Ek word oorgedoen

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

Na aanleiding van Hester se eier lêery uitdaging, dat mens net eenkeer lewe.

Daar is ‘n avontuurlus in my maar as ek my avontuurlus sou wou vergelyk met ‘n klomp ander avontuurlustiges dan is my avontuurlus maar vaal. Ek moet soos die irreterende AXE deodorant advertensies, ‘n doepa kry wat “hard-core” adrenalien aktiwiteite vir my nog meer aantreklik laat lyk. En hierdie aktiwiteite is nie die soort wat hulle in AXE advertensies propageer nie; ek praat van regte aktiwiteite wat avontuurlustig is. Dit wat met die AXE doepa bedryf word is avontuurlistig met ‘n i. Of te wel ‘n listige manier om vaal outjies lus te maak vir dinge wat hulle nie toekom nie.

Klik op foto as jy hierdie 7 minuut video wil sien

Ek ry bergfiets en die hoogste spoed wat ek al bereik is 68km ‘n uur. Dit is ‘n adenalien heerlikheid aangesien dit op ‘n skerp afdraande is, maar dit was op ‘n goed versorgde grondpad. Daar is egter nie doepas’s wat my sover gaan kry om hierbo af te ry nie. Danny Macaskill het hier af (en op) gery en hierdie is net die punt van die ysberg. Een fout en jy val jou poerdez merdez; miskien is dit hoekom sy van op “kill” eindig.

Klik om foto om hierdie 8 minuut video te sien

Alhoewel ek nie ‘n petrolhead is nie, het die andrenalien begin bruis 2 weke terug by die World RX Racing finaal by Killarney. Ken Block was een van die bestuurders. Klik gerus op die foto wat jou na ‘n video sal neem van wat hy als met ‘n motor aanvang. Alhoewel ek al ‘n paar stofpaaie gery het waar my vrou nie wil ry nie is ek net eenvouding nie in staat om sooó te ry nie. Ek is net nie manhaftig genoeg nie.

Klik op die foto vir ‘n profiel van Ranulph Fiennes

En dan is daar sir Ranulph Fiennes met wie ek die maklikste assosieer en met wie ek die minste vergelyk kan word. Dit wat hierbo staan krap net aan oppervlak van wat hy al bereik het en hy word deur Guiness gelys as die grootse lewende ontdekker. Van die goed wat hy al gedoen het, het ek op baie klein skaal gedoen (ons het o.a. albei in Suid Afrika skool gegaan…). Ek het hom ontmoet in die boek Mind over Matter wat gaan oor sy solo trek na die suidpool. En hy skryf: reeds 25 boeke.

Die normale Abrie is net eenvouding nie tot hierdie dinge in staat nie, nie genoeg mind over matter nie en net eenvoudig te bang. Maar dit was voordat ek oorgedoen is. Internasionale wetenskaplikes het nuwe tegnieke en tegnologie op my toegepas en my verander in ‘n mean-lean-anything-can-do-and-be-machine. Natuurlik het dit opoffering geverg van my en was daar risikos aan verbonde maar die belonings is groot.

Sir Ranulph Fiennes skryf bloot oor dit wat met hom gebeur. Nou dat Abrie weergawe 2.0 gegenereer is gaan ek bloot oor hierdie weergawe se eksplosiewe aksies begin skryf. Hou vas aan jou stoel en moet eerder nie lees as jy ‘n hartprobleem het nie. Dit wat hier gaan staan sal jou in ‘n ys-sweet laat uitslaan en jou hot flashes laat kry al is jy ook 20. MENS LEEF NET EEN KEER. Watse nonsens is die van ‘n leë bak uitlek. LAAT DIE BAK OORLOOP VAN AVONTUUR

Sien kommentaar onder die fotos.

Dokter Basson – heel moontlik familie van Dr. Wouter Basson. Hoof van die span spesialiste en verantwoordelik vir die brein operasie.

‘n Kontemplatiewe kyk in die spieel. Moet ek voortgaan? Die risko’s versus die voordele. Die lewe is ingewikkeld.

Enkele van die ligaamsdele wat vir my ontwerp en in my oorgeplant is. Daar word beweer dat die vinger na iest vreesliks van agter lyk.

Kyk asseblief na die mooi dame. Hierdie konsep was haar idee asook die reëlings wat ten opsigte daarvan getref is. Sy het dan ook die Performance driven CEO toekenning Donderdagaand ontvang. Hierdie was immers ‘n wêreld eerste. Dus ja kyk na die mooi dame en moet asseblief nie na die vinger regs op die foto kyk nie.

Foto-reeks bo en onder: tydens die ingewikklde en emosioneel dreinerende operasie. Baie van hierdie chirurgiese instrumente sal vir julle vreemd lyk in ‘n teater – dit is omdat dit nuwe tegnologie is.  En al was die verantwoordelikheid groot en die spanning hoog het almal dit as groot pret beleef.

Ons CEO wenner het die foto beetgehad en ‘n paar aanpassings gemaak.

Ons span werk hard en speel hard – dit is eintlik 4 verskillende spanne en Abrie 2.0. Hierdie was ter ondersteuning van ons credo en ‘n uitdaging aan spanne om “innovative” uit te beeld . Sekerlik onnodig om te noem dat ons span die ander in die stof laat byt het. Sedertdien het ek na die Inligtingstegnologiespan geskuif. Die operasie moes gewerk het! Maar oor 2 weke is ek terug by hierdie mal mense.

Paar opmerkings oor die neem van die fotos. My kamera is op die punt van die tafel opgestel op ‘n 3-poot. Dit is die vergaderkamer (ek bedoel teater) met die meeste lig. Dr Liver (heel regs en ook genomineer vir ‘n CEO toekenning) en Dr Von Zeil hou ‘n swart leêr vas. Op die leêr is my selfoon en hulle kan sien wat die kamera sien via ‘n app en neem dan die fotos met die foon. Baie van die fotos wat ek wel op verskyn word so geneem.

Net vir die rekord. Wêreldroem en merkwaardige vermoëns is nie altyd so glansryk nie. Hierdie het my in die gesig gestaar nadat ek die “wond” probeer afwas het!


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

19 thoughts on “Ek word oorgedoen

    1. Nee dr Basson het dit gedoen 🙂 dankie vir die inloer. Ek begeer nie regtig om soos een van daardie mense te wees nie. Ek is Abrie geskape vir ‘n rede. Ek sou wel meer geleenthede wou he om “avontuurlustige” dinge te doen. Maar nee ek gaan nie van ‘n berg af met my fiets sonder ‘n pad ry nie.

      Like

  1. Ek sien nie die videos as ek op die fotos klik nie. Het dit wel op YouTube gaan opsoek om te kyk en nou voel ek swak. Ek is so bly jy het lewendig uit die operasie gekom en jaaa … daai vinger! Julle is werklik innovative en geluk met die oorwinning.

    Liked by 1 person

  2. Dankie vir die laat weet Hester. Dit was definitief daar en is nou weer daar. Dit was nie ‘n kompetisie nie ons het maar net ‘n paar kompeterende siele in die span. In alle nederigheid het ons self besluit ons het die kompetisie gewen. Maar die realiteit is dat as dit kompetisie was was sou ons dit gewen het Abrie 2.0 was immers deel daarvan!!

    Like

    1. 🙂 eerste keer in my lewe dat ek hulle ontmoet het, maar ek is versekering gegee dat hulle profesioneel is en weet wat hulle doen 🙂
      Ek is weer terug by Abrie 1. Abrie 2 se ego is so groot dat hy nie die Here se genade sou verstaan het nie.

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.