En toe skeur Abrie die Bybel

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

In die skrywe: En toe skeur hy die Bybel het ek vertel van ‘n student wat bladsye uit verskeie mede-studente se Bybels geskeur het. Iemand wat my opgelaai het toe ek geryloop het, het dit aan my vertel. Dit was een van die merkwaardigste verhale wat en ooit gehoor het en op die ou end ‘n verhaal van hoop. Gaan lees dit gerus indien jy dit nog nie gelees het nie. Maar daardie persoon was nie enigste wat die Bybel geskeur het nie al was dit dan vir heeltemal verskillende redes.


Ons sou die volgende dag na my Oupa se plaas Kranskloof in die Oos-Kaap vertrek om te gaan vakansie hou (neem ek aan, kan nie meer so lekker onthou nie was omtrent 4). My suster was besig om aan my te verduidellik van Jesus en die Duiwel se magte (weereens neem ek aan). Wat ek wel kan onthou is dat ek vir haar gevra het of Jesus en die Duiwel tot by Oupa se plaas kan sien, waarop sy ja gesê het. Ek het onmiddelik reageer met: ek wens ek was Jesus of die Duiwel want dan sou ek tot by Oupa se plaas kon sien. Ek kan onthou dat sy ongemaklik gelyk het maar kan nie onthou wat haar verbale reaksie was nie. My behoefte was bepaald nie om of Jesus of die Duiwel te wees nie maar om die belewenis van die plaas te verleng. Dit sou nie my laaste teologiese wan-interpretasie wees nie.

Alle fotos vanaf internet

Ek is in graad 2 en doen my bes om te konsentreer op die preek en skielik het hy my aandag. Die dominee preek passievol oor die goue draad wat regdeur die Bybel loop en herhaal die term verskeie kere. Hy illustreer dit ook deur sy Bybel op te te tel en na die rugkant te wys. Ek is vreeslik opgewonde en kan nie wag om by die huis te kom nie. ‘n Ontdekking soos hierdie gebeur nie sommer op so ‘n jong ouderdom nie. Vanaand by die huis is dit ek en die Bybel en dan kan ek ongesteurd die goue draad soek. Tyd gaan tog verby.

Met die wisdom of hindsight siende dat ek nou vêr terugkyk, neem ek aan dominee het verwys na die liefde of genade wat soos ‘n goue draad reg deur die Bybel loop, maar die liefde het daardie aand nie vasgesteek nie – die goue draad wel. Wat weet ‘n graad 2 seun nou in elk geval van liefde of genade. Maar skatte en goud en gevegte maak my mos opgewonde.

Dié aand het ek eers versigtig na die agterkant van die Bybel gekyk op soek na die goue draad. ‘n Flits wat by die gebinde deel ingeskyn is, kon nie lig werp op die goue draad nie. Ek het weer gedink aan hoe opgewonde die dominee was – hy sal mos nie jok nie! Ek het die oortreksel (fotos met verskillende diere in wit raampies wat toe algemeen was) afgehaal – en het versigtig die agterkant van die Bybel oopgeskeur, maar helaas kon ek nie die goue draad opspoor nie. Die goue draad loop seker net deur ‘n dominee se Bybel. En toe pak die skuldgevoelens my, wat gaan my ouers sê dat ek die Bybel geskeur het! Ek het die agterkant weer met koue lym vasgeplak en die oortreksel teruggesit nadat dit droog geword het.

My soeke na die goue draad is nooit deur my ouers ontdek nie. Die sukses hiervan het my darem nie inspireer om ‘n vervalser te word nie. Dit was dalk die eerste D.I.Y. (do it yourself) wat ek gepleeg het. Ek sou later heelwat DIY projekte doen met kaste wat se mates mis-interpreteer word en dan onnodige frustrerende improvisasie verg om dit ‘n werkbare kas te maak. Miskien blog ek nog daaroor.

As ouer laerskoolkind so standerd 2 of 3 lê ek een aand op my maag en lees Bybel terwyl ons kuiergaste het. My ma wys trots daarop dat ek daarvan hou om Bybel te lees. Ek het egter die oorlogsverhale in die Ou Testament gelees (het mos al gesê ek hou van veg). Trompie en die Uile het dieselfde geestelike impak op my gehad as daardie verhale in die Bybel. Tog het die vraag ook op daardie ouderdom by my ontstaan of ek hemel toe sou gaan. Ek steel weliswaar elke nou en dan ‘n pakkie jellie of ‘n blikkie kondensmelk uit my ma se kruidenierswarekas maar iemand moet hemel toe gaan so ek kwalifiseer seker darem (ek is nie so sleg nie). En ek lees mos Bybel!

Maar tog was ek onseker oor God se bestaan. Dit was seker omtrent standerd 5 (einde van sewentigs) toe ek op Ellispark tydens ‘n wedstryd tussen die destydse Transaal en Noord-Transvaal die televisie kameras sit en dophou het. Die gedagte het by my opgekom waarom die Here nie in wolke uitspel dat Jesus leef nie, dan kan die kameras dit mos afneem en is daar mos bewyse dat die Here bestaan. En dan kan almal mos glo.

Paul Bayvel, Piet Cronje, Gerald Bosch, Kevin De Klerk en Piet Bosman. Transvaalse se helde van die 70s

Te midde van die wan-interpretasies, het ek wel die goue draad se betekenis iewers langs die pad ontdek maar belangriker, ek het ook die genade beleef om God se liefde te ontdek. Dit was ‘n lang pad maar die aanvaarding daarvan het tydens ‘n intervarsity naweek gekom. It was a weekend of 2 halves vir beide my en my kamermaat, maar daaroor skryf ek later.

“Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Jesus in Luk 12:34

Nie een van hierdie “skatte” kon my by Christus uitbring nie. Die behoefte aan superpowers van die voorskoolse kind. Die nuuskierigheid van die graad 2 kind. Dat ek goed genoeg is (of nie te sleg is) en die behoefte om te weet dat daar ‘n geskiedkundige God is. Ek kan julle darem verseker nou dat ek effens ouer as 4 is, dat ek geensins die behoefte het om die Duiwel te wees nie. Maar ek het ook nie die behoefte om Christus te wees nie. Die Bybel sê nie ons moet Christus wees nie, inteendeel dit gaan juis daaroor dat ons pogings nooit goed genoeg gaan wees nie. In Christus en deur Christus word ons in God se heerlikheid ingelei.  Te midde van pogings om die Woord van God te gehoorsaam en uit te leef het het ek besef dat dit slegs in Christus gedoen kan word anders gaan dit oor my. The middle letter off sin is I.

Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Rom. 3: 21-24

Die lied van Casting Crowns vat dit vir my baie goed saam:

not because of who I am
but because of what You’ve done
not because of what I’ve done
but because of who You are

21 thoughts on “En toe skeur Abrie die Bybel

  1. Natuurlik gaan ‘n seuntjie na daardie goue draad soek as hy op so ‘n jong ouderdom na die dominee se preek LUISTER!! Die stadiums van geestelike ontwikkeling – totdat jy werklik by God uitkom – stem my onrustig as ek na my 17 kleinkinders kyk. Ek hou ook van jou wolkeidee!!!

    Liked by 1 person

      1. Ek het ook gewonder. My telefoon het touch screen…. was nog besig om jou nuwe blog te lees toe ek ewe skielik by dié blog uitkom…. en dit geniet. Nogal gedink ek wil sien of daar meer van jou skrywes oor jou kinderlewe is. Sal gaan kyk of ek weer “magic” kan regkry 😊

        Liked by 1 person

  2. Kyk nou is ek lekker deurmekaar. Ek het op dié skrywe afgekom deur op die “link” op my telefoon te druk. Die skrywe oor die lugsakke het ek onder Insidente oor my kinderdae, gekry. Maak dit sin?

    Like

    1. Dankie Hester dit is reg. Vreemd dat dit nie by my wys nie. Vandat o.a. jy my raad gegee het wat om te doen skeduleer ek dit. En dan is dit op die regte tyd in die Reader. Ek het gewonder of dit nou weer terug is soos was en of ek dit weer sal moet copy wat ‘n slep is. Bly dit wys. Hierdie is ook een van die drafts wat al maande daar le

      Liked by 1 person

  3. It was in my Reader too … come on Abrie, we are all waiting for that story about that intervarsity weekend. It must have been quite a weekend and now you have promised to “daaroor skryf ek later.” In your own time 🙂

    Like

    1. Ja dit is besondersw lied. Ek was nie van kindsbeen gelowig nie. Ek het binne ‘n kerkgaande huis grootgeword maar dit wad baseer op werke nie op die geloof in Christus en wat Christus vir ons gedoen het nie. Binne die atmosfeer was ek eerder ongelowig. Ek was pro christenskap maar het Christus nie geken nie.

      Liked by 1 person

  4. Lekker gelees Abrie, van die goue draad tot by die wolke. Ek was in ‘n tradiesionele kerk en het tot op die kerkraad gedien. Maar nie vir Jesus geken nie, was net godsdienstig. Maar alles het ‘n plek in God se stelsel. Net bly Hy het my en my vrou se oe oopgemaak om in Sy koninkryk te dien. En dit is so lekker om nuwe geheiminisse in Sy woord te ontdek. Wonderlik om blogmaters te he wat ook saam opgewonde is oor Jesus.

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.