was ‘n film Flash Gordon in die 80s en ‘n “jingle” wat aan hom gekoppel was: FLASH – ahaaaa, saviour of the universe. Dit het my laat dink aan ‘n nuttiger held – Smash man, nee hy slaan niemand nie, smash net ‘n honger maag

  • SMASH ahaaaa – feeder of the universe

Smashman sou nog die Nobelprys vir iets ontvang het, maar ek was onseker of ek na Hollywood of die Verenigde Nasies met my skepping moes gaan en van uitstel het afstel gekom.

♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦

Maar laat ek by Hester se eier lê opdrag uitkom. Die vrou het mos ‘n superkrag om ons almal aan die skryf te kry.  Verlede jaar is daar ‘n SUPER HEROES for CLIENT CENTRICITY veldtog by ons werk geloods. Al die spanne van die verskillende Inligtingstegnologie spanne tot die Kliëntediensspanne tot Finansiens tot Exco, moes ‘n super hero span kies en verskeie take uitvoer met die fokus op kliëntediens. Van die lede in ons span had onlangs ‘n X-Men fliek gesien en die entoesiasme het daartoe gelei dat ons die X-Men sou wees. Al word hulle die X-Men genoem het hulle verskeie vroulike lede wat dit ideaal vir ons span gemaak het. Hieronder is ‘n paar filmplakkate.

Bostaande films sal nie in almal se smaak val nie weens die superhero aksie genre. Ek weet egter dat Wolverine, een van die hoofkarakters,  in vele dames by die werk se smaak val. Miskien is Hugh Jackman meer herkenbaar as die romantiese held in die epiese film Australia, as die X-man uit wie se hande lemme groei. En daar was nogal ongelukkigheid by ‘n manlike spanlid hoekom hy nie Wolverine is nie!!

Die foto hieronder het ek in 2010 geneem. Dit was toe ‘n afdeling stomstreke (charades) gespeel het. Ek onthou met die wys van die fotos vir my kinders, dat my 10-jarige dogter op daardie stadium opgemerk dat dit ‘n mooi meisie is. Wel agter die mooi meisie is ook Wolverine en sy skerp kloue bedreig haar skoonheid. Hierdie Wolverine se naam is Leigh en op daardie stadium het ek ‘n limiriek geskryf wat ek nie kan opspoor of onthou nie maar iets van Leigh smiles in glee.

Daar is besluit deur diegene wat opgewonde hieroor was (m.a.w. die ook mooi meisie heel links in die foto waar ons die swart klere aan het) dat ek professor X sou wees en dat ons as X-Men, Team for the Gifted bekend sou staan.

My professorskap het baie te doen met die soortgelyke haarstyl (of afwesigheid van haarstyl om presies te wees) as die karakter in die film. Miskien is die maklikste manier om die X-Men te verstaan deur die karakterbeskrywing van professor X te lees. Die beskrywings is na elkeen in die span gestuur om ons personas beter te verstaan. Mutants is mense wat kan verander en supermagte “groei”.

Daar het jy dit telepatie is my superkrag. Ek kan ook my eie krag oorplaas na ander en maak nou vir die eerste keer aan die wêreld bekend hoe ek Wayde van Niekerk ondersteun het. Die boodskap hieronder het ek aan die span gestuur die oggend nadat Wayde aan die Olimpiese Spele deelgeneem het. Aangesien dit toe in Engels geskryf is hou ek dit so (en dan hoef buitelandse koerante dit nie te vertaal nie):

I have invited Wayde van Niekerk to become a member of the Gifted team. He said that he is intimidated by our giftedness and he feels he doesn’t measure up, but I assured him that we are a team and will assist him regarding his shortcomings. He still remarked that he doesn’t think such an honour should be bestowed on him but graciously accepted. In fact he was X-hilarated by becoming a member.

By the way when the silver and bronze medalist caught up with Wayde I pulled him through with my telepathic powers. Please do not inform Wayde about this – I want him to believe he did it himself!  

You will understand that I have been drained physically and mentally by pulling Wayde over the line and may not be my sharpest today.

En voordat jy dink dit is ‘n storie laat ek jou so ‘n bietjie inlig oor van die begaafdhede. As deel van Client Centricity journey moes die spanne ‘n comic strip opstel wat dit in spankonteks uitbeeld. Die storie is met brainstorming gedoen en dit is geteken deur Johan links agter in die foto hierbo.  Hierdie verdien die meer intellektuele benaming van Grafiese novelle.

Hester (die baas) het versoek dat ek hierdie vergroot sodat die comic gelees kan word en alhoewel ek nie noodwendig vir base by werk luister nie luister ek wel vir Hester!

X-men: Xceeding Xpectations

En dan is daar onderstaande wat toegeken is in 2016 vir 2015. Glacier vir wie ek werk is deel van die Sanlam groep van maatskappye. Van die honderde spanne binne Sanlam Persoonlike Finansies het ons span onderstaande prys ontvang en elke spanlid het het ‘n meegaande toekenning ontvang as erkenning aan hulle individuele bydrae tot die kollektiewe (en die metgeselle het koopbewyse ontvang, geen wonder Susan, my vrou glimlag so nie).

En ten slotte⇓⇓

Laat ek afsluit met waarmee ek regtig uitblink (Seegogga noem dit krater-stories). Tans is daar weer ‘n ander insentief aan die gang. Pas nou Vrydag wat verby is het hierdie span my gevra om bostaande foto van hulle te neem met hulle weergawe van goal orientated. Ek klim op ‘n stoel om ‘n beter hoek te kry, maar hulle gesels so dat ek besef ek iets moet doen om hulle gefokus te kry. Met die uitsluitelike en onskuldige doel om hulle na die lens te laat kyk en sonder dat ek besef dit ‘n dubbelsinnige betekenis het, sê ek vir hulle in Afrikaans: kyk na die voëltjie… Die volgende oomblik is dit chaos – hulle rol soos hulle lag en ek bloos bloedrooi op my kamera podium!

Wel  die foto is toe darem geneem al was die skade gedoen. Ek e-pos die foto aan hulle met die boodskap: In this photo most of you are looking at the lens and it is probably the only photo that none of you are looking at the birdie.

♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦♦

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

34 thoughts on “Superhelde met supermagte wat eiers kan lê

  1. Abrie, ek het nou gerol van die lag hier. Ek moet eers bieg: (eerstens) ek het hierdie blogpos vier keer probeer lees – die eerste drie keer het ek vasgehaak by die fotos van Hugh Jackman en (tweedens) weet jy, elke keer as ek jou foto sien met daai ondeunde glimlag en die sardoniese wenkbroue, dan dink ek aan hierdie emoji 😈😈😈 Baie geluk met jou (julle) toekennings, julle entoesiasme is opmerklik. Jy moet eintlik Johan se comic strip vergroot sodat ons dit kan lees. Dankie vir die heerlike bydrae … en hou jy ook maar jou oog op die lens.

    Liked by 1 person

    1. Bly jy het dit geniet Hester – indien iemand erens nie minstens geglimlag het nie raak ek my humoristiese kluts kwyt. Ek vir het die span by die werk die link aangestuur met jou kommentaar in deie epos. Hulle beweer jy beskryf my goed sardonies en al! Hoekom is ek tog so deursigtig. Ek let ook op jou goeie raad/waarskuwing hier op die einde ! Jou opmerking geniet 🙂

      Liked by 1 person

    2. Ek moet darem net byse dat my sardonies tot my wenkbroue beperk is. Ek is nie in my aard ‘n siniese wese nie (maar ek sou dalk wees as dit nie vir Christus was nie), maar dat ek ‘n getemperde mocking ingesteldheid het is wel so.

      Liked by 1 person

        1. Eh het dit toe vergroot en dit is waar volgende post vandaan kom en verduidellik die post as volg:
          Hester (die baas) het versoek dat ek hierdie vergroot sodat die comic gelees kan word en alhoewel ek nie noodwendig vir base by werk luister nie luister ek wel vir Hester!

          Liked by 1 person

    1. Welkom wegkruipertjie met die kommentare saam. Dankie dat jy dit geniet. Ek dink nie daar is iets soos gewone mense nie en jy is bepaald nie gewoon nie (het jou weergawe ook gelees van die magte)

      Like

    1. Baie dankie Linda Lyk my al die comic lesers het uitgewyk na Kanada 🙂 . Dit is ‘n lekker span ja. Ek is ‘n spesialis en doen eintlik nie wat hulle doen nie maar help met die baie tegniese navrae. Om te beskryf wat die span se verantwoordelikheid is sal nogal ‘n mission wees.

      Liked by 1 person

    1. Had a few similar comments. read the next one (which is in English)and you may understand some of it. i probably still need to tell you what i do, but I work with the X-men team but do not do what they do.

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.