This post is about a week-end spent canoeing written in my native language Afrikaans
- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to WPC click here
Breederivierroei 2018 (17)*
*Die stories kom uit 2018 (ek het nie hierdie jaar fotos geneem nie) en die fotos uit 2017 (ek het nie verlede jaar praatjies gemaak nie). 90%+ van laas jaar se mense was hierdie jaar weer op die effens platter Breede naweek. Die meeste fotos is nie van hoë kwaliteit nie want dit is skermkopieë van videos – maar dit maak nie saak nie dit gaan oor die herrinneringe.
Danie het het die laaste organisatoriese reëlings getref vir die 2018 Breederivier roei-belewenis en ons ingelig dat ons baie water moet bring want ons is heeldag op die rivier en dat ons stiptelik 9:30 by die Aan de Doorn Kelder buite Worcester moet wees. Die rivier wag vir niemand nie. Ek het reageer met ja ons moet water bring om in te roei ook…
My vrou en ek was so 2 minute laat, maar gelukkig nie die enigstes nie want Ettienne hier voor my het voet in die hoek gesit die laaste paar km. Ek had toe maar in sy slipstream gevolg. Met die onsekerheid of daar wel ‘n rivier is wou ek darem minstens een of ander belewenis van ‘n stroom hê die naweek.
Daar aangekom is ons vergesel na die eindpunt waar ons sou kamp en is met 2 bakkies vervoer na die beginpunt. Na ‘n rukkie het Daniël se vrou ‘n opmerking gemaak oor Daniël se vrou se nuwe skoene. Nee Daniël se vrou is nie ‘n narsis wat die aandag op haar nuwe skoene wou vestig nie. Die eerste Daniël se Engelsprekende vrou Eleanor (soos in Roosevelt) noem hom Danny en die tweede Daniël ken ek as Danie – dus 4 persone.
Noodgedwonge het ons oë na benede gedaal. Maar vinnig was ons aandag gevestig op Daniël nr 2 se nuwe skoene (en onmiddelik ons oë opgeslaan na die berge). Ek wil dit nou nie indrukwekkender as sy vrou Heike se nuwe skoene noem nie, ek weet eintlik nie wat om dit te noem nie. Baie gou is opmerkings ontluik dat Danie seker baie selfvertroue in sy manlikheid het met die pikante (lees pienkkante) skoene saam . Sy verweer dat hy dit in Mauritius (nogal) gekoop het om sy voete te beskerm teen die koraalriwwe het nie veel indruk gemaak nie.
⇑Ek het ‘n tyd terug geskryf oor Bitcoin in The new content of the Emperor’s wallet waarin Danie juis ‘n belangrike rol speel, wel hierdie is ongetwyfeld die Keiser se nuwe skoene!
Gelukkig vir Danie het ‘n polisie vangwa ons begin agtervolg en die gesprek het daarom begin wentel. Maar die vangwa se bestuurder was ernstig aandag-afleibaar want hy het langs iemand met ‘n fiets gestop en vergeet van ons. By die afklim van die bakkie (of afspring in my geval) het ek amper my been gebreek. Sien ek het laaste afgespring en met die klomp swaargewigte wat reeds afgeklim het, het die bakkie omtrent ‘n halwe meter hoër op sy vere gestaan; n ligte outjie soos ek het my misgis met die afstand na die grond…
Danie was nie die enigste persoon onder bespreking nie. Sy seun het verlede jaar ‘n gap jaar gedoen (waarin hy o.a. gescuba duik, bungee jump en valskerm spring gedoen het). Die naweek sien hy my die eerste keer met my langs die kant geskeerde hare. Opmerking aan sy ouers: Ek het nie geweet oom Abrie kan nog meer bles word nie!
⇑Hierdie is die beginpunt van die roei. Die struktuur aan die regterkant was ‘n pomphuis (nee ‘n plek waar water uit die rivier gepomp word).
Hierdie 2 roeiers (die Kloppers) se oudtse dogter is 16 – die Breede hou jou jonk. Maar moenie dink iemand wat net beter word soos rooiwyn het nie sy uitdagings nie. Plek-plek het mnr Klopper (Gerhard) die Breede-rivier opgedam as hy daar ingestap het. Hy kla dat dit maar sy hele lewe al ‘n stryd is om geseënd te wees met besondere breë voete waarvan skoene nie hou nie. Veral deesdae wat mens nie meer en ‘n half skoene kry nie.
Ons roei rivier-af, stop gereeld en spring dan in die rivier om die geweldige hitte weg te hou. Maar hierdie jaar was die temperatuur maar omtrent 22 grade, ongewoon laag vir Februarie buite Worcester. Daar was dus ‘n onwilligheid veral by die ouer garde om die water te geniet. Maar daar moes nog steeds gestop word anders kom ons te vinnig by die einde. Met die wegtrek na een van die stoppe, is een van my en Susan se spane skoonveld?? Om die eerste draai sê ons toe maar vir Ballie ons gids en hy gee vir ons ‘n ekstra spaan wat in sy boot is: Julle groep drink nie eers nie en dan verloor julle ‘n spaan… Nie heeltemaal waar dat ons nie iets drink nie, nie maar ons verdrink nie daarin in nie.
Omtrent 10 minute na die verdwyning sien ek ‘n derde spaan, op 2 matriek seuns se boot. Die cheek!!! Natuurlik het dit tot ernstige vergeldings water-aanvalle gelei. Dit sou later blyk dat hulle eers na ‘n rukkie agtergekom het daar ‘n 3de spaan in die boot is en dat ek die spaan ingedagte daarin gesit het waar hulle langs ons geanker gelê het…
Sien opmerkings onder fotos (ons het darem hierdie jaar ook genappy run)

Die keerwal is ‘n plek waar gratis jacuzzis beskikbaar is en ‘n groter as olimpiese swemgat

Hierdie foto is nie onderstebo nie. Ek sit teen die keerwal en leun terug. Die water wat oor die kamera spoel verwring die mense bo my.
Met die nappy run trek ons die veiligheidsbaadjies onderstebo aan vir hierdie potsierlike voorkoms

En dan word jou voete onder die persoon voor jou se kieliebakke ingehaak in ‘n nouer sneller vloeiende sy-tak. Hier is ‘n trein van 20 mense

Die trein kom by die stasie aan

Lekker!
⇑Agt bote het hierdie geheime ingang na die kampterrein heeltemal misgery. Maar hierdie jaar was dit so toegegroei dat mens nie kon dink ‘n boot kan daardeur nie. Dit het veroorsaak dat ‘n ons by ‘n rapid af is en na ‘n wederkerige gesoek moes ons omdraai. Daar was nie ‘n manier om teen die stroom op te roei nie. Ons moes uitklim en die bote teen die stroom uitsleep wat nogal vermoeind maar opwindend was. Ettienne het gevra of hulle ons ekstra gaan vra vir die opwinding…
Deur die geheime ingang is mens in ‘n geheime botaniese tuin met pragtige waterlelies.
As die lang tafel kon praat sou dit ‘n paar ere-doktorsgrade in Filosofie kon verwerf en Trevor Noah kon vervang as aanbieder van die Tonight Show. Tydens ‘n gesprek oor Donald Trump, het ek my nogal vervies (nee ek het nie die tafel omgegooi nie – hy is vasgebout). Ek was ietwat meer sarkasties as wat nodig was en het later om verskoning gevra. Ek het groter waardering vir Donald Duck as Donald Trump, maar dit is nie almal se siening nie. Ek hoop egter die Trompette het ‘n sin vir humor:

Nie eers Walt Disney sou kon droom dat Donald en Mickey (Trump en Pence) eendag Amerika sou regeer nie. MAKE DISNEY GREAT AGAIN!

‘n Baie belangrike deel van die naweek!! Hierdie manne weet hoe om ‘n steak gaar te maak
Die Sondagoggend na ‘n heerlike ontbyt word dieselfde naweek weer vir volgende jaar bespreek. Ons ry verby die bote met die wete dat naweke soos hierdie die lewe verryk. Waar volwassenes en jongmense die verskoning het om weer kinders te wees.
In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” Mattheus 18: 1-5
Dit was nou lekker. Dankie, Abrie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa bly jy het dit geniet
LikeLike
Dit lyk of julle dit baie geniet het. 😁
LikeLiked by 1 person
Ja dit was ‘n welkome breek weg van Toweropstal se aktiwiteite
LikeLike
😂
LikeLiked by 1 person
Jý wil wegkom van Toweropstal af? Ek gaan hierdie boek uitprint en hom opvreet sonder mes en vurk.
LikeLiked by 1 person
Onthou die Rama help vir spysvertering.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit lyk fantasties, Abrie! Lyk tog of daar darem genoeg water was vir al die pret. Ek voel saam met jou oor Trump.
LikeLiked by 1 person
Die vraag is gevra “waar ontspring die Breederivier en ons het nie geweet nie. Het gaan oplees en wou insluit maar al klaar lank – toe besluit ek om dit my vplgende skrywe te maak met iets van my studentedae ook in,
LikeLiked by 1 person
Sal interessant wees.
LikeLiked by 1 person
Dit lyk na vet pret.
LikeLike
Inderdaad die steak en ontbyt kan vet maak en die res is pret.
LikeLike
Dit lyk na hope pret en ware ontspanning (inspanning).
LikeLiked by 1 person
Nee wat dit is ontspanning. Die wind was van agter dud ons hoef eintlik net te gestuur het. Tot waar ons moet omdraai waar die water en die wind teen ons gewerk het. Daardie stuk was inspanning!
LikeLiked by 1 person
Dis goed dat daar water was waarin die kinders kon speel 😊 Lyk lekker!!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad en gaan in nog ‘n skrywe iets oor die water skryf en waar dit vandaan kom
LikeLiked by 1 person
Ag heerlik – om in ‘n rêrige rivier te swem!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad en te roei! En te wonder waar al die water vandaan kom, maar meer daaroor volgende keer
LikeLiked by 1 person
Sien uit daarna!
LikeLiked by 1 person
Lyk ongelooflik.
LikeLiked by 1 person
Wat Danie se skoene 🙂 Ja soos hulle in Ingels se dit is elke jaar over subscribed en dit is regtig een van die hoogtepunte van die jaar.
LikeLike
Ek hou van die skoene, maar dan is ek nog altyd nie baie lekker in die kop gewees nie
LikeLiked by 1 person
Die skoene is eintlik baie prakties vir dat waarvoor dit gemaak is. Dankie vir jou inloer en volg. Om nie reg in die kop te wees nie is ‘n belangrike eiensakp van ‘n skrywer!
LikeLiked by 1 person
Dankie Abrie, ek het lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Dankie Danie ja hierdie naweke is goed vir die siel
LikeLike