Betlehems ster o lieflike ster

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

As kind was ek in die bevoorregte posisie om ‘n Kersfees in die Bybelse Betlehem te beleef (of so het ek gedink). Ek onthou die liggies en die menigtes. Natuurlik was dit spesiaal maar aangesien ek nog in laer standerds in die laerskool was kon ek dit nie werklik waardeer nie. Ek was so opgewonde toe my naam uitgelees is en ek die geskenk ontvang het. ‘n Jaar daarna het ek onraad begin vermoed. Ek onthou hoe ek vir my ma die vorige jaar gevra het wat daar in die liggies tussen die 2 groot sterre staan en sy het gesê Betlehem. Haar “bevestiging” – wel dis wat ek gedink het sy gesê het en die kersspel wat opgevoer is het my oortuig dat ons in die plek is waar Jesus gebore is: Betlehem – waar dit ookal mag wees.

Aangesien ons die daaropvolgende jaar weer in ‘n soortgelyke plek was as die vorige Kersfees en aamgesien die Kersvakansie onderbreek is deur ons besoek aan Betlehen, het ek my ma gevra of ons regtig die vorige jaar in Betlehem was. Ek kan nie onthou of sy my geantwoord het nie, ek dink nie so nie. Verbeel my dat sy het na my gekyk het met verbasing en verwarring. Ek het nie of kon nie die konteks gee nie en sy sou nie verstaan nie.

Maar ondertussen het ek uitgevind dat die liggies nie Bethlehem uitgespel het nie, dit was my persepsie dat dit daar gestaan het. Maar dit maak nie regtig saak nie, onder beïnvloeding van die Kersspel ek het gedink ek is in Bethlehem.

‘n Kerssangdiens in Hartenbos se amfiteater is egter steeds ‘n spesiale gebeurtenis.

Destyds het dit gepaard gegaan met die uitdeling van geskenke vir die kinders (wat die ouers voor die tyd gekoop het), maar dit is later gestop toe die getalle te veel geraak het. Die amfiteater en die see is van die min plekke in Hartenbos wat vandag nog geleë is waar dit destyds geleë was. Die ander plek is Weenenlaan 1.

Nadat oupa Mokkie in 1976 op ouserdom 76 oorlede is, het die Materfamilias – ouma Annie – by haar dogter Lenie en skoonseun Nick te Weenenlaan 1, Hartenbos ingetrek. En elke jaar het die materfamilias se magnetiese teenwoordigheid die familie Hartenbos toe getrek. Dit het lank aangehou want Ouma is in haar negentigs oorlede. Die laaste paar jaar sou sy vir my sê: wie is jy nou weer, in my lewe het ek jou nog nooit gesien nie.

In ons skooljare (ouma was toe nog heeltemal skerp en helder) het sy jaar na jaar vir elke kleinkind ‘n koevert gegee met ‘n noot in. My ouma kon nie van onbestendigheid beskuldig word nie. Jaar na jaar sou ek die koevert oopmaak en jaar na jaar sou Jan van Riebeeck vir my verseker dat ek R2.00 kry. Haar geskenke het nie die konsep inflasie geken nie.

Tannie Joey (die enigste ongetroude suster) het by die Nestle aanleg in Mosselbaai gewerk. Haar geskenke het weer getoon dat sy lojaal is aan haar werkgewer. Toe ons heel klein was, was dit ‘n Dirkie (kondensmelk wat mens uitgedruk het, nie blogkliesjee die uitstekende en pittige skrywer nie) en later ‘n boksie met gevulde ronde sjokolades. Die volwassenes het o.a. ‘n blik Ricoffee gekry. Dié geskenke het ook konstant gebly, maar minstens het die waarde daarvan toegeneem elke jaar.

Maar die geskenke was bysake. Ek was tussen my neefs en niggies en ons het heerlik gespeel. Ek was by die see, ek was in Hartenbos! Kersdag het die kostafels gekreun en in die middag die koektafels. Ouma was bekend en bemind en die mense het van heinde en vêr gekom om haar ‘n geseënde Kersfees toe te wens.

Ek vermoed tannie Joey het die foto hieronder geneem wat die Mulder gesien kleiner gemaak het. Tannie Joey ek is seker tannie Elsa het jou vergewe. Die 4 orrelpypies langs haar is darem nie afgesny nie. Tannie Elsa en die fotograaf is nog die enigstes wat lewe. Sien Kom plaaskuier saam op Muldersbank (Oudtshoorn) vir meer oor hulle.

Die Materfamilias is in die mosterd kleurige rok en my gesin regs van haar. Ek sit sit langs my susters met my hand voor my gesig. Ek het of ‘n grap gevang wat ek die vorige week gehoor het( ek is bietjie stadig) of ek nies (is mos allergies vir suurstof). As die 2de opmerking in hakies nie sin maak nie, sien asb die 1ste opmerking in hakies.

Ouma annie en haar 6 kinders. Elsa en haar orrelpypies (die vrugbaartse 🙂 ), Lenie (die oudste), Maxi (eerste oorlede en die lafste) , my ma Lizzie (die mooiste) en Frankie (die manlikste). Die jongste Joey is aan verkeerde kant van lens.

Ouer weergawe van o.a. die orrelpypies. Van links Annemarie, my suster Carina, Ansie, Jaco, Theuns, die uwe en Morkel – ook by Weenenlaan 1 geneem, en anders as die ander foto op Kersdag.

Die Engelse titel van Kersfees som die hele evangelie op: Christ – mas. Ek het onlangs daaroor opgelees en nog nooit so daaroor gedink nie.

CHRIST

  • Christus: Grieks vir die gesalfde een
  • Messias : Hebreeus vir die gesalfde een
  • Die vrou het vir Hom gesê: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” toe sê Jesus vir haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat.” Joh. 4:25

Die vrou by die put het die Hebreeuse en Griekse weergawes gebruik en Christus – die Messias bevestig pertinent aan haar dat hy die Gesalfde een is. Dit het haar prioriteite verander en haar eenvoudige woorde lei nes die Betlehem ster, mense na Christus

Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê :“Kom kyk, hier is ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” Die mense het toe uit die dorp uit na Jesus toe begin kom. Joh. 4:28-30

MAS

Mas is ‘n verkorting van die woord mass. En mass is nagmaal in Katolieke konteks. Die Nagmaal is ‘n herdenking van Christus se bloed wat vir ons gevloei het en ons reinig van sonde en Sy liggaam wat vir ons geoffer is maar ook ‘n herdenking van die opstanding, die oorwinning oor die bose.

Christmas is dus nie net die goedvoel, gee en ontvang oulike baba momente nie, maar herinner ons dat God die Seun aarde toe gekom het om vir ons te wys hoe om te lewe, maar dat daar in daardie lewe ook ongewilde kruisigingsmomente is (om weg te draai van die eie ek). Mag diegene wat in Christus glo soos die Betlehem ster en die vrou by die put ook mense na Jesus Christus heenwys.

Jesus (die redder, die bevryder) Christus (die gesalfde een)

BETLEHEMS STER, GODS LIEFDESLIG,
   WAT ONS PAD NA JESUS RIG,
   LEI DIE KINDERS OOK VAN VER,
   LEI HUL NA JESUS, LIEFLIKE, LIEFLIKE STER!

Geseënde Christusnagmaal


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=752602

22 thoughts on “Betlehems ster o lieflike ster

    1. Ja daardie eesrte foto is nogal tipes van die 70s (onperfekte komposisie inkluis). TannieFrannie ek weet nie oor die diepte nie, maar ek weet wie Christus is. Nogtans dankie. Ek is in die finansiele bedryf en hierdie Steinhoff ding het my ook maar net weer laat besef:

      “Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is”. 1 Petrus 1:18:19

      Liked by 1 person

  1. Ek is gaande oor die komposisie van die gesinsfoto!!! As dit jy is met die donker hare en mooi oë voor regs, was jy voorwaar ‘n aantreklike kêrel.
    Christ mas….. sterk boodskap. Dankie!!

    Liked by 2 people

  2. Hi, I wish I could read this article. But the only two languages I can read are English and Spanish. Scanning down your blog allowed my spirit to read what I don’t understand and it moved me. Beautiful.

    Liked by 1 person

  3. Thank you that is an amazing remark. It is an Afrikaans blogging challenge to write about Christmas. I recalled Christmas when my grandmother was still alive and how as a very small kid I thought we were at the place Jesus was born because of a nativity play. I did not believe in Christ at the time but I sure believed I was in Bethlehem (where ever that may be). I also mentioned about the woman in John 4 and the Hebrew and Greek version of “the Anointed one” Messiah and Christ when speaking to Jesus and he then acknowledging that it is Him.

    25 The woman said, “I know that Messiah” (called Christ) “is coming. When he comes, he will explain everything to us.” 26 Then Jesus declared, “I, the one speaking to you—I am he.”

    Please read this post (In English) written by my daughter last year when she was 16 https://abriejoubert.wordpress.com/2016/08/30/a-lot-of-people-struggle-with-their-identity-a-post-by-my-daughter/

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.