Langtonig eentonig

 

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Ek was nie van plan om deel te neem aan hierdie week se eier lêery oor politieke korrektheid nie maar plaas n.a.v. ‘n epos van ‘n kollega ‘n korter as gewoonlik mededeling.

‘n Xhosa sprekende huistaal kollega van my het  ‘n pos by ‘n ander werkgewer gekry en stuur gister o.a. hierdie prentjie in haar “groet” epos (sy is ‘n Test analyst wat verantwoordelik is om programme te toets nadat dit geprogrammeer is). Dit was seker maar haar sosiale kommentaar oor hoe terugvoer gegee moet indien foute in jou werk opgespoor is. Hierdie terugvoer is meer ‘n sosiale korrekte gedrag, nie noodwendig polities korrekte gedrag nie, maar die 2 is familie. Die vraag kan seker ook gevra word of dit politie korrek is vir haar om hierdie sosiale kommentaar te lewer…

Ek reageer toe as volg:

En haar reaksie?

LOL, Thanks Abrie

Sien ons het wederkerig geweet dat ons nie lang tone het nie, maar as iemand belaglik sou wou wees kon die naam van die webruimte ongelukkigheid geskep het (en my reaksie daarop). Dit het nie maar so iets bly riskant. Weerskante toe sou ‘n redelike persoon sien dat hierdie totaal onskuldig is maar sosiale media word nie aangedryf deur redelikheid nie.

Iets wat bepaald ‘n geweldige indruk op amptelike en sosiale media gemaak het is die short sellers Viceroy Research se verslag oor Capitec. Viceroy se verslag oor Steinhoff word as akkuraat gesien (en ons weet wat met Steinhoff gebeur het). Die verslag oor Capitec blyk nie so akkuraat te wees nie. Ek het gister sekere inligting aan dele van die besigheid uitgestuur en dit begin met onderstaande tong in kies opmerkings.

“Bells was quite successful with their: “give that man a Bell’s “ advertisement in acknowledging something well done. It appears that giving that man a Viceroy has a detrimental effect…”  Viceroy research kan dalk ‘n slegte impak he op die Suid-Afrikaanse brandewynvervaardiger Viceroy…

Dit het my gister nogal laat dink dat BELL’S “wegkom” met iets wat nogal potensieel seksisties geag kan word: “Give that man”. Maar weereens daar is keuses en BELL’s is duidelik tong in die kies met hulle advertensies.

Indien politieke/sosiale korrektheid alle mense met lang tone wat maklik raakgetrap word in ag moet neem, raak gesprekke en kommentare steriel, humorloos, eentonig, want die uiterste langtoniges se hele voet is een seer toon. Aan die ander kant dink ek nie dat jou persoonlike voorkeure of afkeure jou regverdig om maar net enigiets kwyt te raak oor ander nie.

Ek probeer om onderstaande te onderskryf (nie dat ek dit altyd reg kry nie), sodat ek nie vanuit ‘n geslags, klas, taal, godsdiens of ras perspektief neerhalend oor ander praat nie.

Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. Gal. 3: 28

&

Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.  Kol. 3:11

 


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=762615

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

54 thoughts on “Langtonig eentonig

  1. Die ironie van die hele apie-op-die-mou-H&M-storie ontgaan my glad nie, maar verder gaan ek eerder niks sê nie.

    In my boeke is Bell’s veilig met “Give that man”, ek dink mens moet borshare hê om dit te drink! 😆

    Liked by 2 people

  2. Weet jy Abrie, ek dink die ouens met die een seer toon (ingroeitoonnaels uitgesluit) word aangedryf deur hulle gebrek aan selfvertroue. Hulle sien alles as ‘n persoonlike aanval, want hulle voel onseker oor hulle plek in die samelewing. Dalk moet ‘n mens hulle maar net meer liefhê en dit wys (dit werk vir stout kinders). Hulle maak dit net so dêm moeilik.

    Liked by 4 people

  3. En op ‘n heel ander not: Een van my koshuismaats het eendag my lang tone so kyk gegee en gesê sy is seker my tone is langer as party mense se vingers. Haha
    Lang tone hier het ‘n heeltemal ander betekenis

    Liked by 1 person

  4. Goed, nou bring ek die kloutjie by die oor! Is dit darem polities korrek? Dalk word ek aangevat omdat ek insinueer mense het kloutjies.
    Mooi geskryf, met deernis en insig, Abrie

    Like

  5. Ek het iets gemis…. die pad byster geraak…. gevolg tot by die baboon en dit verstaan…. toe gaan dit oor drank en ek is verlore. Dit gaan gevaarlik wees om my in die crime te laat deelneem…. my dronk kop kan net soveel inneem 😕

    Like

    1. Ignoreer mmar die deel oor Viceroy research, dit was maar terloopse opmerking. in konteks van hierdie blog is dit om by “Give that man a Bells”en nie woman nie, uit te kom. Jy is essensieel belangrik vir die misdaad, en oor weeh om jou eertse te “tag”

      Liked by 1 person

      1. Jy het gemaak dat ek alles oor Steinhoff gaan oplees het…. en vanaand my skoonseun verder daaroor uitgevra het. Nooit gedink ek sal ooit so iets doen nie. 😕 Nou is ek bietjie slimmer.

        Liked by 1 person

    1. Ek het nogal ‘n sydelingse belangstelling in die advertensiebedryf, met wat ek nou weet sou ek moontlik in daardie rigting instudeer het maar 30 jaar terug was dit nog effens ongehoord tannie Frannie

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.